Dagsorg verduidelik ná herrie oor foto

Die foto wat op sosiale media versprei is.

Die foto wat op sosiale media versprei is.

“Ons is baie veiligheidsbewus en neem die voorval ernstig op,” het Bertha Roux, ʼn voormalige onderwyseres en eienaar van ʼn plaaslike dagsorgsentrum in Heidelberg in Gauteng, gesê nadat ʼn foto van ʼn seuntjie, wat agter uit die sentrum se bewegende oop bakkie hang, vandeesweek aan die lig gekom het.

Die foto is vandeesweek op die Facebook-groep,  Jy Bestuur / Parkeer Soos Jou G*t – Heidelberg, Nigel, & Omliggende Gebiede, geplaas, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het, met mense wat hul misnoeë uitspreek. Die oorspronklike plasing is sedertdien verwyder.

Roux, eienaar van die Kleuter Bokkies-dagsorgsentrum, het Vrydag aan Maroela Media gesê dit is die eerste keer in die vyf jaar wat die sentrum bestaan, dat so iets gebeur.

“Die sentrum is presies 350 m van Laer Volkskool Heidelberg geleë. As ons stap, neem dit vier minute,” het sy gesê. Sy het verduidelik haar man, Buks, laai in die middae klein groepies kinders, afhangende van hul buitemuurse aktiwiteite, by die laerskool op om hulle na die naskoolsentrum te bring.

“Van die kinders sit voor saam met hom en soms sit die kinders agter. Dit was die eerste keer waarvan ons bewus is dat ʼn kind oor die agterkant geklouter het,” het sy gesê.

Sy het gesê sy wens die motoris wat die foto geneem het, het Buks dadelik daaroor ingelig. “Hy kon dan dadelik opgetree het, want dit is baie gevaarlik. Gelukkig het die seuntjie nie seergekry nie.”

Roux het gesê ʼn kap “gaan vandag nog” op die bakkie gesit word sodat so iets nie weer gebeur nie. “Ons gaan ook bankies en ʼn brandblusser laat installeer. Dit sal alles oor die naweek volgens bepalings van die verkeerswet gedoen word,” het Roux gesê.

Sy het gesê die kinders se ouers was bewus daarvan dat hul kinders op ʼn oop bakkie vervoer is en dat hulle vrywaringsvorms geteken het. “Die ouers verstaan die situasie [rondom die foto] en ondersteun ons. Die betrokke seun (6) se ma het met hom geraas omdat hy hom soos ʼn apie gedra het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

161 Kommentare

Speedguard ·

Geen vrywaring dokument werk as daar nalatigheid betrokke is nie, geen mens mag of kan sy gesondheid of veiligheid wegteken nie !

poot ·

Daardie vrywarings vorm beteken soveel soos die papier waarop dit geskryf is. Volgens die pad ordinansie mag passesiers nie so vervoer word nie. Ek dink dis uiters onverantwoordelik. kan nie dink dat volwasse mense so redineer nie. Wat sou haar verskoning gewees het sou die kind iets oorgekom het.
SWAK.

Jakes ·

Wet 3jr terug al onderteken NIEMAND mag agter-op ‘n bakkie ry. nIE eens met ‘n kap, of op houtbankies. Moes 2 d/cabs koop en 2meer ritte na terrein…glo my werkers reel dat kontrakteure afgetrek word as hul moet agterop sit…

Louise Schaap ·

Dit is onwettig om enige persone agter op ‘n bakkie te vervoer! Al sit jy ‘n kappie en bankies in. Maak nie saak of jy 100m of 100km ry nie.

Koos ·

Ja, en ek is morsdood van agterop ry! Ek en twee geslagte voor my, asook die jonggeslag het al duisende km agterop gery. Drywer moet mooi ry en kinders gehoorsaam, dan is risikos baiebaie minder as die speel van xbox of iets dergeliks.

Maak seker jou kinders kry son voordat jy my aanvat!

Miskien is jou gesin so klein dat hul almal voor in n bakkie pas. As jy 4 kinders het en as gesin vir n jaguitstappie weg is vir die naweek … Wil jy my sê dis beter en ry met 2 karre of los die een helfte tuis … Eerder as om vir ouboet so bietjie agterop te laat sit?

Kom by!

Cherokee ·

Jy’s heeltemal reg Koos. Wat van op die plaas waar die werkers agter die trekker op die sleepwa ry? Ek hou van jou vergelyking met ‘n Xbox of so iets.

Uys ·

Het die voertuig n pad vervoer permit volgens wet
Nee want so permit word nie vir n bakkie uitgeruik nie.
Punt
Jy sal nie my kind so vervoer nie punt.

IR ·

“Met hom geraas omdat hy hom soos ‘n apie gedra het.” – Ai, wat is fout met die ouers ook? Al daardie kinders hoort nog in karstoeltjies, vasgegespe en behalwe vir dit sover ek weet is dit wet dat alle persone ‘n gordel moet dra. Daardie kap vir die bakkie gaan niks in ‘n ongeluk help nie. Ek kan nie glo mense is so non-chalant nie.

Karma ·

Wáááát????!!!!!! Kinders van ‘n kleuterskool word oop en bloot op ‘n oop bakkie vervoer en die kinders se ouers weet daarvan en ondersteun die kleuterskool????? Nee, daai vrou se kleuterskool-lisensie moet ingetrek word. Nommer 1: ‘n oop bakkie is nie geskik vir die vervoer van mense nie VERAL nie kinders nie (een daarby nog sulke kleintjies ook!). Nommer 2: dit is teen die wet om mense op ‘n oop bakkie te vervoer. Nommer 3 …. Ek ….. ek is nou so kwaad dat ek niks verder kommentaar kan lewer nie.

Lees weer ·

Karma, die man laai kinders by die laerskool op, dis nie kleuters nie. Ek sal dit nie glo as iemand wat n bakkie besit vir my se hulle het nog nooit iemand agter op die bak vervoer nie, ons almal is skuldig daarin. Soos hulle verduidelik vat dit 4 minute om te loop, en ek het nou al n paar berigte die laaste tyd gesien van kinders wat langs die pad getrap of ontvoer word, so dis nie veel veiliger nie.

Jakes ·

Wet 3jr terug al onderteken NIEMAND mag agter-op ‘n bakkie ry. nIE eens met ‘n kap, of op houtbankies. Moes 2 d/cabs koop en 2meer ritte na terrein…glo my werkers reel dat kontrakteure afgetrek word as hul moet agterop sit…

Malva ·

Steun jou siening. Sulke voertuie is bedoel vir goedere (vrag) mense (kinders in die geval) is nie vrag nie.

Lees weer ·

Waaaaaaaaaat karma is nie verkeerd ‘n sesjarige tel nog onder kleuter en ongeag of die kind 7 , 10 of 12 was hy hoort nie agter op n bakkie nie.

Hannah ·

Self met n kappie op is dit in my opinie gevaarlik agter op n bakkie

KarooKlong ·

Skerp my vriend van deben, baie skerp. Lekker humor.
Karoo groete.

Cherokee ·

Hehhehahe Andrea en KarooKlong, ek het nou die HAT soos in Afrikaans Verklarende Woordeboek opgestel deur Du Plessis & Du Plessis in 2016 geraadpleeg daaroor en dit word genoem ‘n kênopie.

