Dagsorgsentrumeienaar ‘jammer’ ná video’s herrie ontketen

‘n Skermgreep uit een van die video’s.

Die eienaar van die Myne Maatjies-dagsorgsentrum in Randfontein aan die Wes-Rand het in ʼn video op Facebook om verskoning gevra vir haar gedrag nadat verskeie video’s Donderdag aan die lig gekom het waarin kinders hardhandig by dié sentrum hanteer word.

In die video’s kan gesien word hoe verskeie personeellede sommige van die kinders herhaaldelik oor die kop slaan, terwyl ander met ʼn besem of ʼn mop verjaag word.

Die eienaar erken nou dat sy ʼn seuntjie in een van die video’s op sy hande geslaan het nadat die kind glo ʼn ander kind in haar gesig gekrap het. “Ek het oorreageer en só iets sal nooit weer gebeur nie. As dit my kind was, sou ek ook baie kwaad gewees het,” sê sy.

“Hier by Myne Maatjies kom die kinders regtig eerste. Ek wil net weer eens sê, baie jammer,” het sy in die videoboodskap gesê.

Die eienaar sê voorts dat tugstappe teen die betrokke personeellede gedoen gaan word.

Sy is egter sélf van aanranding aangekla nadat verskeie ouers klagte by die polisie aanhangig gemaak het.

‘n Skermgreep uit een van die video’s.

Brig. Jacob Manemela, stasiebevelvoerder van die Randfontein-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê die dagsorgsentrumeienaar, asook een van die werkers, sal later in die hof verskyn.

Ontstoke ouers het gister inderhaas hul kinders by die dagsorgsentrum gaan haal nadat die video’s versprei is.

Thuliswa Khawe, LUR van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het in ʼn verklaring gesê sy is geskok oor die voorval.

“Ons veroordeel sulke wreedheid teenoor kinders. Dit is hartseer en kan nie geregverdig word nie,” het sy gesê.

Khawe doen ʼn beroep op die publiek om met enige inligting rakende die voorval na vore te kom.

“Ons kan nie sulke optrede goedkeur nie.”

Die LUR beplan om die kleuters te besoek asook ʼn span maatskaplike werkers na die betrokke ouers te stuur om hulle te ondersteun.

Ingevolge wetgewing mag ʼn beskuldigde nie geïdentifiseer word voordat hy of sy in die hof verskyn het nie.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Ruby ·

Ek het haar “jammer” video gesien.

Myne maatjie (nie!), ‘n graad eentjie kon ‘n beter act opsit.

Wat vir my skrikwekkend van die videos is, is dat dit wil voorkom asof dit die norm was om die kinders so in die verby gaan ‘n oorveeg te gee.

Mag jy en jou personeel kry wat julle toekom.

SNEL ·

Sy is baie jammer ja, JAMMER sy is uitgevang, dis al waaroor sy nou jammer is.

Erica ·

Die vrou is die kluts kwyt, luister sy na haar eie woorde?! Die kinders kom gn “regtig eerste nie”! Boonop praat sy van tugstappe teen haar personeel asof sy self onskuldig is?! Iewers is iets nie lekker daar bo nie.

Mamma ·

Mag sy en haar werkers wat ‘n kind so hanteer baie SWAAR gestraf word.
As dit my kleintjie was wat so hanteer is sal ek defnitief nie net dit lat gaan nie. Jy kan hoe jammer wees, die tipe gedrag is nooit aan aarbaar teenoor n onskuldige kind nie.

Dit maak nie saak wat daai kind gedoen het nie, dit regverdig glad nie haar houding teenoor die kinders nie. Ek hoop sy mag nooit weer n dagsorg oopmaak of ooit weer met kinders werk nie.

Pietie....... ·

Hou die LUR en haar trawante ver weg. Skade is gedoen en daar is niks wat sy en haar volgelinge kan verbeter nie, of hou julle nie die nuus dop nie? wat weet sy van opvoeding af? Vat net die kinders na n gesertifiseerde kleuterskool of sentrum toe en vat dit van daar. Maar moet asb nie dat die staat se mense betrokke raak nie, dan raak dit net nog n media foefie waar mense hulle name met n plank gaan slaan

Anita ·

Jammer, asb, wat jy en jou werkers doen is afskuwelik….goeie genade ek het 3 kinders en nog nooit, nog nooit het hulle eers sulke behandeling by die huis gekry nie, SIES MAN, ek hoop van harte daardie skool word toegemaak en nie een van julle HEKSE ooit weer naby of met klein kindertjies werk nie!

