Dagga-laboratorium in ou kerksaal gekry

Die dagga-laboratorium. (Foto: ANA)

Twee mans sal Woensdag in die Piketberg-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklagte van dwelmhandel nadat die Valke vandeesweek op ’n dagga-laboratorium in dié dorp afgekom het.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het die dwelmeenheid (Saneb) Maandag op die laboratorium toegeslaan in ʼn ou kerksaal in Piket-Bo-Berg.

Nkwalase het gesê daar is op verskeie daggaplante ter waarde van R700 000 beslag gelê. Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 54 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Chris Ws ·

Kry vir julle!Almal dink mos nou is dagga kweek wettig.Foutjie!

Ellisras ·

Dit was seker vir tuis gebruik. Ek het ‘n paar plante in my tuin.

skurweberg ·

‘n Kerksaal behoort gewoonlik aan een of ander kerk. As dit nie doom is nie is dit ‘n lewendige man uit ‘n kis. Nou is dit ook ‘n dwelm. Wat is volgende, dwaalleer wat openlik verkondig word en duisende mense besoedel?. Die wettiging van hierdie dwelm in SA is maar net nog ‘n spyker in die kis.

Zumie ·

Dalk ‘n simbool van die verskuiwing van die gemeenskap se prioriteite…. godsdiens se belangrikheid woord vervang met dagga kwekery..

Leon ·

Ag shame, die ouend het net werk skeeping toegepas. Hulle het landbou toegepas en ‘n joppie gahad. Nou is hulle weer werkloos.

DeVill ·

laboratory
noun
“a room or building equipped for scientific experiments, research, or teaching, or for the manufacture of drugs or chemicals.”

Hoe op aarde kan ‘n vertrek waarin plante gegroei word as ‘n laboratorium gesien word?
Is die wetenskaplike toerusting die ligte en waaiers?!
Sal die daggabome in my tuin as ‘n eksterne laboratorium gesien word?
Belaglik!

Kobus ·

Kom ons almal dink gou mooi oor als, niemand het nog ooit geOD op dagga nie, niemand is al ooit dood aan dagga nie en dagga het tonne mediese voordele. So klim almal gou van julle hoë perdtjies af asof julle nou so skynheilig is en weet al hoekom dagga kweek so probleem is, is AGV dit nie geTAX kan word nie dis al. Julle meesters kry nie hulle cut nie en agv dit is dit nou kamstig onwettig. WAKE UP JULLE KLOMP SKAAPE !!!

Elsa ·

Sjoe, ek sien net veroordeling en onkunde in die meeste kommentare. Ek is ook nie ‘n kundige nie, maar ek stel wel belang in die medisinale gebruik van dagga. Ek self het ook nog nooit dagga gerook, dagga tee gedrink, of enige ander dagga produkte gebruik nie. Ek het wel al baie gelees van hoe verskilende tipes dagga olies mense met verskillende siektes gehelp het en ook salwe, gemaak van dagga, wat mense se velkanker, psoriase of brandletsels genees het of baie verbeter het. Dis ‘n baie langsame proses om hierdie olies te onttrek en sekere olies of druppels neem tot 2 jaar om te vervaardig. Natuurlik vind hierdie prosesse in ‘n laboratorium plaas, maar die foto’s wys net die plante wat ook onder spesiale omstandighede geweek word. ‘n Paar daggaplante in iemand se tuin gaan beslis nie geskik wees nie. Is dit nodig om altyd so negatief en veroordelend te wees en dit nogal oor iets waarvan julle geen kennis het nie?

C ·

Nee volgens die HAT is ‘n plek waar vrugtebome,blomme of enige plante gekweek en verkoop word ‘n kwekery. ‘n Handeling van te kweek of bedryf van ‘n kweker. Hulle is botanikuste.

marous ·

Hulle moet aandring om voor die regter te verskyn wat sy goedkeuring in die hof uitgespreek het .

MW ·

Lyk half hul ken hul storie. LOL Nou weet die mense tenminste waar die verhoogde water- & elektrisiteits rekening vandaan gekom het

lewies ·

Kobus, ek nooi jou uit om na ‘n gesaghebbende koerantartikel in die George Harhald oor die gevare van dagga te gaan lees 11 Oktober 2018 (is nog op internet beskikbaar). Dit gaan oor ‘n internasionale studie en navorsing wat gedoen is. Die “South African Nasional Counsal on Alcoholism and Drug Dependence” (SANCA} het hierdie artikel laat plaas om mense te waarsku. Die kort en lank van die navorsing dui daarop dat dagga as ‘n “gate way drug” beskou behoort te word”. Hulle verduidelik in die artikel wat dit beteken en SANCA bevestig die uitkoms van die studie met hulle eie statestiek.
Die regering steur hulle nie aan wetenskaplike navorsing oor hierdie saak nie. Hulle mens beskouing is humanisties van aard en strook nie met die werklikheid nie.

bambi ·

Ek is so bly die ou saal is aangewend vir n positiewe gebruik! Cannabis help my daagliks met pyn. Wonder wat nou gaan gebeur? Pleks die drug polisie eerder hul aandag vestig op Tik heroin etc; hierdie is n herb mense! en n goeie een daarby!

Christine ·

My wereld ek het groot geword op die Berg en ons moes altyd na die winkel naby die saal gaan vir die nodige behoeftes. As n Bergnaars is ek diep geskok oor die berig wat van ons kinders en kleinkinders. Piket-bo-berg was eers n rustige gemeenskap, inwoners is diep, diep geskok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.