Sarel Strydom ·

Dit is eerstens uiters onverantwoordelik van ‘n Dagsorgsentrum om kinders agter op ‘n oop Bakkie te vervoer. Dit is ander ouers se kindrs wat in jou sorg is. Vervolgens is dit net so gevaarlik wanneer ma’s hulle kinders in ‘n motor vervoer met selfoon teen die oor vasgeplak.Niemand kla egter ooit daaroor nie. Ek wens ek kan ‘n foto neem van elke ma wat so motor bestuur.

Hamilton ·

Of elke ouer wat hulle kinders toelaat om los in die kar te sit of staan. Gordels dink hulle is mos net vir groot mense.

Yolani ·

En wat van die kleintjies op die voorste sitplek, sonder gordel, en soms hang hulle half by die venster uit.

Cherokee ·

So hulle mag nie op hul selfone gesels maar jy wil met joune in die ry fotos neem.

S ·

Sarel, jy kyk duidelik net na die vroue geslagte wat in hul voertuie sit en bestuur!!! As jy mooi rondkyk en nie net vir die vrouens nie, sal jy oplet daar is meer mans wat bestuur met hul selfone op hulle ore vasgeplak!!!!

Ruby ·

Mevrou, as ek so na daai foto kyk, kon jou man die kind se arms en hande gesien het as hy in die truspieëltjie gekyk het.

Kinders op ‘n oop bakkie is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

m ·

Ongelukkig is hulle nou uitgevang. Dit sou nou so aangegaan het tot n noodlottige ongeluk gebeur het…… Mense moet begin om hulle verstande te gebruik, moenie die noodlot tart nie………

Gert Kruger ·

Die vrywaar forms in ongeldig. Dit is teen die wet om kinders agter op n oop bakkie te vervoer. Wat gaan die polisie hier omtrent doen?

Francois le Cochon ·

@Korreksie: “You are allowed to carry passengers as long as it is not for reward”. Sekerlik vra hierdie Nasorg ‘n fooi. Dws hulle vervoer die kinders teen vergoeding!

Woedend kwaad! ·

Of dit 10m of 50m of 350m is….jy vervoer nie n kind of enige mens agter op n bakkie nie!

R Eaton ·

Stem 100% saam om nie kinders agter op n bakkie te vervoer. Maar in Port Elizabeth word die kinder van die lukasie na skole gery in bakkies. Hul het wel canopy’s op. Maar die bestuurders word n salaris betaal deur die regering. En hoe gaan n bouer sy werkers op n perseel kry in die oggend sonder om n bakkie te gebruik.

Avontuurlustig ·

Dis nou tipies wat ‘n woelige kind gaan doen. Die bak is oop en die avontuur roep. Ek het ook sulke goed gedoen maar ek was met ‘n warm sitvlak “reggehelp”. Raas gaan nie help mevrou, dis net warm lug en klanke.

WvanZyl ·

Hierdie kleuterskooleienaars het hopelik die boete ontvang wat hul toekom. Kan nie glo dat sy, die eienares dink dat so iets verskoon moet word nie. Soos in vorige kommetaar geld n vrywaringsvorm nie om n mens, in die geval n klein kind van 6, se lewe af te teken nie. Hierdie bestuurder moet na regte weer K53 gaan doen sodat hy kan besef wat observasie en spieels aan n voertuig beteken. En dan die ouer wat dink haar kind is n sogenaamde apie. Ek hoop sy of hy weet dat n kind agterin n motor vasgegordel behoort te wees. Alhoewel dit nie die fotograaf se plig is om die bestuurder van bakkie te waarsku nie wil ek en glo namens baie ander net se, dankie dat jy die foto geplaas het. Jammer dis eers na 5 jaar.

Ceridian Blue ·

As dit n swart kind was het Lesufi die plek vandag besoek om ondersoek te doen.

Luister ·

Ja, pasop. Dit is glo rassisties om iemand ‘n apie te noem!

Gail pieterse ·

Ek kanni glo wat ek sien.dan wonder ek as hul soos apies soos sy se daar hang.wat gaan aan by daai skool.dis bitter ontvanwoordelik.hoe veilig is hul by die skool.hulle kan bly wees dis nie my apie op daai foto.maar nee dit sal niecwant my kind sou nue daar gewees het nie hul noem dit veilige ouers.

Litza Roodt ·

Moes hulle nie al lankal aan die eksta veiligheidmaatreels gedink het nie?! Darem het niemand see gekry nie… Maar dis baie onverantwoordelik om in die eerste plek kinders so te laat ry, nie geag die distansie…

Francois le Cochon ·

Nevermind onverantwoordelik. Dit is blootweg hoogs onwettig.

Lientjie ·

Al hierdie voorbeeldige ouers wat so lekker veiligheids kommentaar lewer, ek is seker dat elke liewe een van julle al onverantwoordelik was met jou kind of kinders op een of ander stadium wat hulle lewens in gevaar gestel het. Kinders is besig en goed gebeur veral op daai ouderdom. Daai seuntjie het nie vir een oomblik gedink dis gevaarlik nie, kinders sien net die lekker in iets nooit die lelik nie.

Avontuurlustig ·

Dis presies wat hier gebeur het. Hy wou seker “afshow” voor die maatjies. Dis wat kinders doen as hulle nie verdoof is met Ritalen nie. Hulle leef voluit en dink nie oor die moontlike nagevolge nie.

Hendrik ·

Eisj n seun bly n seun en sal nie verander wil altyd n hanswors wees, ons dae was die ry op n bakkie die in ding ook gehang soos vlermuise en almal lewe nog, ons is deesdae so eng op alles kom kyk in die platteland ek glo almal gaan n hart aanval kry om te sien wat is n kind

poot ·

Hendrik
Hierdie is nie die platteland nie. Ja ‘n seun bly ‘n seun en ek het dit ook gedoen. Maar die samelewewing het BAIE verander. Mens kan dit nie meer bekostig dat jou kinders sulke dinge aanvang nie. Die kanse vandag dat die noodlot jou sal tref is BAIE groter as in ons goeie ou dae.

Ben ·

Dis ʼn boerseun so na my hart…bang vir niks….een keer se val en hy hou stywer vas.

KarooKlong ·

Ben, ek sukkel nou al lank om die regte antwoord te gee, dit is my antwoord ook.

Jan maak n plan ·

Beslis was daar n hanswors agterop die bakkie wat se boude moet brand. As jy agterop n bakkie wil ry – en ek ry nog baie agterop want dis lekker – dan sit jy plat op jou boude.

Lise ·

Die ouers werk – dit is hoekom die kinders in die dagsorgsentrum is.

maggie ·

Sarel, ek stem saam, vanoggend agter ma gery met 4kleuters in kar, sy het 3keer so amper oor die sypaatjie gery, as sy die motor terug ruk, sien jy net hoe stamp die kop teen die agtervensters. Sy was besig met selfoon oproepe en whats-up van 7.05 tot en met 7.25 tot by die skool. Mamma, gesels liewers met jou kinders oor hulle dag by die skool, dit is die mees kosbaarste tyd ooit. Jy kan later met jou vriende gesels, en skinder.