Sarel ·

1. Verskoning?? Te min te laat sou ek sé.
2. En die LUR gaan alweer stemwerwing doen

O wee ·

O wee hou die LUR van Maatskaplik en ha trawante weg. Sy ka vinnig reageer nou om te se dis onaanvaarbaar …. maar wat doen sy sake te verbeter in die land. Dit is nie net kinders wat mishandel word nie!!! Wat van die oumense in die tehuise en van hulle waarvan videos ook al op media verskyn het, wat word van die sake. Hoekom gaan sy nie en besoek mense op plase en hulle families wat wreed vermoor word en aangerand is nie. Klein kindertjies wat in strate/bruebly en slaap sonder kos en klere, nie eens in skole is nie. Wat doen sy daaromtrent maar as daar iets opduik in die media dan tree sy vinnig op om haar se te se, andersins weet jy nie eens sy bestaan nie!! Ek praat nie dit wat gebeur het met die kinders by die dagsorgsentrum goed nie, ek stem dit is nie aanvaarbaar en die eienaar behoort van beter te weet as sy na kinders wil kyk. Sterkte aan al die ouers.

Suzelle ·

Daai “jammer” sal nie daai kinders se bangheid of hartjies heel maak nie. Eks tans swanger en sulke berigte maak my bang, dis jou kind se veilige hawe vir die dag, waar ons as ouers gerus moet wees, eintlik word die kids net mishandel en kan nie vir hul self opstaan of verdedig nie. Dis scary om te dink by hoeveel skooltjies of dagmoeders die gebeur, daars letterlik net n handjievol plekkies waar jou kinders veilig is.

Johan ·

Jammer is telaat en ek hoop jy word nooit weer toegelaat om ‘n sorgsentrum te bedryf nie en word sommer ook vir ‘n jaar toegesluit.

Swapie ·

Maak haar plek toe en sluit haar en haar skuldige personeel toe.

Eina ·

As mens van die begin af n goeie karakter gehad het, was dit nie nou nodig om jammer te sê nie. Ek glo sy verdra maar net-net die kinders vir n geldtjie. Hulle almal moet verbied word om met kinders te werk. Hulle het geen respek vir n kleintjie nie

Jannie van Niekerk ·

Zettie, jy is reg. Almal wat uitgevang word, is altyd “jammer”. Net omdat hulle gestraf gaan word en vir geen ander rede nie. Hierdie jammerte is net so geloofwaardig as wanneer Malmea vir jou sê hy haat nie wit mense nie.

Regtig? ·

Regtig? So net die mense wat nie hoef te werk nie, moet kinders kry, Joubert? Van ons werk deur die dag, en vertrou die skool wat ons gekies het na baie soek en navorsing. Ek sou wat wou gee om self na my kinders te kyk, maar mens moet ook kos op die tafel kan sit en almal is nie in die posisie om tuiste skeppers te wees nie

Ek stem ·

Ek stem 100% saam. Die skool sisteem is so erg aangepas dat dit in elk geval soveel waarde dra wanneer kinders kleuterskool toe gaan, hulle ontwikkel ook vinniger en pas goed aan in die groot skool. Ons moet kos op die tafel sit, en natuurlik vertrou ons skole om ons kinders veilig te hou en baie liefde te gee, dieselfde manier hoe ons as ouers vir ons kinders liefde gee wanneer hulle tuis is

Rins ·

Dankie vir daardie video ….. dit is onregverdig om n kindjie so te behandel. Julle is n gevaar vir enige kind. Sluit daardie skool

Adele ·

Mens kan nie help om te wonder .. hoe lank gaan dit al aan? Hulle is maar net nou eers uitgevang …

Suzette ·

Vra ek ook Adele. Daai kiddies kan nie gaan praat nie en dink net hoe bevrees moet hulle wees om elke oggend daarheen te gaan. So Joubert asb as jy nie in werkende ouers se skoene loop nie moenie oordeel nie of sulke negatiewe kommentaar lewer nie.

