Daggalisensies dalk eersdaags uitgereik

Argieffoto

Potensiële kwekers van dagga vir medisinale doeleindes kan moontlik nog voor die einde van die jaar vir lisensies aansoek doen. Dié inligting het Woensdag in die parlement aan die lig gekom.

Griffiths Molewa van die Medisynebeheerraad het die portefeuljekomitee vir gesondheid toegespreek en aangedui regulasies sal binne die volgende paar weke goedgekeur word.

Die voorgestelde riglyne vir die kweek van dagga vir medisinale doeleindes in is Maart vanjaar vir kommentaar gepubliseer.

Honderde insette is ontvang, waaronder 175 van lede van die publiek, 221 van verenigings en NRO’s, vier van handelsverenigings en twee van regeringsdepartemente.

Dié riglyne is opgestel om die skedulering van dagga as ʼn verbode middel na ʼn voorgeskrewe middel vir medisinale doeleindes te verander.

“Die Medisynebeheerraad ontmoet volgende week om die regulasies en aansoekvorms goed te keur. Sodra dit goedgekeur is mag die publiek die regulasies begin gebruik,” het Precious Matsoso, direkteurgeneraal van gesondheid, gesê.

Matsoso het gesê die wettiging van dagga vir medisinale doeleindes is ʼn baie groot stap en het die samewerking van verskeie regeringsdepartemente nodig.

“In terme van die kweekproses het die landbounavorsingsraad aansoek gedoen, maar nou is dit ʼn proses wat ʼn vennootskap tussen onder meer die departement van landbou, die departement van wetenskap en tegnologie en die departement van handel en nywerheid verg,” het Matsoso bygevoeg.

Sy het gesê sy hoop daar word ʼn interministeriële komitee gevorm vir dié doeleindes.

Die departement het gesê daar sal streng vereistes gestel word vir die kweek van dagga ten einde misbruik te voorkom.

Dié vereistes sluit in goeie landboupraktyk en die keuring van werknemers wat met die dagga gaan werk. LP’s het gehoor dat higiëne die hoeksteen sal wees vir die kweek van dagga en die vervaardiging van daggaverwante produkte. Streng sekuriteitsmaatreëls sal ook geld.

Toegang tot medisinale dagga sal ook beperk wees. Pasiënte wat tipies sal kwalifiseer vir die gebruik daarvan is mense met ernstige en chroniese pyn verwant aan siektes soos kanker, MIV/vigs en veelvuldige sklerose. Diegene wat ernstige stuiptrekkings kry weens epilepsie sal ook oorweeg word.

Die wetsontwerp is voorgestel deur die IVP-LP Mario Ambrosini wat in 2014 aan kanker dood is.

Narend Singh, IVP-LP, het gesê Ambrosini sou tevrede wees met die vordering, maar sou waarskynlik wou gehad het die wettiging van dagga vir ontspanningsdoeleindes moes ook onder die loep kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Meer skop ·

Trek tee van die daggablad en jy raak op n trip, baie soos rooibos maar met meer skop.

lou ·

Een aand bel hulle jou en sê jou kind is in ‘n ongeluk dood. En dan vind jy uit die bestuurder van die ander voertuig was onder die invloed van dagga. Dan kom trane te laat.

Daan Erasmus ·

Nou wat het die MISBRUIK van dagga te doen met die mediese gebruik van dagga. Jou storie gaan meer oor die MISBRUIK van ‘n motor.

Juan Olivier ·

So jy is dan ten gunste daarvan om alkohol te verban? Want as jy nie is nie dan is jy ʼn huigelaar.

Elisabeth Teir ·

Hou om dit in die lug te bevorder. Suid-Afrika sit met groot % dagga afhanklikes en ons weet goed dat daar nie eers genoeg instansies wat die regte behandeling kan gee oor kort termyn nie eers te praat van lang termyn nie.

Juan Olivier ·

In vergelyking met alkohol wat wettig is, is dagga nie eers ʼn probleem nie.

Williew ·

Dit is ‘n baie goeie ding.
Ons almal wil “tradisioneel” dagga as verdowings middel afmaak,maar besef ons werklik hoe ‘n wonderlike genesings middel dit is?
Canabis het ontsettend baie goeie eienskape. Dit is waar dat mense hulself “mof” rook daaraan,en die slegte dinge sal altyd kom met misbruik,maar gaan doen navorsing oor canabis en kyk wat se wondermiddel is dit,ek was ook eens baie skepties,maar ek kan getuig dat ek mense persoonlik ken wat kanker en “chrones disease” het om maar net twee te noem,en ek sien wat se voordeel dit vir hulle inhou.
Enigiets wat misbruik word is ‘n euwel,maar ek dink ons moet objektief hierna ky. Ek is ‘n voorstaner hiervan,ek het gesien wat se voordeel dit inhou.

Elisabeth Teir ·

Ja ons weet en ons weet van die pyn konsept. Maar as die land so ‘n hoe verslaafdes het dan hoop ek dat die land blits vinnig ń eerste land word want onder die korrupt word daar ń lat gepluk.

vonkie ·

moet nog nie kompos en kunsmis koop nie. die wettige kwekers van dagga het klaar hulle subsidies ontvang en uitgegee. niemand anders gaan lisensies kry nie.

Johann ·

Nou wonder ek net hoe BEE toegepas word in díe nuwe ANC LEGACY van nog n desperate verkiesings foefie om seker te maak als en almal se smaak en voorkeure en begeertes word aangespreek? Ons pand sit met n ENORME dwelm misbruik kwessie…en die ANC regering buig oop en agteroor “to plzzzzz the people”!

Root ·

Dagga verslaafdes en ongelukke waar kom julle aan die bog? julle leef in die donker eeue

Plante en hul dinge ·

Hierdie is ‘n baie gewilde en gesogte plant. Rekord oeste sal opgelewer word onder alle klimaatstoestande, selfs tydens tydperke van droogte. Uitstekende kennis en ervaring oor die verbouing daarvan is reeds lank gevestig. Dus genoegsame voorraad sal beskikbaar wees vir medisinale doeleindes.

Andre C ·

Gebruik al 3 weke cannabis olie,voel soos n nuwe mens.
Die pessimiste sal altyd daar wees.

Dirk ·

Ek sien baie mense glo nog die ou propaganda dat dagga sleg en gevaarlik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.