Marlize ·

Dis nogal snaaks dat daar reels by n groot elektriese firma is dat werkers nie agterin bakkies gelaai mag word nie, elkeen moet by site aankom in ‘n voertuig waar hulle elkeen ‘n sitplek en veiligheidsgordel dra, maar kinders word agterin bakkies toegelaat? oop of toe bakkie?

KarooKlong ·

Ons bakkie eienaars het nie unies nie. Ons gaan net aan. Was ‘n tyd wat ons dit vooruitgang genoem het.

Bianca ·

Ag toe nou… Het nog nie een van julle se kinders agter op ‘n bakkie gesit nie?? Dis in die dorps gebied – dis nie asof die bestuurder 120km/ph ry nie. My seuntjie is net so wille wragtig – niemand het seer gekry nie en die kleuterskool probeer hulle beste! Mense kan klae oor nonsens, en as die ‘kids’ stap en hulle word aangehou met ‘n mes… Wat gaan almal dan comment??

Francois le Cochon ·

@Bianca. Jy ken duidelik nie jou verkeersreels nie. DIT IS ONWETTIG OM MENSE AGTER OP ‘N BAKKIE TE VERVOER. Nog erger is om dit te doen teen vergoeding, soos wat die nasorg doen. Het die bestuurder ‘n PDP permit? Indien nie, dit is nog ‘n groter oorterding.

poot ·

Bianca

As jy dink dit is nonsens dan is ek bly vir jou. Ek dink jy is kortsigtig. Die feit dat dit in dorps gebied is maak dit net soveel erger. hoe weet jy hoe vinnig is gery? 60km/h? Laat ek jou vertel….40km/h kan fataal wees vir so kind as hy gly en val.

niel ·

Mense, kry dit nou vir eenmaal in jul koppe. Dis NIE onwettig om kinders agterop te vervoer nie

jannie ·

Ben en Bianca. Julle gaan hierdie geveg nie wen nie, maar ek stem saam met julle.

Ouer ·

Maak die plek toe. Het die ouers geweet dis hoe hulle kinders vervoer word? Neewat, maak hulle toe!

Lettie ·

Ek stem saam met jou!!
My seuntjie word deur die nasorg opgelaai by die skool. Hulle vervoer die kinders in n Quantam bussie en daar is duidelike reëls in daardie bussie. Almal moet vasgemaak wees!!
Ek kan nie glo dat hierdie eienaar en haar man so blasé is oor die aangeleentheid nie. En dat daardie ouers hulle “ondersteun”???? Dis absolute TWAK!

Yolani ·

Mmm. Wel ek het al gehoor van ‘n kleuterskool wat hulle bussie laat rol het

Kapenaar ·

Dalk bietjie gevaarlik in die strate ja, maar ‘n seun sal ‘n seun bly!! en dis deel van grootword…. ons het baie van die bakkie afgeval op die plaas, en soos Hendrik tereg genoem het, almal lewe nog. en ek glo die bestuurder het baie stadig gery. Moenie so negatief wees nie mense…. laat kinders toe om kinders te wees, en ons sal baie sterker jongmense om ons sien… al wat ons deesdae sien is kinders met selfone!!! Die ouers laat dit toe….. dit is fine!!

poot ·

Jammer Kapenaar
Maar kinders kan kinders wees op die regte manier. Hierdie is uiters onverantwoordelik van “iemand” wat na die welstand van mense se kinders moet kyk wat hul vertroue in so persoon sit. Ek sou brusend gewees het as dit my kind was…..en ja ek het 2 seuns van 18 & 16……en hulle het groot geword soos seuns MOET grootword.

IR ·

Ja Kapenaar, my vriendin se seuntjie wat 4 jaar oud was het ook op die plaas van die bakkie afgeval, verskil is, hy leef nie meer nie. Ek kan nie glo daar is soveel mense wat hierdie goed praat en nie sien hoe verskriklik gevaarlik dit is nie. Het daardie seuntjie of enige ander kind seergekry of dood gegaan, dan moes die hele land nou weer saam treur en geld skenk vir mediese en begrafniskostes en help met ‘n regsgeding teen die naskool. Belaglik.

iemand ·

Liewe genade! Vrywaringsvorms geteken?! Eerstens, watter ouer dink dis maar oukei dat klein kindertjies op ‘n oop voertuig vervoer word? Wat maak dit saak hoe ver die dagsorg van die skool gelee is?! En dat sy en die ouers wat die vorms geteken het, nie weet dat dit onwettig is om hulle op ‘n oop voertuig te vervoer nie, en dat daai vrywaringsvorms niks beteken nie, gaan my verstand te bowe. Maar die heel ergste van als is dat die arme seuntjie raas gekry het omdat hy hom “soos ‘n apie” gedra…..HY IS ‘N KIND! Hy weet nie van beter nie!! Julle volwassenes is die wat moet raas kry, julle het daardie kinders in die steek gelaat, sies!

E ·

Die persoon wat die foto geneem het kon maar liefs getoet het en die bestuurder gesê het van die seuntjie.
N foto sou daardie kind niks gehelp het as hy seergekry het nie, nog minder die oor en weer geskerts van volwassenis!

Ekke ·

Almal gaan nou so oor die ou wat die bakkie bestuur het, maar wat van die 1 wat hul foon gebruik het om die foto te neem tewyl hul bestuur????

M A ·

Ekke, het jy al ooit van n dashcam gehoor? En wie sê die persoon het nie die bakkie se bestuurder gewaarsku nie?

Laurika ·

Aai – die ma wat met hom raas oor hy soos ‘n apie optree. As jy ‘n oplettende ouer is sal jy weet dat jou kind hom heeltemal anders gedra as hy saam sy maats is. As kinders nie ‘n wakende oog benodig het nie, kon ons hul netsowel alleen tuis gelos het die hele dag lank. Dit is niemand behalwe die persoon wat die kind moes OPPAS se skuld dat so iets gebeur het nie.

Johan Oberholze ·

Ai toggie wens my ma het my toegelaat om dit te kon doen..te lewr….en minder saam haar met
Poppe te speel.

SNEL ·

Jy moes daai poppe op bikes gelaai het vir n spin om die teetafel. Drift om die draaie dat die bike gly en hul arms afbreek. Ai Johan, party ma’s darem. Ek sê ook soos T, en hoop jy kan dit agter jou sit. Net n ding wat ek vandag gehoor het: in n moeilike situasie, is mens soos n aartappel wat hard in kookwater gaan, maar sag uitkom, of soos n eier wat sag ingaan en hard uitkom, of soos koffie wat in kookwater gegooi word; dit verander die water. Hoe hanteer n mens die kookwater situasies in mens se eie lewe; laat mens dit jou verander, breek jy of word jy sterk, of verander jy dit en breek deur.

Vrygewaarde ·

Hulle sê so ewe dat dit reg is om kinders se lewe in gevaar te stel want ouers het vrywaring geteken, hoe arrogant!

Francois le cochon ·

As jy onwettig optree, soos in hierdie geval, beteken ‘n vrywaring niks.

