Dagsorgsentrum ‘dekade lank onwettig bedryf’

Lede van die Bikers against Bullies-organisasie Maandag buite die Myne Maatjies-dagsorgsentrum in Randfontein. (Foto: Facebook)

Die Myne Maatjies-dagsorgsentrum in Randfontein aan die Wes-Rand is die afgelope tien jaar onwettig bedryf.

Video’s is verlede week op sosiale media versprei wat wys hoe kinders oënskynlik rondgestamp, geklap en verjaag word by dié dagsorgsentrum. Ouers het hulle na die sentrum gehaas en hul kinders gaan haal nadat die video’s versprei is.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het in ʼn verklaring gesê die dagsorgsentrum is sedert 2009 in privaat besit en het sowat 40 kinders tot die ouderdom van drie jaar op ʼn halfdag- of voldagbasis gehuisves.

Thabiso Hlongwane, woordvoerder van die departement, het gesê die sentrum het egter nog nooit aan die Kinderwet voldoen nie en word dus die afgelope dekade onwettig bedryf.

Dié onthulling volg nadat die Bikers against Bullies-organisasie Maandag ʼn protesrit na die dagsorgsentrum gehou het om druk op die departement uit te oefen.

Bees Fourie, ʼn verteenwoordiger van die organisasie, het aan Maroela Media gesê tussen 100 en 120 motorfietsryers, onder wie ouers, het saam na die sentrum in Culemborgpark gery met een doel voor oë. “Ons wou hê die departement moet die sentrum permanent sluit en ondersoek instel of die sentrum wel geregistreer is en aan bywette voldoen.” Dié bywette sluit dié van die stadsraad in wat die sentrum na bewering ook nie nagekom het nie.

Polisielede en motorfietsryers Maandag buite die sentrum. (Foto: Facebook)

Die eienaar en ʼn personeellid van die dagsorgsentrum is verlede Donderdag deur die polisie vir ondervraging ingeneem nadat aanklagte van aanranding aanhangig gemaak is. Daar word wyd beweer dat twee personeellede saam met die eienaar vir ondervraging ingeneem is, maar die polisie hou egter vol dit is net een personeellid en die eienaar.

Volgens Fourie het die departement ná hul pleidooi vandeesweek die dagsorgsentrum gesluit en is die naambord ook reeds verwyder. Maroela Media kon egter nie dié inligting by die departement bevestig nie.

Hlongwane het wel die ontvangs van ʼn petisie vanaf die organisasie bevestig.

“Ons duld nie boelies nie. Kinders kan nie vir hulself opstaan nie – so, ons staan vir hulle op. Dít is wat Maandag gebeur het. Dit gaan oor die bewusmaking [rakende boeliery],” het Fourie verduidelik.

Dit is nog nie duidelik wanneer die beskuldigdes in ʼn hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Pop ·

Weereens het die regering nie hulle werk gedoen nie. En kinders moes die spit afbyt. Daar word baie gepraat maar niks gedoen nie. Dankie julle bikers, dat julle iets gedoen het om die plek gesluit te kry

Karl ·

@Pop, dan kan jy ook sê die ouers het nie hul huiswerk gedoen nie. AL die blaam is op die eienaar.

Leser ·

Hoeveel van hierdie skooltjies is daar nog wat nie geregistreer is nie!

Ursula ·

Hoekom moet daar altyd tragiese gebeure wees voor hulle sulke plekke toemaak.?

Anon ·

Dankie Bikers against Bullies dat julle opstaan vir hierdie kinders!!

thelsa ·

Sedert 2009 draai die Dept van Maatskaplike Ontwikkeling hulle oë weg. Hulle weet daar is iets verkeerd maar nee . . . hoekom sal ons ons werk doen. Gebrek aan aanspreeklikheid is hierdie land se ondergang.

Karl ·

@Thelsa jy is 100% korrek EN al die ouers wat hul kinders daar ingeskryf het, al die ouers wat net blindelings ingaan, al die ouers wat nie hul huiswerk gedoen het oor wie en wat daar is nie.

wilma ·

‘n Mens wonder hoeveel ander onwettige dagsorgsentrums word bedryf. Miskien moet ouers seker maak dat hulle kinders wel in geregistreerde sentrums versorg word al is die fooie ietwat hoër.

Karli ·

@Wilma, presies, voor my kleinding dagsorg/kleuterskool toe is, het ek dubbel seker gemaak hul is wettig en verantwoordelik. Kan nie glo ouers kyk nie eens daarna nie, jy gaan tog nie net enige iemand toelaat om na jou kind te kyk nie, gaan jy

Stem saam ·

Moet verseker seker maak. Daar is lyste beskikbaar van geregistreerde dagsorg sentrums en hul moet klomp regulasies nakom.

grizelle ·

Waar kan mens na die geregistreerde instansies gaan kyk? Gauteng.

