Daggalaboratorium op kleinhoewe gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 65-jarige man is in Richwood in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het inligting ontvang oor beweerde onwettige dwelmaktiwiteite waarna hulle ʼn klopjag op ʼn kleinhoewe in Richwood, noord van Milnerton, uitgevoer het.

Volgens Van Wyk het die beamptes op twee afskortings in die tuin afgekom waar dagga gekweek is. “Daar is ook op ʼn hidroponiese daggalaboratorium afgekom in ʼn stal langs die huis.”

Van Wyk het gesê daar is op daggaplante en verskeie ander toerusting insluitend ligte en waaiers beslag gelê. Hy het gesê die waarde van die dagga en toerusting moet nog bepaal word, maar dat dit vermoedelik ʼn aansienlike bedrag is.

Volgens Van Wyk sal die verdagte Donderdag in die Goodwood-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frederik ·

Opkomende boer? Hy’t beslis die regte produk verbou vir ‘n vinnige geldjie!!

Dee ·

en die bewerings bly voortbestaan dat dit medisinaal, maw reg gebruik, ‘n goeie produk is.

Jaaaaaaaaa ·

Dit word medisinaal gebruik . Ek is ‘n diabeet wat al dele van my voete verloor het agv suiker. Wonde genees nie. Na 8 dubbele reekste antibiotika agtermekaar is my gestel geheel af en my medies uitgeput. Ek sukkel al meer as 2 jaar om ‘n seer onder my voet te genees. Wel ek het Cannabis oil aan die hande gekry en dit middel Oktober begin gebruik . My seer is 99.5 % genees. Daar is ‘n gleufie so groot soos ‘n kopspeld se koppie wat nog moet gesond. My voet is gesond en die kleur lyk mooi en my gestel is baie beter. Vir ‘n pluspunt is my sinus genees. En glo my dit maak jou nie hoog en al dai stront nie. ‘n Panado vang my meer en die olie doen niks aan my, absoluut niks. Ek weet nie eens ek gebruik medisyne nie. Geen droe mond, geen hoofpyn, hoe bloeddruk ens ens ens nie. Met die antibiotika het ek permanent op ‘n trip gevoel, moenie eens praat van al die medisyne vir pyn en inflamasie nie.

Pieter dp ·

Wetag die groen blaartjies . Nog n baie goeie inkomste vir die belasting. Dan kan die Poliesie op die misdaat wat saak maak hul aandag gee. Oo ja meer slaap tyd vir die Beamtis op diens.

SNEL ·

Dit word mos as medikasie gebruik. Hierdie boer probeer net siek mense help en kyk hoe mooi groen en gesond is sy plantjies met die droogte en al.

Amanda ·

Regtigwaar, het die polisie niks groter sake met groter prioriteit om te gaan afhandel nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.