Celeste ·

Liewe Bertha Roux, dit gaan my verstand te bowe dat jy die kinders agter op die bakkie probeer regverdig. As die sentrum so naby die skool is (4 minute se stap om presies te wees) hoekom stap jou man nie eerder saam die klein groepie kinders nie. Seker te lui om te loop nou word onskuldige kinders se lewens in gevaar gestel en jy dink n vrywarings vorm is die antwoord? Eerste keer in 5 jaar wat so iets gebeur… nee ek dink dis die eerste keer in 5 jaar wat julle uitgevang is.

Joof ·

Hoe het die tye nie verander nie. Ek en my ouer broer het agter op die bakkie grootgeword. My eie laaties ook. Niks oorgekom nie. Nee wat, n kind kry seer en kom dinge oor hoe versigtig jy ook al is. Die reaksie hier laat my wonder waar die slapgat hanggatbroek generasie dwelmverslaafde laaities vandaan kom…

poot ·

Ja Joof…..jou eie laaities. Nie ander mense se laaities nie.

Francois le Cochon ·

Stem saam Joof. Ek het grootgeword waar my pa nooit gestop het by ‘n stopstraat of rooi robot nie. Ek doen dit nou self. Nog niks oorgekom nie. Net slapgatte wat verkeersreels gehoorsaam.

Avontuurlustig ·

Soos jy sê Joof, hulle kry seer wat ookal jy in plek sit om hulle te beskerm. Maar hulle moet ondersoek, toets, probeer en seerkry. Dis die kind wat eendag nie bang gaan wees vir die hele wêreld rondom hom nie. Hy het hom al bloots gery van kleintyd af. Het nie dwelms nodig om die wêreld in die oë te kyk nie.

Louise ·

Ja Lientjie mense kan foute maak, maar om STUPID op te tree is n ander saak.
wonder net hoe mense dink, die mense wat glo kinders is nie kinders as hulle nie uit n boom kan val en soos apies kan rond klouter nie. Daai is n teerpad, al ooit gewonder wat sou gebeur as daardie kind se hande los kom……. As daai trokkie n ander voertuig STAMP.
Mense moet besef n mens kan voorkom en nie die tyd terug draai nie.
Soos hulle se spuit is n goeie ding maar kom altyd te laat.
En daardie TYD wat mense so roem na is nie meer vandag se tyd nie. Daar is baaaaieee meer motors en gevare op die paaie.

Ekke ·

Ja jy’s seker reg, maar as jy elke keer soos jy se dit moet doen dan moet almal altyd maar net in die huis bly en nooit uit gaan nie, want anders kan iets slegs met hom/haar gebeur.

zhara ·

KYK HY NIE IN SY SPIEEL NIE? Sies mamma nou berispe jy ‘n kind oor iets wat nie sy fout is nie , ‘n ses jarige sal natuurlik nie op n bakkie stil sit nie want hy hoort nie daar vervoer word nie.

Janet ·

My liewe land, as ek soiets voor my sien sou ek nie die moeite doen om my foon in hande te kry vir ‘n sensasionele foto op Facebook nie maar wel die aandag van die bestuurder van daai bakkie probeer trek!

netmy2sent ·

Hoever het die bakkie gery voor die persoon wat die foto geneem het die bestuurder ingelig het? As jy dit sien en niks aan die saak doen nie, hoekom wil jy n bohaai opskop? As dit vir daardie persoon so groot issue was hoekom het hy/sy nie die voertuig agtervolg tot by die perseel en dan die polisie gebel nie? Niemand is perfek nie en kinders sit jou in die oe! Hoop sy gat het gebrand, want die ouers mag dit nie op sosiale media erken nie want dan lewer almal kommentaar oor die kind wat mishandle word. Dit het gebeur, en dit is geen teken dat enige grootmens in daardie kind se lewe onbevoeg of nalatig is nie. n Probleem is uitgewys en hulle sal meer versigtiger wees, dis al wat ons as mens kan doen, leer uit jou foute!

Zelda Buitendag ·

Regtig mense….was julle nie klein of op n plaas groot geword nie? Daar is miljoene mense wat as kinders soo agter op n bakkie al gery het en niemand het iets oorgekom nie!! Dis dalk tyd dat die kinders nie so op gepiep word nie dan sal ons dalk grootmense he wat nie so ruggraatloos is soos vandag nie!!! Hoekom nou n boehaai opskud as niks gebeur het nie? Dieselle soos met Margaret…daar is mos onverskoning gevra en heeltemal tereg…hoekom altyd media toe hardloop ipv om die persoon betrokke eerste te kontak en die saak by die oorsprong ordentlik op te los? Kry n lewe….daar is erger dinge wat daagliks gebeur!!

Celeste ·

Ja ek het groot geword waar ons op die plaas agter op die bakkie gery het. Maar my oupa of my pa het die bakkie gery en seker gemaak ons is ten alle tye veilig agter. Dit was ook n plaas en nie n openbare pad waar karre en taxi’s ry asof sewe soorte hel agter hulle aan is nie. As iemand daai einste stop straat skip en oor ry…wat dink jy gaan met daai kinders gebeur?

Julius ·

Eerstens wil ek net noem dat die vrywarings vorm 100% geldig is en om mense agter op ‘n bakkie te vervoer is nie onwettig nie. Die mense maak hulle eie reels hier en wil dit op almal toepas. Bewys my verkeerd met julle wette, wit op swart, ek daag julle nou uit.

Francois le Cochon ·

Uitdaging aanvaar. “You are allowed to carry passengers as long as it is not for reward” Rest my case.

DIDI ·

Almal gaan nou aan oor die kleuterskool…..mnr of mev sorg asb dat jou kind self by die kleuterskool kom. Dit is nie die kleuterskool se plig om die kinders rond te ry nie, hul doen die ouers net n guns want almal het dalk nie vervoer nie. Maar nee hier is mos net n klomp veroordeelaars.

Johan ·

Ek kyk na die foto en dink so `n klein karnallie. seker `n plaatjie van `n ander water. Al die kommentaar oor die viligheid en alles daarmee saam laat my dink oor 10jr is hy sestien dan koop sy pa en ma vir hom `n moterfiets en dan “wheely”hy in die straat af en niemand sal dan meer oor hom bekommerd wees nie.

zhara ·

@BIANCA. Dank die vader jou kinders het nog nie so seer gekry nie. As my kinders in so nasorg was het ek stappe teen die dagsorg geneem. Die bestuurder moes in sy spieel gekyk het om te sien of almal stil sit wat as ‘n ander moter agter in daai bakkie in vas gery het teen jou 60km/h dorpsgebied spoed???? Wie sou die skuld moes dra?

Delia ·

Ek se SIES vir die persoon wat die foto geneem het en gepubliseer het. As jy enigsins bekommerd was oor die kind, sou jy gestop het en die bestuurder ingelig het! Maar nou ja, waar was jou 15min van “fame” dan? Skaam jou!

SIES ·

Nee sies vir die volwassene wat die kinders agter op die bakkie vervoer en SIES omdat hy nooit in sy spieeltjie kyk nie.

Ruby ·

Delia, en as dit jou kind was?

As iemand jou vertel het jou kind hang agter ‘n bakkie en die bestuurder sê hy is nie bewus van SO iets nie…… bewyse praat hard en duidelik.