Linda ·

Hierdie sentrum moet ONMIDDELIK toegemaak word en die lisensie moet opgeskort word. Die eienaar moet op n swartkys kom om nooit weer so n sentrum te begin nie. Verskoning vir wreedheid ??? Wie ‘bluff’ die eienaar nou eintlik sjoe !!!!

Madeleine ·

Daars baie sulke skole. My hare het al gerys toe ek n skool soek en het toe besluit om self my kids groot te maak tot hul ordentlik kan vertel en praat as iets fout gaan . Dis n voorreg ja en nie almal kan maar as jy kan asb

Woedend ·

Te laat, die skade is klaar gedoen. Watse ouers gaan jou nou vertrou om na hul kleintjies om te sien. En om nie eers te praar van die kleine engeltjies nie. Soos daar gese word in engels, with actions comes consequences.

Mamma ·

Ek het VERKIES om by die huis te bly om na my kinders om te sien totdat hulle Hoerskool toe is.
Dit het broekskeur gegaan maar ons het deurgedruk en ek is nie ‘n dag spyt nie. My kinders was vir my belangriker as geld en ‘n werk en ook belangriker as ‘n mooi duur kar en huis.
Die kinders is vandag op universiteit en dit gaan baie goed.

Sê net ·

Sommige is enkel ouers en kan nie so iets bekostig nie. Daar moet maar gewerk word. Wees bly julle was in so uiters bevooregte posisie.

Nou maar goed ·

Nou maar goed dan en good for you @Mamma wat jouself so op die skouer klop en half verbloem insinueer ander ouers waar die mammas werk stel werk en geld en duur karre en huise bo hulle kinders: ons is bly dit het vir jou so uitgewerk. Weet net daar is BAIE mammas wat graag tuis by hul kinders sou wou wees maar eenvoudig nie kan nie; elkeen se omstandighede verskil. Gaan vanaand op jou knieë en dank die Vader dat jy in daardie bevoorregte posisie kon wees en dat jy ‘n man gehad het/het wat kon sorg dat jy nie hoef op te staan en werk toe gaan terwyl jou hele wese hunker om by jou kind te wees nie. ‘n Werkende ma is nie noodwendig minder lief vir haar kinders as wat jy is vir joune nie. En sommiges sou ook graag wou kies wat jy kon, maar kan nie. Tel eerder jou seëninge as wat jy daaroor spog – om te kon kies, was ‘n voorreg en is nie elke ma beskore nie.

Sus ·

Vra maar vir al die moeders wat tuis bly hoe sleg dit is vir jou as jou man jou skei en jyt nie n werk nie.

Leon ·

Ek moet eerlik wees. Ek het al menige male gevoel om in winkelsentrums en openbare plekke kinders aan hulle voete op te tel en dan hulle agterente goed warm te maak. Hulle weet jy mag nie aan hulle raak nie en dan buit hulle die situasie uit.
Voel ek jammer vir die kinders, ja, maar ek kan verstaan hoekom die mense dit doen. Eintlik moet ek meer jammer voel vir die personeel want hulle het te doen met die ergste terroriste hier rond.

Hennie ·

Stem saam jou het elke dag met kinders te doen vir die afgelope 30 jaar van eie kinders ;pleegsorg ;voldag en na skool

ouer ·

Ek het by my huis gebly en n my kinders gekyk – en ons is of was nie ryk nie. Net deurgedruk. So kon ek baie tyd by my kinders spandeer en hulle geniet.

Ruby ·

ouer, ongelukkig is dit nie vir almal moontlik nie.

Sommige werk nie vir luukse vakansies of duur motors nie. Ons werk om die krag aan te hou, skoolgeld te betaal en kos op die tafel te sit. Bittermin huishoudings kan met 1 salaris die nodige doen.

Nietemin, ek is bly vir jou part jy kon dit doen.

