Dagga-laboratorium in Gauteng-meenthuis gekry

Foto: Verskaf.

ʼn 32-jarige man is Dinsdag in sy meenthuis in Boksburg in hegtenis geneem nadat daar op ʼn dagga-laboratorium afgekom is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die meenthuis is in Beitweg geleë.

Kgasago het gesê lede van die EMPD se honde- en ingrypingseenheid het ʼn klopjag op die huis uitgevoer ná ʼn wenk van bekommerde lede van die gemeenskap.

“Die verdagte is omstreeks 17:30 op heter daad betrap toe hy daggapotplante natgelei en gesnoei het,” het Kgasago gesê.

Daar is ook beslag gelê op sewe bokse met gloeilampe wat gebruik word om dagga te kweek asook 100 Ziplock-plastieksakkies vol dagga.

Die man sal Woensdag in die Boksburg-landdroshof verskyn op aanklag van die kweek van dagga.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Shaun ·

Mors van tyd en belastingbetalers se geld . Die persoon gaan vrygelaat moet word , en alle klagtes teruggetrek word. Die kweek van dagga is wettig , indien dit vir persoonlike gebruik is . Totdat die staat se appél teen die hofuitspraak slaag wat dit wettig .

CAROL ·

Seker die bure wat sy gaai toe gesteek het!! Nou wanneer word dit wettig??

Marí ·

Wat sou julle nou onder “dagga laboratorium” verstaan? Ek sou nog dink terarium aangesien dit plante is! Of word die goed op een of ander manier deur ñ chemiese proses behandel?

Uvonka ·

Wragtig ‘n mors van tyd en geld en dit terwyl moordenaars, verkragters, kapers ens vrylik in ons strate rondloop!!!! REGTIG!!!!

Attie No1 ·

Ag tog daar is midadegers daar buite dan mors hulle tyd met potplante. Ongeag n mens se persoonlike voorkeure is dit n transaksie tussen gewillege koper en verkoper – o wag nou verstaan ek die staat onteien sonder vergoeding, lol.

Susara ·

Ek stem saam met die polisie optrede. Dagga is die intree-dwelm en kan tot baie skade en hartseer ly. As die persoon dan nou dagga vir mediese doeleindes moet gebruik kan hy dit per voorskrif by sy apteker kry. Ek is bly dat die polisie op die wenk gereageer het, dankie aan die Polisie.

Kosmos ouer ·

Susara stem met jou 100% saam.Dagga vernietig huis gesinne en ons kinders se lewens.Dankie aan die gemeenskap en Polisie vir jul optrede

Bietjie Deurmekaar ·

Ek verstaan nou nie lekker nie, wat was al die bohaai laas jaar oor dagga kweek vir jou eie gebruik wat wettig gemaak is? ‘In making the ruling on Friday, it has allowed for the possession, cultivation and use dagga at home, for private use” Alhoewel dis wat News24 Mei 2017 berig het???

WETTIG of nie ·

Regtig hoor, daardie potplante kan nie eers EEN ou high maak nie. Heeltemal belaglik .. aan die een kant word daar geveg om dit te wettig aan die ander kant word ‘n ou gevang wat ‘n paar plantjies in ‘n paar plastiekpotte het, dis nou nie asof hy hierdie FABRIEK of KWEKERY het nie .. dis nou maar net weereens SAPS, kom ons vang die mense wat jy MAKLIK kan vastrek en los die verkragters en moordenaars uit. SJoe watter prys het julle hierdie maand ontvang?

DAGGA ·

Op 14 September was daar ‘n berig “daggalisensies dalk eersdaags uitgereik”, shame en julle vang hierdie ou met ‘n paar plantjies .. pateties soos altyd.

Mors van tyd ·

Gaan soek eerder die moordenaars wat ons mense op plaase dood maak. Los die arme mense wat net plante in hulle huis goeie. Daar is baie grooter visse om te vang.

Fanie ·

Dagga IS NOG NIE gewettig nie, dit was altyd onwettig om dit te rook, praat nie eers van kweek nie. Dit is ook die beginpad na swaarder dwelms wat tans OOK ‘n probleem is in alle areas en ons jeug se toekoms en visie beinvloed. Diefstal word gepleeg om geld vir dwelms, insluitende dagga, te bekom. Moord, verkragting, diefstal en kweek en/of gebruik van dwelms insluitende dagga is tans nog steeds onwettig en totdat dit wel gewettig word sal dit onwettig bly.

Kiki ·

Biki dagga nog nooit iemand dood gemaak ni. Nooit gehoor iemand bestuur gerook en veroorsaak ongeluk en maak mense dood ni. Maar drank…ja

Kosmos ouer ·

Susara stem met jou 100% saam.Dagga vernietig huis gesinne en ons kinders se lewens.Dankie aan die gemeenskap en Polisie vir jul optrede

Et ·

Wonder of die lot wat die dagga goed praat dalk van die man se kleinte is????

Stephan ·

Die puriste of is hulle oningelig’
vraag moet ons nie eers al die druiwe stokke vernietig
brouerye toe maak
watter apteek verkoop medsinale dagga

J J ·

Saps kan julle nie eerder plaas aanvalle ondersoek en die mense beskerm nie?
Stop hierdie geldmors aksies en konsentreer op misdaad. Hierdie is noe misdaad nie….!!!!

JJ ·

Ek skaam my morsdood as ek op so foto as SAPS lid moet verskyn. Dit is ‘n skande dat ons belasting geld so gemors word!!!!!!

Susara ·

Kosmos Ouer, dankie. Ek lees ook al die kommentare hierbo, ek lees weer julle kommentare wanneer dit bekend word dat julle kind of ‘n geliefde se kind dagga rook..,
En ja, ek is oningelig oor dwelms, daar is so baie, kombinasies van verskillende dwelms word geduring verander en nuwes kom by, die skade aan die liggaam is onbeskryflik. Ek lees nie meer op oor dwelms nie, dit is vir my te hartseer, Stem, ek is bly jy kon ‘n studie daarvan maak en kommentaar lewer, miskien kan jy ‘n inligtingstuk vir Maroela Media stuur vir ons almal om te lees, asb, ek lees dan weer saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.