Dagmoeder vrygespreek oor kindermishandeling

Argieffoto (Weinstock, Pixabay)

Argieffoto (Weinstock, Pixabay)

Christine Bruins (45), ʼn voormalige dagmoeder wat daarvan beskuldig is dat sy kinders vasgebind en hulle ontlasting gevoer het, is Donderdag in die Nelspruit-landdroshof vrygespreek op alle aanklagte.

Bruins is onskuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en een van kindermishandeling, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Landdros Andre Geldenhuys het aan die hof gesê die getuienis van twee getuies, Lettie Magagula en Janette Mthethwa kan nie aanvaar word nie. Hy het gesê hul getuienis was teenstrydig. “Albei het gesê hulle is ongeletterd, maar daar moet ʼn standaard wees wanneer iemand ʼn getuie is. Hul getuienis het van dag tot dag verskil. Dit is nie van veel waarde vir die hof nie,” het hy gesê.

Bruins is in Oktober 2010 in hegtenis geneem nadat sy daarvan beskuldig is dat sy die babas geslaan en hul fopspene in katontlasting gedruk het voordat sy dit vir hulle gegee het.

Magagula, wat in 2007 by die dagsorgsentrum in Witrivier begin werk het, het getuig dat Bruins die kinders met toue vasgebind het en haar eie kinders toegelaat het om hulle te slaan. Volgens haar was sy te bang om die mishandeling by die ouers aan te meld, omdat een van die kinders se ouers ʼn polisiebeampte was.

Geldenhuys het gesê Magagula en Mthethwa het saamgesweer teen Bruins. Hy het gesê daar is geen rede om haar skuldig te bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Huisvrou ·

Maak asb hul gesigte, name en ID nommers bekend dat niemand ooit weer vir hulle twee n werk gee nie.

Paplepel ·

Hoekom het hulle teen Bruins saamgesweer? Wat is die eintlike storie? Waar ‘n rokie trek….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.