Wonner ·

As ouers hulle kinders by die huise dissipline leer sal dit nie nodig wees vir sulke mense om dit te doen nie.Dis tyd dat ouers hulle oee oopmaak…daars baie kinders wat geen disipline geleer word nie en as iemand ander dit doen wil almal hulle toesluut …leer jul kids maniere by die huis ASB???

Johanna ·

Liewe ‘Dagsorg eienaar’ WAAR was jy toe hierdie brutale mishandeling plaasgeving het. ?WAAR.? Duidelik baie duidelik is dit nie n veilige plek vir enige kind nie. Ek hoop hierdie ‘dagsorg marteling kampie’ word summier gesluit. en maak seker dit word nooit weer iewers op n ander plek oopgemaak nie.
My hart BREEK vir hierdie kindertjies. Ouers maak seker julle kry AL julle geld terug asb.

Zettie ·

@Johanna, sy was actually daar. Sy is op een van die video’s waar sy ook aan ‘n kind slaan.

Jo ·

BB raporteer dit. hoe kan enige mens bewus wees van sulke mishandeling en niks omtrent dit doen nie??

Bianca de Wit ·

Jammer gaan nie verander dat daai arme kinders reeds “gescar” is for life nie.

Ek hoop dat geregtigheid sal geskied.

Laksman ·

Gerda, ek praat nie die sentrum se optrede goed nie en stem volkome saam dat daar stappe teen hulle moet volg.

Maar……… na ek jou insetsel lees, is ek bly ek is nie een van jou kinders nie. Met daai woordeskat en “reaksieplan” wonder ek hoe tugtig jy jou kinders die dag as hulle stout is? :) :)

Petro ·

JAMMER gaan dit nie reg maak nie!! Jys pateties vroumens!!!!

Mossie ·

Ons het dit ook nooit breed gehad nie en moet maar nogsteeds skarrel om liggaam en siel aanmekaar te hou, maar my seuns het ekself groot gemaak voor Gr R. Daar is egter ongelukkig gesinne wat nie met net 1 salaris kan deurkom nie en dan is daar gesinne waar mamma en/of pappa net eenvoudig nie kans sien om kindjie 24 uur om hul te hê nie. Elkeen het sy eie motiewe, moenie oordeel as jy nie weet wat daardie motiewe is nie. Kleuterskole is ook nie almal sleg nie. Dis wanneer dit eerder gaan oor inkomste as oor die kindjie se welstand wat die gevaarligte moet loei!

Tina ·

Wat ek graag wil weet is, hoekom moes daar eers ‘n video versprei word voordat die ouers wakker word en optree. Ek stem nie saam met wat in die kleuterskool gebeur het nie, maar die ouers moes lankal die gevaar tekens gesien het. Sulke klein kindertjies sou elke liewe môre skree dat die berge antwoord gee omdat hulle nie daar wil bly nie.

Aleen ouer ·

Almal van jul wat so gou is om te sê ouers werk net vir geld en luukshede… ek daag jul om net ‘n dag in die skoene van ‘n enkel ouer te waag. Ons sal wat wou gee om ook eerder ons mensies self te versorg en meer tyd saam hul deur te bring. Jul verstaan nie die hartseer elke dag as jy daai kleinding by ‘n vreemdeling moet los omdat jy self nie daar kan wees nie. Jy werk omdat jy moet, die wêreld kan enige een enige tyd ‘n “curve ball” gooi. Ek het nie gevra om skielik weens ‘n ongeluk ‘n aleen ouer te word nie. So kry jul sienings en feite reg voor jul werkende ouers so maklik oordeel. Dink hoe skuldig voel hierdie arme ouers nou wat hul mensies daagliks by so skool afgelaai het – nie dat dit hul enigsins hul skuld is nie, maar hul geloof dat daar nog goeie eerbare mense in die wêreld is :-(

se net! ·

Oops! Nou het ek skielik nie meer n inkomste nie!!!
Hoe gaan ek nou lewe??? Booohoohoo!!!!!
Jaa jou Geld het te maklik gekom! So goed asoff jy die hand war jou gevoet het,self afgebyt het!!!!!

Blom ·

Dis hoekom my kleinkind nie in n dagsorg sal gesit word nie. Ek kyk erder na my eie kleinkind as om hom deur daai trama te sit.