Hierdie insident het hopenlik bewustheid geskep en so ‘n onskuldige kind se lewe gespaar.

Delia ·

Ruby, my kinders is al grootmense, maar hulle het kleintyd agterop ‘n bakkie, en 4jr oud op trekker. Ek self het kleintyd agterop ‘n sleepwa, vol gelaai met kissies groente en tamaties gery…..dit was lekker en ons leef nog almal….

Delia ·

‘Skuus, wou nog by se, as dit my kind was wat daar gehang het, was sy boude warm gemaak…..ook die een s’n wat die foto geneem het en nie bestuurder gestop en vertel het nie. Dit laat my dink aan die omstanders by ‘n ongeluk wat foto’s neem maar geen hulp aan bied nie.

zhara ·

Regtig Zelda…..Ja ek het op n plaas groot gewrd maar weet jy dat geen volwasse sou my so laat afhang by n bakkie in die dorp nie. Nou word daar gese die kind moet gevoeter word ja hy kan gevoeter word omdat hy gehang het maar ek dink grootmense moet eerder verandwoordelikheid vat en ophou die skuld op n kind pak.

Johanna Botha ·

Almal moet n hard pakslae kry die drywer ingesluit !

Ina ·

Ek het baie jare terug op ‘n ongeluk afgekom waar ‘n baba en klein kinders op die teerpad gelê het na ‘n ongeluk, Die bakkie se canopy het afgekom en my kinders was NOOIT agter op ‘n bakkie toegelaat. Daai ongeluk Sal ek nooit vergeet……. jou kinders is kosbaar en moet opegepas word, dis jou as ouer en volwasenne se verantwoordelikheid.

peter ·

Ek wonder, indien die foto nie gepubliseer is nie, sou die skool ‘n kap laat opsit het. Duidelik ry Buks al lank so onverantwoordelik rond. Met ander mense se kosbaarste besittings…

Stroopsoet ·

Klippe gooi gaan nie help nie, die ouers is heel duidelik bewus daarvan en het dit tot so ver goedgekeur. Hoekom moet mense eerder daaraan werk om iemand se ondergang te bewerkstellig as om van help te wees. Die bestuurder wat die fotos geneem het, so in die ry, wil seker sy/haar eie kleuterskool/nasorg begin….

Really ·

Ek gee nie om wie wat sè nie die feit bly staan dat die BESTUURDER ook glad nie die reèls vilg nie seker sy drywers lisensie gekoop……as hy sy spieèltjie gebruik het soos hy MOES sou hy gesien het die kind hand soos n apie van die oop bakkie af en om weer te bewys hy het n gekoopte bestuurders lisensie moet jy al 3 jou spieèls gebruik as jy nader of by n stop straat kom dit het hom ook nie gepla om dit te gebruik nie so wat op dees aarde sal dit hom pla om na iemand anders se kind se veiligheid om te sien….

Riaan ·

Wat ek in die berig hier lees en die een in Beeld klink dit of daar 2 Bertha’s betrokke is…doen jouself die guns en gaan lees dit…indjen dit ek was wat agter jou gery het sou jy Beeld se naamskendingeis geld moes gebruik om jou man se hospitaal kostes te dek!

Piet Pompies ·

Ek wonder hoeveel van die ouers wat so blaf oor die kleuterskool pas hulle dieselfde reels toe tov hul eie kinders, rook nie in hul teenwoordigheid, kind vas in ‘n kinderstoel as die voertuig beweeg, ootree nie die spoed beperking met kinders in die motor, stop by alle stopstrate met die kinders in die motor.
Wonder maar net!

Yolandi ·

Ek doen al hierdie dinge Piet Pompies… Want dis my kinders en my lewe wat nie vervang kan word nie!!! En ek kom reëls na al is my kinders nie saam nie.

Theresa ·

Boetie moes ‘n goeie pakslae gekry het. Nou nog – nie te laat nie – wys hom die foto as hy dit nie al gesien het en heerlik geskater het nie. Mos snaaks. Geen sakgeld vir 3 maande en mag nie gaan speel by maats nie (of as dit ‘n rekenaarsittertjie is – geen TV of games nie).
Bestuurder: Waar is jou PDP lisensie, asb – scan dit vir ons almal en laat Maroela dit plaas, asb. Nalatigheid. Jul pas kinders op. Jul weet dus baie goed hoe stout en waaghalsig hul kan wees. Mnr/Mev wat foto genee het – sou baie goed gewerk het as jy die man afgetrek het (hoflik…) en gevra het dat die kind gaan sit voordat jy hom kan laat verder ry. Baie wetteloosheid op paaie: skoolkinders en ander loop in strate I p v op sypaadjies. Busse jaag soos besetenes. Trokke jaag van hoek na kant, ry in verkeerde bane, ens. ens – is vir baie dood verantwoordelik! Fietse kom sommer aan verkeerde kant aan – daardie dae is getel – dis nie plaas nie – dis stad met hopeloos te veel voertuie op paaie wat afgeskeep word met min instandhouding. Mens kon op ‘n stadium lekker agterop ‘n bakkie ry – maar op ‘n plaaspad en op eie risiko. Dit werk nie in ‘n stad nie!

Magda ·

Jakes ek stem 100% saam met jou. Die wet het verander maar as jy na al die slim kommentaar op Netwerk 24 sien, weet die mense daar buite nie van die wet wat verander het nie. Ons vloot klient koop ook nou almal double cabs om hulle mense te vervoer en die myne laat ook glad nie meer toe dat enkel kajuit voertuie op hul perseel ry nie. Slegs double cabs.

Stem ·

Jip, Stem saam wet het lankal verander, plaasboere mag ook nie meer plaas werker op n oop bakkie vervoer nie.

peanut ·

Og! wat is al hierdie heiliges se probleem – julle almal hoort in die Hemel, nie hier tussen ons gewone plebs, wat mens genoem word nie.

Ek is 54 jaar oud, het my lewe lank die grootste avonture agter op n bakkie beleef, OOP en met n klappie, en glo my, my pa was n spoedvraat; guess what – ek leef nog, is nie heilig nie, en is steeds op moeder aarde.

My kinders het agter op oop bakkies gery, saam met my, wat n pret tyd.

Ja, dit is nie die veiligste nie, ja, dit is waarskylik glad nie wettig nie, but guess what, meneer / mevrou, daai dop wat jy drink voor jy in jou kar klim, is ook nie wettig nie.

Die sigaretstompie wat jy by jou venster uit’flick’ is OOK nie wettig nie, inteendeel, JY is n potensiele Brandstigter – hoe heilig is jy nou nog…….. hmmmmmm?

En so is daar baie dingetjies wat as ons in die spieel sou kyk, ons sou aankla en n snotklap gee as ons gewete kon.

Dog ek noem dit maar net,……… hou op klippe gooi, ons almal staan agter n glasdeur

Ivor ·

Hi Peanut. Stem 100% saam. Lanklaas so gelag. Ek is 54 en ook op oop bakkies gery. Vet pret! Kinders sal kinders bly. Wens ek was nog so klein toe my pa nog vir my gesorg het. Lekker naweek bye!

