Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Petite Bumper-dagsorgsentrum in Rosettenville, suid van Johannesburg, is toegemaak nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn kleuter wat glo daar vasgebind, se mond toegeplak, en sonder toesig in ʼn badkamer gelaat is.

Phumla Williams, ʼn woordvoerder van die Gautengse regering, het Woensdag gesê hulle verwelkom die besluit van die departement van maatskaplike ontwikkeling en die polisie om die sentrum te sluit. “Kindermishandeling kan nie in die land geduld word nie,” het Williams gesê.

Die sentrum het Dinsdag in die kollig beland toe die Daily Sun die opspraakwekkende video van die beweerde mishandeling beskikbaar gestel het. Klik hier om die video te sien.

Die eienaar van die dagsorgsentrum is intussen in hegtenis geneem en word tans deur die polisie ondervra.

Die koerant het berig die kleuter is glo deur die eienaar in ʼn badkamer toegemaak. Die kleuter se arms en bene is vasgebind en haar mond toegeplak, omdat die eienaar na bewering wou televisie kyk. Die kleuter is in ʼn stadium tussen ʼn muur en die toilet vasgekeer. Lees meer hier. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zorana vd berg ·

Ekt di video gesien en was briesend wat ek wil weet is wie het di video geneem? Hkm het di persoon nie iets gedoen om te help nie? Daars seker tog nie kamaras in daai plek nie of hoe????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.