Sy het geen gewete nie. Nou dat als op die lappe is wil sy onverskoning vra. Daai kind is klaar deur als. Sies ek skaam my vir jou. Wonder wat sou jy gemaak het was dit iemand anders wat jy nou gevang het. Veral as dit jou kind was wat deur als gaan

Helen Rust ·

Die persoon wat die videos geneem het, behoort ook meer inligting te kan verskaf. Hierdie mishandeling kom beslis al ń geruime tyd lank.
Hoe siek moet ń mens wees, om geld van ouers te ontvang, en dan hul kinders te mishandel?

Katrein ·

Ek wil die dapper persoon bedank vir die video. Die geskree van die kinders moes hom of haar eindeloos gepla het en moes toe gesien het wat daar aangaan…vir ‘n lank tyd al. Ek sou dieselfde opgetree het en sommer dadelik die welsyn betrek het. Mev die Dagsorg, wat jy en jou personeel gedoen het is walglik. Hoop hulle maak jou besigheid vir ewig toe. Gaan werk liewer vir ‘n baas wat jou dieselfde behandel soos jy die kinders behandel het.

Erika ·

Sy is skuldig soos enige ander een wat daar werk, want as sy die eienaar of bestuurder was moes sy toesig gehou het oor haar werksmense en dit gesien het of gehoor het hoekom kinders huil en merke op hul het. Jammer kom altyd te laat…..Jammer om nou van jou probleem ook te hoor om gestraf te word!!

Erika ·

My hart is so seer vir daar onskuldige kindertjies se part. Wat het in hul gedagtetjies om gegaan? Ag en die arme ouers wat nou in daai aaklige wete moet leef dat hul dierbare kindertjies deur sulke omstandighede moes gaan. Maar dit is omdat daar nie toesig is nie en goedkoop arbeid gebruik word, dat dit so gaan. Hoekom het sy nie meer blanke meisies gebruik om na die kindertjies om te sien nie. Waar is die “equity” dit is dan die meeste blanke kinders.

o ·

Moenie my laat lag nie. Dink sy regtig ‘jammer’ gaan enigiets regmaak?

Johanna ·

Jammer? Ek glo nie jammer oor die mishandeling nie. Seker jammer, dat sy en haar personeel uitgevang is. Personeel sal dissiplinêre tugstappe kry, Sy moet eerste in ry staan. As sy omgegee gee vir die kinders se welsyn sou sy beter maatreël ingestel het. Beter toesig gehou het oor die personeel en kinders.

Ekke ·

My vrou het vir jare in kleuterskole gewerk. Al wat ek wil sê. As jul KAN maak jul eie kinders groot.

Amanda ·

As my kind daar was sal ek hom/haar nie terug stuur, daai vrou is nie reg in haar kop!!!!

Cherokee ·

Julle het nou ‘n nuwe ‘SPUR’ gekry om oor uit te haak.

Blommie ·

Ag siestog op een van die videos kan duidelik gesien word dat jy deel vorm van die mishandeling, nou wil jy als op almal pak.
Jy kan jou sterre dank dit was nie my kind nie. Ek sal jou laaste SENT uit jou gedagvaar het vir waardeer my kind moes gaan. Hoop daar word n voorbeeld gemaak van jou, MOEG dat mense kinders mishandel en wegkom daarmee. Daar sal een Momberg voorbeeld gemaak van word en ons kinders sal nie onder hierdie tiepe mense deurloop nie. Sy moet ook gevonnis word om NOOIT oOIT weer met kinders te werk in enige vorm nie.

Waarom ·

Help om nie om nou onverskoning te vra nie. Waarom het jy dit in die eerste plek gedoen. Skade aan die kinders is klaar gedoen. Vertroue om veilig by die skool te bly en te speel as mamma en pappa gaan werk is gebreek. Ouers se vertroue en verhoudings met skool en personeel is gebreek en skool se naam is daarmee heen. Dit net oor “Jy oor reageer het vir oomblik” nee wat. Dink weer

Wielspore ·

Dit wil voorkom of die kleuterskool uit nood deur die eienaar bedryf word as inkomste en nie uit liefde vir kinders. Die perseel se infrastruktuur is nie voldoende want dit kom voor of die werks area en klas area in dieselfde gebied val.
As die eienaar enigsins ‘n liefde vir kleuters gehad het, sou hierdie aangeleentheid nooit plaasgevind het. Maak die plek toe en plaas haar naam op ‘n lys waar sy nooit weer ‘n kleuterskool kan bedryf of besit.

