Daggalaboratorium se deure in Kaapstad gesluit

Foto verskaf deur die Valke

Die Valke in George en Kaapstad se narkotikaburo (Sanab) het Maandag ʼn hidroponiese daggalaboratorium in Kaapstad se deure gesluit.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê twee verdagtes, onderskeidelik 54 en 56 jaar oud, is by hul kleinhoewe naby Kaapstad in hegtenis geneem.

“Beamptes het tydens die klopjag op 158 daggaplante ter waarde van R15 800 en 19 bottels verwerkte dagga ter waarde van R50 000 afgekom,” het Nkwalase gesê.

Die twee mans sal na verwagting Woensdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van daggahandel.

Nkwalase het gesê Zander Willem Theron (21) is op 27 November 2018 in George in hegtenis geneem toe die Valke ʼn klopjag op ʼn hidroponiese daggalaboratorium uitgevoer het. Hy het op 28 November vlugtig in die George-landdroshof verskyn op aanklag van daggahandel. Hy is vrygelaat op borgtog van R1 000 en die saak is tot 15 Februarie 2019 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit lyk vir my of dit slegs vir eie gebruik is. Hoe lyk dagga anders wat vir kommersiële doel geweek word.

Poot ·

Vra ek ook Daan. As hulle nie betrap is in die handel dryf daarmee nie, hoe dan bepaal jy wat is vir persoonlike gebruik?

Donderstorm ·

Gebruik dagga plante viri maak van “bio fuel” en olie.

+. ·

‘n Humanis ken nie die mens se natuur nie, hy sal aanhou foute maak, totdat hy/sy tot bekering kom.

Michael ·

Onthou die regter het gese ons die ANC het besluit om dit wettig te maak.Maar dit lyk vir my meer dat die goed net in die parliment gebruik word.Kyk net bietjie hoe regeer hulle breinlose se besluite kyk hoe lyk die land alles bankrot die geweld. Ek dink hulle is te gerook om hierdie dinge raak te sien regtig waar.

lulu ·

ek het ook so 5 pitte in plantjies laat oppop
Want ek mag mos
Groot verbasing toe ek my katte en honde heerlik op n high kry buite en boompie tot op stam afgevreet
so geen oes vir my nie

DeVill ·

Die blare sal jou of jou diere nooit “high” kry nie, soos nooit ooit.
Miskien was jy nog high van jou slaap pille to jy dit gesien het?

My honde eet ook die dagga blaartjies. As ek so bietjie snoei dan gee ek dat altyd vir hulle.

Jy kan dit ook gebruik vir vark kos, hulle hou ook daarvan.

Net die blom, of kop van die dagga boom sal jou “high” maak as dit gerook of geeet word. Dit vat ongeveer 4-6 maande voordat die koppe gereed is vir oes.

Die gehalte is dan nog steeds nie van wonders nie en nou moet die koppe eers bietjie gedroog word, so 3-5 dae onderste bo hang in donker vetrek.
Daarna moet dit “cure”. Beste resultate is na 6 maande se curing.

Een van die wonderlikste plante wat ons liewe Vader vir ons gegee het om te gebruik!
Dankie Jesus daarvoor!

Maljan ·

Laat lulu se twak my vergeet van die hidroponiese labrotorium. Al die plante behalwe die iu paar proefbuise staan dan in grond.

Poot ·

MM
Is die afkorting vir narkotikaburo nie SANAB en nie Saneb nie?

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê Poot

Dankie vir jou kommentaar. Die berig is gewysig.

Leonie nms Maroela Media

Olly ·

Pleks bepaal die owerhede hulle by belangrike misdaad. Dié mense was net van plan om geluk te verkoop of self te gebruik… ??? Lyk my hulle kan tuinmaak…pasop net vir die waterbeperkings in die Kaap met al daai plante.

brens ·

Genugtig; wat n pragtige netjiese labaratorium! met die werkloosheid en regering hoekom die pragtige plek so mooi groen toemaak? dis werkskepping.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.