Dagsorgsentrum sluit ná kleuter sterf

Argieffoto

ʼn Dagsorgsentrum in Sharpeville gaan gesluit word nadat ʼn tweejarige vroeër vandeesmaand hier gesterf het.

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het Woensdag gesê LUR Nandi Mayathula-Khoza het ʼn kennisgewing uitgereik om die vroeë-ontwikkelingsentrum in Sharpeville, Sedibeng, te sluit waar Bohlale Mngomezulu gesterf het.

“Ons sal die kennisgewing binne sewe dae op hulle bedien en dan begin om die kinders na nabygeleë sentra te skuif voordat hulle na ʼn nuwe prototipe-sentrum geskuif sal word wat ons in dié gemeenskap gebou het,” het Mayathula-Khoza gesê.

Die LUR het bygevoeg die kleuterskool, Little Sunshine Day Care Centre, is nie kragtens die Kinderwet by haar departement geregistreer om kindersorg of opleiding aan te bied nie, aangesien die skool nie voldoen aan munisipale verordeninge nie, terwyl die infrastruktuur ook nie heeltemal voldoende is vir kindersorg nie.

In hierdie stadium is die oorsaak van die kleuter se dood nie duidelik nie.

“Die departement het ʼn span maatskaplike werkers beskikbaar gemaak om die gesin se behoeftes aan te spreek as deel van die genesingsproses. Bystand sal ook gelewer word aan die kinders en onderwysers wat die voorval aanskou het. Die seuntjie het ʼn toeval gekry en is in die klas dood. Omstandighede rondom die kind se afsterwe is steeds onbekend en die polisie se ondersoek duur voort.”

Die departement doen ʼn beroep op alle ongeregistreerde sentra om die departement te nader sodat hulle bygestaan kan word en bemagtig kan word terwyl die registrasieproses voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hoekom? ·

Hoekom hierdie een sluit terwyl ander ‘n kans gegun word om te registreer? Kyk ook eerder na skuifhekke wat kan omval en al menige kind beseer of gedood het.

Elzaane ·

Snaaks hoe die skool so vinnig gesluit word ek het ‘n dagsorg gaan rapoteer oor sekere redes , dit noual 20dae na ek dit rapoteer het nog niemand het skool besoek van die departement nie , en dit het ook aan die lig gekom dat die skool se registrasie al in 2016 verval het nou wonder ek of so iets eers moet gebeur voor die departement iets doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.