Jakkalas ·

Ek het nie eens al die opmerkings gelees nie maar ek is bly ienand dink soos ek en is eerlik oor dinge in die lewe. Peanut ek het ook my 5sent gegee biki verder af. Jy is 100% reg. Klomp drips op die bladsye…..

Disselboom ·

Is bly vir ‘n paar mense wat weet hoe om te leef en nie alles met verwyte, reëls of reëls en net presies “reg” te doen nie! Natuurlik gaan ‘n seuntjie nie altyd so soet wees soos tien teen een vir hom gesê was om plat te sit binne die bak nie. Ja, vir sy eie welsyn en opvoeding moes hy raas gekry het ens…. Die meerderheid vreeslik “korrekte” reaksie op die foto is ‘n aanwyser vir hoekom ons so sukkel om weer as volk op te staan. Ons sal nog vrek van die korrektheid en nie knapie wat LEEF met vrolikheid en stoutigheid raaksien vir die mannetjie wat nog eendag die een gaan wees wat inisiatief neem, nie so bang is vir alles en almal nie en dinge gedoen kry.

Engela de Klerk ·

Ek is uiters geskok deur die foto! BAIE dankbaar vir die streng reëls (en toepassing) dat elke persoon in ‘n voertuig vasgegespe moet wees. Agter op ‘n oop bakkie en dit op ‘n teerpad?! Haar besigheid sou nou in die verlede tyd gewees het. Ek hoop die ouers besef die erns van die saak.

Engela de Klerk ·

Streng reëls in Kanada, wou ek nog skryf in my toestand van skok!

Kobus ·

Persoonlik dink ek almal ruk nou die dam onder die eend se gat uit. Dit was n fout, ja. Dit was nalatig, ja. Was dit aspris? nee. Het iemand seer gekry? nee. Die mense van die dagsorg is n fout uit gewys, hulle het omverskoning gevra en dadelik die fout reg gemaak. Dagsorg sentrums maak baie min wins en dis nie asog hulle geld uit n boom pluk nie, maar hulle het diep in hulle sake moes grou om n canopy te koop….wat maklik R12,000 kos. Hoeveel van julle het eerder n skenking aan die dagsorg gegee om hulle te help, in plaas daarvan om vinger te wys? Hoeveel van julle maak regtig julle kinders se veiligheids gordels vas wanneer hulle in die kar klim? Maar julle is gou om te oordeel! Nee mense, kyk eers na julle self voor julle vinger wys. Wees n mens en gee eerder n donasie. Vra eerder vir Maroela die Dagsorg sentrum se bank besonderhede.

Kalla ·

Daar is drie dinge veekeerd met hiesdie situasie.Die eerste is die persoon wat die foto geneem het .Duidelik was die persoon daarop uit om sensasie te ontlok.Die persoon moes eerder daarvan vergeet het om fotos te neem van die misdryf en die bestuurder eerder gewaarsku het oor die situasie.Tweedens dit is uiters nalaatig om kinders so te vervoer .Daar moet beslis twen die kleuterskool opgetree word.Derdens glo ek dit is nie die eerste voorval waar die jong seun sy lyf waaghals hou nie.Ek hoop hy is op die regte manier gedisiplineer deur sy ouers en nie net ligtelik aangespreek nie.

Kalla ·

Daar is drie dinge veekeerd met hiesdie situasie.Die eerste is die persoon wat die foto geneem het .Duidelik was die persoon daarop uit om sensasie te ontlok.Die persoon moes eerder daarvan vergeet het om fotos te neem van die misdryf en die bestuurder eerder gewaarsku het oor die situasie.Tweedens dit is uiters nalaatig om kinders so te vervoer .Daar moet beslis teen die nasorgsentrum opgetree word.Derdens glo ek dit is nie die eerste voorval waar die jong seun sy lyf waaghals hou nie.Ek hoop hy is op die regte manier gedissiplineer deur sy ouers en nie net ligtelik aangespreek nie.

Waarheid ·

Dié gebeure is vir my nou ‘n bewys OUERS met só ‘n houding moet …nié HUIL as dit TE LAAT is nie. AS ouer bly JY verantwoordelik MOET NIE IN HOF SIMPATIE verwag, wees nou BAIE DANKBAAR daar het nie nou ‘n DOOD gewees nie. Hou die mannetjie mooi dop hy is ‘n GEVAAR vir homself ….kinders DOEN en DINK GLADNIE vernaam as ouers SLAP IS.

Ouer ·

Waarheid, wie is jy om enige iets oor die ouers te se. Jy het nie ‘n idee wat REGTIG die situasie hier was nie. Vrywaringsvorm is geteken wat toestemming gee dat die kinders VERVOER mag word (maar DEFINITIEF nie so nie), ek as ouer is by die werk en vertrou dat ander mense na my kinders sal omsien, en dan gebeur sulke dinge. Maar sederdien laasweek, het ek my seuntjie (6) en sommer my dogtertjie (4) albei uit die kleuterskool verduidelik, WANT ek gaan nie toelaat dat ander mense vir my hartseer veroorsaak nie!!

mariane ·

Vrywaringsform is net geldid as jy aan al die wette toepas as jy kinders vervoer. As iets met ‘n kind gebeur omdat jy nie regte veiligheids maatreels toepas nie gaan jy nogsteeds verantwoordelik gehou word.

Annika ·

Wil net sê dis nie onwettig om met mense/kinders agterin ‘n bakkie met ‘n kap te ry nie. MITS dit familie of jou EIE kinders is. Ons het peroonlik gaan uitvind by departement Verkeer hier by ons, omdat ons ‘n bakkie het wat ons oor naweke gebruik. Hulle het gesê hulle kan jou nie ‘n boete of wat ook al gee as dit jou eie kinders is nie.
En net vir die rekord – my kinders ry agterin ons bakkie met ‘n canopy en hulle WEET dat hulle moet stilsit en nie uit/oorhang nie. My kinders weet hulle kry moeilikheid as hulle soos apies uithang.

Anoniem ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar dit maak nie vir my sin dat net jou familie agterop mag sit en niemand anders nie. Reken hulle dan dat jou familie se lewe minder belangriker is as ander persone? So jy mag iemand se lewe in gevaar stel met jou aksies solank dit jou familie is.

Om eerlik te wees die meeste staatsinstellings se personeel weet nie veel wat aangaan nie.

Anoniem ·

Hulle probeer nou net onskuldig lyk. Hulle sou nooit die “veiligheids maatreels” ingestel het wat hulle nou doen as hulle nie uitgevang was nie.

Buitendien, as jy met so klomp kinders agter in ‘n oop bakkie ry sal jou gesonde verstand vir jou se om baie gereeld in jou tru spieeltjie te kyk en jy sal onmiddelik gesien het as hulle nie stilsit nie.

Nee wat, baie skole vat groot kanse met ons kinders se lewens en as hulle uitgevang word is daar altyd verskonings om hulle gedrag goed te praat.