Heidi ·

Ek kon nog nooit verstaan het waarom mense wat nie geduld het met kinders onderwysers word? Of met oumensies werk nie. Dis n roeping nie n uitweg nie. Sluit haar plek en kanselleer lisensie!

Hanlie ·

Hoe se die spreekwoord “Spyt kom altyd te laat”….. Kry vir jou en jou personeel, jou boelie julle verdien om gestraf te word. Sy is glad nie spyt nie, oor die inkomste wat sy nou gaan verloor is sy spyt. Ek weet nie hoe sy ooit weer haar gesig in die dorp gaan wys nie.

Debbie ·

Ner maak toe die kleuterskool. Daai personeel en helpers is nie bevoeg om na kinders te kyk nie. Kom ek klap haar aan een en slaan hulle met n besem en mop op die kop en kyk of hulle van dit hou

madels ·

Ek hoop dat hulle almal tronk toe gaan, ek het die videos gekyk en was SO GESKOK! Die kinders is sommer vir die lekker geklap! Dis RASISTIES gemotiveerd want die een video het die kind niks gedoen nie en is sommer net geklap vir die lekker. Dis uit haat gedoen NIKS anders nie

WERKENDE MAMMA ·

Ek wiou ook baie graag by my kinder’tjies wees toe hul klein was maar die man met wie ek getroud is het daarop aangedring dat ek werk, hy het toe en nog steeds’n baie goeie salaris verdien, ek het geensins nodig om te werk nie maar hy dring daarop aan. My salaris het gegaan vir ‘n Dagmoeder, kleuterskole en nasorg sentrums, wat die doel daarvan was kan ek nie sê nie. Ek het geen sê gehad nie en geen ander heenkome. My kinders is in ‘n koshuis en baie selfstandig. Ek het gelukkig baie goeie mense gehad en my kids was gelukkig. Nie almal is so gelukkig nie.

Adam ·

Die oplossing is eenvoudig. Sluit die skool en weier enige verdere toestemming aan die oortreder om ooit weer so’n onderneming te bedryf.

Mens met n opinie ·

Om te begin. Ek ken Mariaan persoonlik.
Sy is een van die beste mense wat ek nog ontmoet het, sy het die grootste hart wat ek in n mens gesien het.
Sy het n fout gemaak en jammer gesê! Almal maak foute, halfte van die mense op Facebook het iets te sê maar wat van alles wat hulle verkeerd doen? Julle sondes word eenvoudig net nie op sosiale media gelaai nie, anders sou halfte van julle seker meer haat ontvang het!
As mens haar lewenstorie hoor sal jy verstaan hoekom ek as n mens glo dat almal haar verkeerd beoordeel. Almal is te vinnig om n opinie te vorm oor n mens, oor een fout!
Die dreigement wat mense maak is iets vieslik, jy beoordeel n vrou oor sy n kind op die hande geslaan het, maar jy sit op facebook en maak doods dreigemente? Mense in vandag se tyd is skeinheilig.
Die werkers was verkeerd met hulle optrede maar hel, hoe kan almal sit en orals verskoning wat julle aan haar sal doen, sys net n mens, nes jy!
En ja ek stem nie saam met wat gebeur het nie, maar vir almal om haar sulke vieslike name te noem of om haar so te dreig is eenvoudig net onaanvaarbaar. Vee bietjie voor julle eie deure.
En ek hoop mense share die comment, want sy was nog altyd my kinders se rol model. Sy is deur n ongelooflike moeilike tyd, ek verstaan hoekom sy geoorreageer het.

Hoekom ·

Snert!Dit is nie nodig dat sy haar moeilike tyd op klein onskuldige kindertjies uit te haal en dit is seker nie die eerste keer wat dit daar gebeur nie!As sy nie liefde en passie vir kindertjies het nie, moet sy dit eeder maar los.Se maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.