Hans ·

Vertrou die nodige beheer ens word in alle woongebiede/dorpe toegepas-die owerhede op alle vlakke versuim om hul wetlike verantwoordelikhede na te kom.

KarinS ·

Al die ouers het ook hul ouerpligte versuim om seker te maak waar jy jou kind sit, jy moet jou kind beskerm, maar lyk my dis te veel moeite om huiswerk te doen oor n plek.

Lizelda ·

Soms dink ouers waar kan hulle geld spaar en dan gebeur so iets. Een ouer het gese hyt gesien sy 18 maande oue baba het merke aan haar lyfie en die antw. Was ontduikend. Daar is TOG teken wat vabas op daardie ouderdom vd ouers gee dat iets nie pluis is bd dagsorg nie. Net soos n woonkompleks nie altyd veilig is nie. Net so is alle dagsorg groepies nie veilig/goed nie. Ouers moet baie beter huiswerk doen voor daar op n sorgsentrum besluit word. Onthou die gesegde… goedkoop koop is duurkoop.

Ja ne... ·

Dis nou interresant!!!!
Ouers wat so bohaai opgeskop het daar is julle antwoord maar steeds het julle die kinders gelos in die dagsorg.
Julle is net so skuldig….

Alicia ·

Ouers doen nie hul huiswerk in baie gevalle nie. Kinders word aan ander se lot ten goede trou gelaat.

L ·

Elke kleuterskool moet kameras kry dat ouers kan kyk wat aangaan.

Alicia ·

Daar is vele ander. “Dagsorgsentrums” skiet op soos paddastoele. Baie is beslis nie wettig nie. Almal dink mos dat hul bo die wet verhewe is. Opportuniste maak geld uit ander se nood. Munisipaliteite se stads-en streeksbepanningsafdelings moet ook wakker skrik. Alles heel lekker en die eienaars skep geld…todat die babadoek die waaier tref.

Disselboom ·

Al die staatskole is “amptelik” – ook daardie in die townships of die platteland wat glad nie lekker funksioneer nie. Die staatshospitale is ook amptelik. Die SAA is amptelik. Eskom het amptelikheid. Wat is die relevansie en betroubaarheid daarvan dat instansies by die huidige staat geregistreer is? Verkeerd bly verkeerd, as hierdie dagsorgsentrum verkeerde dinge gedoen het, maar dis nie ten eerste die registrasie wat die probleem is nie.

Tammy ·

Het hierdie sentrum belasting betaal op die geld wat hulle gevorder het? Ek sal dankbaar wees as iemand dit kan opvolg. Hierdie eienaars en werknemers moet dieselfde gestraf word. Die oortreding is deur beide parteie as goed bestempel. Maak n voorbeeld van hulle deur n vreeslike swaar vonnis. Die res van die gieriges sal dalk daaruit leer!!!!!!!

Hendrik ·

ai hoe kan jy sulke klein kinders met besem slaan, of die skool nou wettig is of nie, useless mense verby, hoop julle kry wat jul verdien.

Johanna Botha ·

Ag wat niks gaan gebeur nie …kyk maar na Life Esedimeni !

Karin ·

@Lee, die eienaar het kinders mishandel, maak nie saak haar velkleur nie, sy moet gestenig word. Ek sal die eerste klip gooi.

Stof ·

Word die destydse minder bekwame bestuur van Life Esidimeni se foute nogsteeds gebruik om die nuwe bestuur wat al lankal dien, ook te inkrimineer? As terapeut kom ek op vir Esidimeni se integriteit en kan met dank getuig dat die personeel gekwalifiseerd, toegewyd en veral besonder beskermend is teenoor inwoners. So ook is daar uitnemende skakeling met familie en met ons as eksterne terapeute.
Omdat daar jare gelede enkele persone oorlede is in ‘n botsing waar ‘n Kia voertuig in betrokke was, maak dit tot vandag toe nog, dat Kia ongewens is?

Liza ·

Vandag se lewe kan ‘n mens niemand mee vertrou met jou kinders nie, ek sal so ‘n plek dadelik toemaak en almal wat daar werk inkluis die eienaar in die tronk gooi……maar ja ons is mos wit…….kinders is die wonderlikste goedjies in die wereld, Jesus het dan gese laat die kindertjies na My toe kom, moenie hulle verhinder nie. Ek sal mal word kannie sulke goed hanteer nie………en ja hoeveel ander dagsorg sentrums is daar ook nie sulke dinge besig om te gebeur nie…..OUERS HOU JULLE KINDERS DOP AS JULLE HULLE GAAN OPTEL EN VRA UIT……

Karen ·

Weet julle hoe moeilik is dit eintlik om te bevestig of so plekkie wel geregistreer is? Ek het al verskeie kere geskakel om te bevestig of my baba se dagsorg wel is, en word van bakboord na stuurboord gestuur. Elke keer sal ek terug gebel word. Ek weet nou nog nie. In die Kaap is dit blykbaar nou ander plekke wat dit hanteer, ‘n NGO. Dis een helse deur mekaar spul. Tot daar die dag iets tragies gebeur, en mens moet hoor ‘n plek is nie geregistreer nie, en dan is die ouers onverskillig…..

