ʼn Reënbui het groot skade by die kantoor van die openbare beskermer (OB) in Pretoria veroorsaak.
Cleopatra Mosana, woordvoerder van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê ʼn swaar reënbui wat Maandagaand oor Lynnwood uitgebreek het, het veroorsaak dat ʼn gedeelte van die gebou se dak ineengestort het.
“Buiten skade aan die struktuur is verskeie dokumente wat vir ondersoeke geberg word, beskadig. Die dokumente is darem nie verwoes nie en sal gered kan word, aangesien dit net waterskade opgedoen het.”
Niemand is tydens die ineenstorting beseer nie.
Mosana het gesê die ineenstorting word toegeskryf aan ʼn gebrek aan onderhoud deur die departement van openbare werke.
“Mnr. Themba Dlamini, ons uitvoerende hoof, het al verskeie kere vantevore die onderhoudprobleme by dié departement aangemeld, maar daar is niks daaraan gedoen nie.”
Sy het gesê Dlamini gaan opnuut druk op die departement plaas om die probleem aan te spreek.
Die presiese omvang van die skade moet nog bereken word.
Mmmmmm Ja, spreekwoordelik, alles tuimel inmekaar.
Van ‘n rots na ‘n hoop rommel . Dis al wat van die land oorgebly het.
Het die departement van openbare werke enige bestaansreg? Elke departement kan mos self na sy onderhoud omsien, dan is daar ook minder geld vir tenderpreneurs.
Heel simbolies sou ek se…….
Ja, die hele OB kantoor stort ineen. Sy sal ook tronk toe gaan wanneer geregtigheid gaan terugkom.
Daar neem jy die woorde uit my mond… die simboliek skeeu met n luide stem.
Onderhoud van geboue, paaie, hospitale, damme en so kan mens aangaan, is iets wat nie in die regering se woordeskat bestaan nie!!!
Inteendeel dink ek die woord is uit die woordeboek verwyder want dit beteken iemand sal die belasting betalers se geld moet spandeer op noodsaaklike goed vir die land.
hoekom staan die leërs steeds in dose op die vloer? ek is seker sy het laat oor meubeleer. kon daar nie bergingskabinette ook ingesit word nie? dit is immers n kantoor.
Liasering is agter.
Ek ruik n haas. Is daar ander geboue ook beskadig. Of net toevallig ….. bloot toevallig die kantoor waar waadevolle leërs is. Sou wat wou gee om te weet wie se leërs dit is. Ek kan net raai .
A sure omen. The sky is falling! the sky is falling! (old nursery rhyme).
Instandhouding is nie iets waaraan die regering hul gesteur het vir jare en jare nie. Hul het ‘n goed versorgde land gekry, en gedink dit het maar vanself so geraak en sal vir altyd so bly…..