10/10 vir die persoon wat die foto geneem het

Besorg ·

Die wet sê GEEN mens mag agter op ‘n bakkie of vragmotor mag ry nie. Kap of nie. As iemand wat elke dag ‘n vriendin troos wat haar seuntjie verloor het nadat hy teen 10km/h of minder in hul oprit van die bakkie afgeval het en dood is, sal ek net sê moenie kanse vat nie. Vir almal wat hierbo sê hul kinders ry agter op bakkies: asb moenie met hul lewens speel nie.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Ouers laat dan hulle kosbaarste kleinode op die voorste sitplek STAAN terwyl hulle met spoed ry,,,, duidelik dink sulke ouers nie vir hulself nie, hoe kan hulle dan vir die kinders dink?
Nee wat, gee my outydse dissipline en gebruik die paar grysselle wat julle ontvang het, moenie agterna in die koerant skryf hoe daar nou nog ‘n “blommetjie” by Jesus se voete sit nie
NICKEY

Jakkalas ·

Ja ja ja….ek so siek vir mense wat dit afskiet en al die negatiewe komentaar te lewer het oor die dagsorg sentrum. Dit is juis oor julle dat kinders vandag nie meer ‘n lewe het nie. Alles moet in ‘n boks gesit word. Alles moet gereguleer word en waar gaan dit ophou??? Julle het seker nooit “geleef” nie en sal waarskynlik ook nie. Ons as kinders het agter op oop bakkies gery en ouers sonder seatbelts ens. Raai wat ons is nog hier. Dit is Heidelberg nie Sandton sentraal nie. Ja raas met die laaitie want hy was stout en wiks hom dalk ‘n hou op die boude. Maar hy gaan dit onthou as sy avontuur in die lewe. Julle wat moan moet minder kerm en ‘n slag uit jou gemak sone beweeg en die adrenalien biki laat vloei. Leef jy kry dit alles verniet en gun ander iets in die lewe plaas daarvan hulle te kruisig oor alles. Die Ingelsman stel dit so mooi ” GET A LIFE” !!!

lynette ·

Die kind moes n dekselse pak slae gekry het sodat hy in toekoms twee keer sal dink voor hy so n gevaarlike, stout ding aanvang. Hy was nie bewus dat dit gevaarlik is nie, maar die rakker het geweet dis stout en dat hy dit nie mag doen nie. Hou op om kleintjies se doen en late altyd goed te praat en tugtig hulle sodat hulle kan leer wat reg en verkeerd is en eendag verantwoordelike groot mense kan uitdraai.

Hannelie ·

Jammer Lynette ek stem glad nie saam jou nie. Jy is of ‘n onverantwoordelike ma of nog glad nie een. Niemand sal my kind slaan wat op ‘n oop voertuig vervoer word nie. Ek sal ‘n klag teen die eienasr insit en haar ou skooltjie so gou toemaak as wat sy dit oopgemaak het. ‘N vrywaringsvorm gee jou GEEN reg om kinders op ‘n oop voertuig te vervoer sonder ENIGE toesig agter nie!! Eish gedink jy kry slim mense maar wragtig

Johan ·

Moet se ek het die foto entlik heel komies gevind. Ja daar is skerlik `n gevaar faktor ook by. Ek dink in elk geval nie dit was die eerste keer wat hy soiets doen nie. Hy lyk heeltemal te sefvoldaan. Gaan nog eendag n waaghals word. Net jammer dat die arme mense van die naskoolsentrum nou so daaronder moet ly. Is seker as jy die kindrs gaan vra of hulle na `n ander nasorg sentrum toe wil gaan sal hulle se nee ons wil bly waar ons is want dit is lekker daar.

Columbiana ·

Maroela ek ja verbaas dat hierdie artikel se kommentaar nog nie gesluit is nie. Dit wil soms voorkom asof julle artikels se kommentare sluit as dit te veel emosies uitlok. Soos bv die artikel oor die hond wat 5 jarige gebyt het. Is my aanname hieroor korek?

Karoo-mamma ·

Hoe dankbaar is ek my kinders is op tuisskool hier op die plaas!
Ek stem met verskeie mense oor die selfoon pratery en foto nemery terwyl daar kinders in die voertuig is. Dan praat mens nie eers oor die uiters VERANTWOORDELIKE ouers wat hul kinders LOS laat ry nie! Dis net sleg dat daar voertuie agter die voertuig was want as hy gegly het kon daar iets leliks gebeur het. Kinders bly kinders en dit bly ouers se verantwoordelikheid om kinders op die gevare te wys en versigtigheid te leer. My hart bloei vir julle mense in die dorpe en stede wat heeldag moet werk en nie weet waaraan die kinders blootgestel word nie. Ek sal van my kop af raak met so klomp jong kinders, broeiplek vir kattekwaad

Normaal man...he.he ·

Seker die foto is regtig in Brakpan geneem.. Mos normaal daar…

Lekker lag ·

Dit is gevaarlik, net so gevaarlik soos kinders wat staan in ñ motor op die voorste sitplek. Lag lekker vir die kenners van die wet! Onthou tog om vernaand die myn, eskom , Telkom ens, se bakkie in trurat by jou huis te parkeer. Dit is mos wet! Ons geniet ons bakkies met kinders agterop. Langpad verkieslik nie. Ja, daar is mense al so dood, maar so ook in motors. Waaroor al die geraas. Swartmense ry elke dag so. Gevaarlik ja, maar lekkerder as stap. As die ma tevrede is met die naskool, wie is ons om haar voor te sê. Dit is soos daai rugby ou wat gesê het-“baie kommentaar van die bank af.”

Gideon ·

Ek sien al die kommentare en die reaksies dat dit onwettig is om iemand agter op “bakkie te laat ry” Ek sien ook kommnetaar dat in ons tyd het ons ook agter op oop bakkies gery en dit oorleef. Myself het ‘n DC en kan net dus wetlik net 4 persone vervoer? Die 5de persoon in ons gesin die moet dfan nou waar ry ? My vraag aan diegene wat so te velde trek dat niemand agter op self DC mag ry….Wat doen jy met jou gesin indien jul 5 sterk staan. Die meeste motors waarvan ek weet het net 2 veiligheids gordels agter…Ry jou 5de lid van ngesin dan in ander voertuig en of steek ons hom/haar in die bagasie ruim weg? Wette is nie altyd so prakties en wetlik uitvoerbaar in die praktyd.

KarooKlong ·

Ashlee, lekker humor dankie.
Ruil die klong vir ‘n donkie dan skop jy die donkie.

Chris ·

Die mense van vandag wil hulle ou kindertjies tog so graag in watte toedraai. Ons het baie agter op bakkies gery en niks oorgekom nie. Kan nie sien wat is fout daarmee nie. Om n selfoon te gebruik as jy bestuur is meer gevaarlik as om agter op n bakkie te ry.

Ashlee ·

Geskok deur diegene wat dit goedpraat, en dan nog “verdwaal” oor hoe hy en sy as kind agterop n bakkie gevoeter het, en nog steeds die son sien opkom. Raai, lewe lank swem ek al in die see sonder om deur n haai opgevreet te word, maar dan is daar diegene wat hierdie berig nooit sal lees nie.

Johanna Botha ·

Gideon jy sal moet dink aan n bus vir jou probleem hehe n Vito kan dalk net die ding vir jou doen …dalk enetjie met n roofrack nogal

Thys ·

Berg van n molshoop! Hou julle liewer besig met konstruktiewe dinge! Iemand met n kamera het weer niks gehad om te doen!

