Dagga, sigarethandelaars verkool in KZN-ongeluk

Foto verskaf deur die SAPD

Vier persone is Maandagoggend dood in ʼn botsing tussen twee motors op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal. Twee van die insittendes in een motor het groot hoeveelhede dagga en onwettige sigarette vervoer.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:30 in Newark, net suid van die Tugelarivier-brug plaasgevind. “Die motor, wat die dagga en sigarette vervoer het, het aan die brand geslaan,” het sy gesê. “Die insittendes het verkool. ʼn Saak van strafbare manslag word deur Newark-polisie ondersoek.”

Die geraamde straatwaarde van die dagga en sigarette beloop R500 000. Die Suid-Afrikaanse regering het teen die einde van Maart, met die aanvang van die afsonderingsperiode, die verkope van tabakprodukte verbied. Die regering het die verbod regverdig gebaseer op bewyse van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Die internasionale gesondheidsorganisasie het gesê alhoewel navorsing nog gedoen word, is dit moontlik dat rokers erger geraak kan word deur Covid-19 as nierokers. Die Suid-Afrikaanse regering het aangevoer dit sal ʼn ekstra las plaas op die land se gesondheidsfasiliteite.

Die verbod word wyd veroordeel en daar word gesê dit dra by tot die verlies van honderde duisende poste in die waardeketting en dat die sluikhandel versterk word. Die land verloor ook miljarde in belastinginkomste. ʼn Onlangse studie deur navorsers aan die Universiteit van Kaapstad het ook bevind dat 90% van rokers reeds onwettig sigarette gekoop het tydens die voortgesette afsonderingsperiode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ben ·

Lyk of die karretjie aan die verkeerde kant van die pad was. ????????

JohanR ·

” Nee Edward!” ” Die hele kar met dagga, sigarette en al, en jy se die waarde was R500000 tot R600000?” “Ja Mamma alles op in rook.” “Wel….. dis ‘n groot knou wat ons nou daar weg het, maar anders gaan die verkoop van onwettige sigarette baie goed.” Ek het net in Junie R26 miljoen in my rekening gekry.” Dankie Edward, en as jy Mazzotti sien se vir hom dit kan nie beter gaan nie.”

Persheks Adri ·

Ag asseblief tog NDZ en haar kinders maak onwettige geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Ons deel nie sigarette nie ekskuus tog verskoon my. Dit het NIKS met Covid uit te waai nie. Dit gaan oor korrupsie en geld maak en magsmisbruik

Elmarie ·

Mag mens in die geval se boontjie kry sy loontjie? Onwettige handel in dagga en sigarette… Nou ja dis hoe ek voel

Mathys ·

“Die insittendes het verkool. ʼn Saak van strafbare manslag word deur Newark-polisie ondersoek.” Interessant, hoop die verdagtes gee hulle sameweking

AH ·

MM, Julle meld nie wat van die ander voertuig se insittende(s) geword het nie? Is hulle ernstig beseer of dood? Dit lyk vir my asof die smokkelaars die skuldige partye in die botsing was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.