Daily Maverick pos Jacques Pauw

Branko Brkic. (Foto: Twitter)

Die Daily Maverick het om verskoning gevra vir die publikasie van ʼn rubriek deur die joernalis en skrywer Jacques Pauw en bekend gemaak dat Pauw nie meer vir die aanlyn koerant sal skryf nie.

“Pauw sal nie meer deel wees van die Daily Maverick se span bydraers nie,” het Branko Brkic, redakteur van die Daily Maverick, in ʼn redakteursbrief gesê.

Brkic het die Daily Maverick se lesers om verskoning gevra dat verkeerde inligting hulle bereik het en gesê daar sal ʼn hersiening oor die voorval gedoen word. Hulle sal poog om hul redaksionele prosesse verder te verskerp.

“Ons by die Daily Maverick poog altyd om vir jou die waarheid te vertel na die beste van ons vermoëns. Hierdie keer het ek jou in die steek gelaat, en daarvoor vra ek onvoorwaardelik om verskoning.”

Pauw het ook vroeër die week om verskoning gevra vir sy optrede nadat hy by die V&A Waterfront in Kaapstad in hegtenis geneem is en die rubriek wat hy daaroor geskryf het.

Jacques Pauw. (Foto: ANA)

In die rubriek wat Pauw vir Daily Maverick geskryf het en wat Vrydag verskyn het, het hy vertel van die “vernedering” wat hy moes verduur en die haglike omstandighede waarin hy glo aangehou is. Pauw is op 6 Februarie in hegtenis geneem kort nadat hy saam met nog ʼn persoon by ʼn restaurant by die Waterfront geëet het. Hy het geld by ʼn kitsbank probeer trek om sy rekening by die restaurant te betaal nadat sy kredietkaart glo nie wou werk nie.

Volgens Pauw het hy die aand te veel gedrink en was sy geheue vaag. Hy het Maandag met die restauranteienaar en ʼn bestuurslid van die Waterfront vergader. “Hulle het vir my sekere feite uitgewys en verduidelik. Ek het verkeerd opgetree en wil om verskoning vra vir my gedrag.”

Pauw het ook om verskoning gevra aan Daily Maverick en dié se redakteur vir die verkeerde weergawe van gebeure in die rubriek wat hy geskryf het.

“Ek het die artikel geskryf omdat ek emosioneel, kwaad en verneder was weens die hele ervaring. By nadenke en bykomende bewyse wat aan my verskaf is, het ek besef dat daar foute in my artikel is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries ·

Is dit REGTIG so n groot misdaad. Daagliks skryf die Maverick rubrieke waar die geloofwaardigheid bevraag teken kan word. Veral as hulle oor Trump skryf

MakersMark ·

DM eintlik ‘n poniekoerant. Sensasie soekend. Laat een Afrikaner ‘n fout maak waarvoor hy omverskoning vra en hy word gepos. Ander burgers maak wat hul wil en word bevorder en meer betaal.

Susan ·

Afrkaners (sommige) is darem vreeslik kleinserig, né! Ek is ook een….maar ‘n trotse een sonder ‘n dun vel!

Vrijburger ·

Eersten, kudos omdat jy erken jy het ‘n fout gemaak en dit dan regstel.
Tweedens, net dalk ons ‘n stukkie hier van die arogansie, onaantasbaarheid, meerderwaardigheid van hedendaagse ‘joernaliste’ deur.

dada ·

Wys jou net, moenie iets skryf of post wanneer jy kwaad is nie want dit kan jou skade berokken

Misky ·

Ek dink dis darem bietjie ekstreem….. is dit werklik nou so erg dat die man sy werk moes verloor. Ek is inelkgeval nie `n DM voorstander nie

Sokrates ·

No good (Afrikaner) deed will go unpunished….. Daily Maverick se optrede is buitensporig kras en gooi die kind saam met die badwater uit. Ons sal dophou hoe julle met ander handel……

Blikkies ·

Brandewyn het nie Brieke nie…………Ek lees in elk geval nie daai koerant nie, vertrou niks wat hulle se nie.

Jedi Knight ·

Jacques, sê die volgende aan DM.
Good riddance to bad rubbish.

Susan ·

Ek dink die DM redakteur het heeltemal korrek opgtree. Regtig? Mnr Pauw ‘n Afrikaner? Nie my indruk nie….
Ek het groot waardering vir DM se toewyding om sover moontlik in hul nuusberigte die waarheid weer te gee. Hul opinierubrieke is natuurlik nét dit: opinies van individue, waarmee mens kan saamstem of verwerp. Ek geniet DM net soveel soos Maroela, al stem ek nie saam met alles wat geskryf word.nie. Daar is sommige kommentators wat ek gewoon net ignoreer.

Anoniem ·

Weet nie hoekom, maar ek kon nooit ‘vat’ aan die Pauw kry nie.

Annatjie ·

Mense in glashuise moenie met klippe gooi nie. Pauw is gemerk as hy ‘n voet verkeerd sit gaan hy die gevolge dra

Mrs H ·

Ek is seker baie wat onnodig gearresteer was kan vereenselwig met hom en daarom heeltemal reg om daaroor te skryf, asook die waarheid van haglike omstandighede. Wat is dan verkeerd daarmee?!?!??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.