Dagvaarding teen Kovsies-rektor gaan voort

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee om voort te gaan met die opstel en uitreiking van ’n dagvaarding teen prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Die jeugorganisasie staan twee oudstudente, Cobus Muller en Charl Blom, by in ʼn saak van laster en prosedurele onbillikheid. Die oudstudente eis R1 miljoen van Jansen en die UV.

“Ons het Vrydag ’n brief van die UV en prof. Jansen se prokureurs ontvang waarin hulle aanspreeklikheid ontken. Ons gaan dus voort met die dagvaarding,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Muller en Blom eis skadevergoeding nadat hulle verlede jaar van poging tot moord aangekla is, maar deur die hof asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie onskuldig bevind is. Hulle is glo sonder prosedure of verhoor van die kampus verban en geen geleentheid gegun om hul kant van die saak te stel nie.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het intussen gesê hul regsverteenwoordigers het op die brief van Muller en Blom se regsverteenwoordigers gereageer. “Nie prof. Jansen, óf die universiteit, gaan die inhoud daarvan in die media bespreek nie.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Afriforum ek wens julle alle sukses toe laat die knaap met sy selfversekerde grynslag daardeur n lekker les leer as hy nie te dikvellig is nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Gee hom vet kerels . Moet asb. nie terughou nie.

Tammy ·

Baie dankie aan die dapper span, hoop julle is suksesvol. Dis tyd dat daar lesse geleer word, en mag verban word!!! Baie geluk ook met die pad wat julle sover suksesvol gestap het.

Johan ·

Jansen wou glo die twee seuns nie sien nie en het hulle glo toe laat verwyder. Nou weet hy niks daarvan nie. Sjoe die ou is erg glibberig.
Die geld gaan ook nie deur Jansen betaal word as die eis toegestaan word nie, maar deur UOVS.
Die twee seuns se studies is ook nou daar mee heen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.