KarinS ·

Vat nie eens 5minute online nie Karen, en as jou kind se veiligheid “te veel moeite” is, dan weet ek nie.

Karen ·

KarinS deel asb die skakel hier, geen sarkasme. Ek is seker maar net te dom, want ek het aanlyn, per telefoon en epos probeer. Nee, dit is glad nie te veel moeite nie, so asb, deel die skakel, dan kan ek dalk uiteindelik ‘n antwoord kry. Dankie

Riana ·

Registrasie van n instansie en boelie is 2 verskillende dinge. Kinders word in geregistreerde instansies ook geboelie.
Uitgevang is sy uitgevang en dis die belangrikste… en kastig jammer… jammer sy is uitgevang Ja! Verkeerd is verkeerd.

Stem ·

Riana, ek stem, of die instansie nou geregistreer is of nie, gaan definitief nie maak dat die MENSE daar nie hulle hande gaan lig nie. Registrasie gaan definitief nie jou kind veilig hou nie.

P'TJIE ·

Dit is nou waar die spreekwoordelike gesegde inkom ” die wiel draai” ek dink persoonlik, die OUERS is eerstens self skuldig want hulle doen nie hulle huiswerk omtrent hulle kinders se welstand nie, dis mos maklik om net jou kinders te gaan aflaai en ‘n geldjie te spaar, en dan TWEEDENS is daai eienaar en haar/sy werkers skuldig aan alles wat teen die wet is, wel die wiel het gedraa, jammer vir die kindertjies wat dalk nou lewenslange trauma gaan deur maak omdat jy as ouer nie jou werk gedoen het nie, en dan jy die eienaar jou wiel het darem nou tot stilstand gekom. Ek voel nie jammer vir niemand nie, BEHALWE die weerlose kinders wat aan hulle lot deur hulle ouers en die eienaar van die skool oorgelaat is. Mag die Here in daai kleintjies se hartjies wees en hulle laat vergeet van enige onregverdigheid wat teenoor hulle gedoen was.

Theresa ·

Bees Fourie – Julle is engele!! So awesome om te weet daar is nog mense soos julle!!

hannelie ·

My seuntjie was in n crèche waar ek ses maande later agter gekom het dat hy stoksiel alleen in die oggend in n kot in sy klas toe gemaak word oor hy te veel huil en die ander kinders ontstel. Hy moes alleen in die kot in die klas bly tot sy juffrou gekom het. Hy was maar n jaar oud. Sy eie juffrou het my uiteindelik dit vertel nadat ek gevra het hoekom hy so huil as n mens hom net neersit om iets te doen. Hy het separation angstigheid ontwikkel. Ek het hom dadelik uit gehaal en toe ek vir my deposito terug vra toe se die einaar skielik dat sy nie so kind in haar crèche het nie en ook nie so naam ken nie. Ek het haar baie mooi vertel dat ek hom saam met die polisie die volgende dag na haar toe sal bring sodat die juffrou hom kan uit ken. My deposito is dadelik aan my terug betaal. Ek het my seun in een van die wonderlikste crèches gesit en hy het na baie gesukkel van die angstigheid floreer en doen so goed hy gaan nou graad een toe. Ek het baie van sy vorige crèche maatjies in sy nuwe crèche gesien en by uit vrae het ek die vreeslikeste stories gehoor. Selfs sy nuwe crèche hoof het toe hy vra waar kom hy vandaan en ek die crèche se naam se sy kop geskud want hy weet.

Daisy ·

Is daar iemand wat weet waar ‘n mens hierdie cresche’s kan aangee wat nie geregistreur is nie, ek weet van ‘n Cresch waar al die kinders sommer in 1 kamer gehou word, asseblief julle hulp sal waardeer word, ons moet ‘n stop sit aan die geld gemaakery met jong onskuldige kinders.

Veroux ·

Mens moet eers seker maak of ‘n dagsorg/skooltjie geregistreer is by die Munisipaliteit of Onderwysdepartement voor jy jou kind daar insit…..

Welgedaan ·

Well done aan al die Bikers wat opstaan vir ons kinders……… ons het meer van julle nodig veral as dit by ons kinders kom……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.