Natasha kapp ·

My kind is 18 jr oud. Toe hy die foto sien is sy reaksie…. my boude sou gebrand het… n vriend se kind het my eendag ook gese ek gaan my pa se na ek hom terug getrek in die voertuig in…….glo vor my dis n les wat hy sal onthou………

Cherokee ·

Ek het nou daardie foto vergroot (en ek het die fasiliteite om dit te doen) maar daar is geen manier om te bewys dat hy nie ‘n veiligheidsgordel aan het nie.

Lizaan ·

Jinne mense, hier het die vrou onverskoning gevra en verduidelik dat dit wel n fout was maar wragtig so n klomp perfeksioniste het ek lanklaas bymekaar gesien.

Poplap ·

Elke kind se droom. Agterop ‘n bakkie te ry met die wind in jou hare. Kaalvoet vuil gesiggies. Jis die dae toe alles suiwere onskuld was. Ja besef dis bitter onveilig maar mis dit steeds

snoefie ·

maar geen woord oor die swart kleuter wie gedwing was om skottelgoed-seep te drink nadat hy n maatjie gebyt het nie. dit het al in Apr gebeur maar die pa hardloop nou nog tussen sapd en media rond om aandag te kry. hoop seker om n emmer geld te maak. ek dink dit was swart onderwyser se handewerk en seker swart skool ook daarom dat lesufi nie gaan huil en skree en oor die heining gaan klim het nie.toe reken die “juf”so ewe dit was dalk n fout om die kind skottelgoedseep te laat drink. sy moes hom peper laat eet het.

Hanna ·

Almal wil so vinnig n klip gooi. Pleks staan julle saam en skenk n bussie vir die skool. Probleem opgelos. Dis die mense se brood en botter wat julle so aanval. Kom ek gou vir elkeen van julle se wat so gou klip optel en gooi dat elkeen van julle myself inkluis nie altyd due reels van die pad nakom nie. Jesus het tog gese as jy sonder sonde is tel die eerste klip op.

liefie ·

Kan ons mekaar net help asb. Ons moet elkeen ons eie potjies en ‘n bestaan maak deur ons eie werk te skep. Ons is nie almal perfek nie, het nie almal die nodige fondse om die beste vervoermiddels aan te skaf nie, ens, ens. Ons doen elkeen net ons bes. Hou op kritiseer en help mekaar. Ek het ook ‘n besigheid, dit gaan soms maar beroerd, as daar foute kom, was dit nie so beplan nie, glo my.

Mariaan ·

Die kleuterskool is nalatig. Punt.
So iets moes in die eerste plek nooit gebeur het nie. Mens word koud net om na die foto te kyk. Dis om met kinderlewens te dobbel. Kinders agter op ń bakkie en dit boonop sonder toesig!!
Dankie vir die persoon wat die foto geneem het, nou is die eienaars verplig om geld te bestee aan veiligheid wat andersins nooit sou gebeur nie.

Pieter ·

Wat meer gevaarlik is, is Mamma in Fortuner, goue ringe armbande, gesels op die selfoon, jaag deur verkeer en flits ligte on verby te gaan want sy is laat. Kindertjies nie vasgegordel nie en kleuter staan op die sitplek. Agter op n bakkie met kappie en bankies 100 x meer veiliger as Mamma in Fortuner

Martin ·

En hulle verskoning is dat dit net ñ kort afstand is! Ongelukke neem nie kilometers om te gebeur nie, dit gebeur in ń oogwink.
Mense wat met kinders se veiligheid speel is nie bevoeg om na na hulle te kyk nie.

Oplossing ·

Die mense van kleuterskole en dagmoeders het n ondankbare beroep. Moedertjies en Vadertjies se die mense sleg, betaal hulle nie, breek kontakte en kla oor alles. Ek se as jy kinders wil he, hou op werk, maak hulle self groot tot skoolgaande ouderdom, dan sal sulke voorvalle nie kan plaasvind. Meer nee ons jaag geld na en ander mense moet die kinders versorg.

barend ·

jy moet n P.D.P PERMIT BESIT OM ENIGE PERSOON/E TE VERVOER

KarooKlong ·

Nie as ek my vriend of sy kind ‘n saamry geleentheid winkels toe bied nie.
Nie as my vriend se kind saamry na die skool toe nie.
Nie as ek ‘n ryloper ‘n geleentheid bied nie.
Nie as een van my werkers saamry nie. Ens, ens, ens…..
Wel as ek mense vervoer teen ‘n vergoeding.
PS.
Ek weet net nie wat het jy nodig om die vriend se vrou ‘n geleentheid te bied nie.

Verkorte komentaar ·

Mense, vra jouself die vraag. Wat gaan JY doen as jou kind…..
As hy op ń sitplek sit met die gordel vas en daar gebeur iets weet JY die bestuurder het sy plig nagekom om jou kind veilig in sy voertuig te vervoer volgens die dep van Vervoer.
As jy betaal om jouself of om jou kind te vervoer MOET daar ń vervoer permit aand dié voertuig uitgeryk wees.
Die bestuurder MOET ń PdP hê
Mense sonder sulke vereistes in plek vervoer jou kind ONWETTIG, wat gaan jy Mamma en Pappa Oupa en Ouma oom en tannie sê, maak en of doen as JOU KIND AGTER OP N voertuig vervoer word wat gebou en ontwikkel is om goedere te vervoer. Ek het ook op MY PA se bakkie agterop gery. Veral op die plaas maar in die dorp moes ons plat sit, hoekom het ons nooit verstaan nie tot jy die dag self pa word. VEILGHEID!!
Ja mnr ek ken nie xbox nie het baie Vitamine D gekry. Het al van n bakkie afgeval wat MY pa bestuur het. My g@tvelle was byna aftrek omdat ek DOM GOED agterop die bakkie gedoen het.
Die punt bly, vra jouself die vraag. Wat gaan jy doen as jou kind so vervoer word op n voertuig wat JY NIE SELF BESTUUR NIE?

Francie ·

Apie my voet! Die kind was ongehoorsaam. Ek laat my nie vertel hy weet nie dat hy verkeerd maak nie. Een stout kind en volwasse mense moet die spit afbyt, terwyl diegene met kindertjies wat nog nooit iets onverantwoordelik aangevang het nie te kere gaan. Genadiglik het niemand iets oorgekom nie en almal kon daaruit leer.

VRA MY EK WEET ·

Apie sê hulle..dis rassisties.. gee hulle ‘n R150 000-00 boete

SE MAAR NET ·

Met al die negatiewe kommentaar…seer sekerlik het julle kleinkinders of kinders ook al iets aan gevang wat julle hartaanval wou gee? Mens kan nie altyd die jong klompie beheer nie, dis onmoontlik!! Jy probeer…maar ongelukke gebeur. Gelukkig is die ouers ondersteunend en die seun veilig! Hou op judge!! Magtig man!!

N4CR ·

Daardie vrywaarings vorm is nie eers die papier werd waarop dit getik / geskryf is nie.

Stem saam die een wat die foto geneem het se plig was om die bestuurder onmiddelik tw festop het in pleks van op Facebook te sit. Wat was sy / haar doel vir sensasie soos die media

N4CR

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.