Dak stort ineen by Pta-winkelsentrum

Die restaurant by Menlyn Maine nadat die dak ineengestort het. Foto: Facebook

Een persoon is ernstig beseer toe ‘n gedeelte van die dak van ʼn restaurant by ʼn bekende Pretoriase winkelsentrum Vrydagmiddag ineengestort het.

Volgens inligting van die Hi Risk Medical Unit is paramedici saam met lede van die Tshwane-brandweer omstreeks 12:30 na die Menlyn Maine-winkelsentrum in die ooste van die stad ontbied. Daar het hulle gevind dat een van die restaurante se dak gedeeltelik ineengestort het.

Een persoon het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat die persoon na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

ʼn Woordvoerder van Menlyn Maine het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar nie onmiddellik meer inligting bekendgemaak nie. Die woordvoerder het gesê ʼn verklaring oor die voorval sal binnekort uitgereik word.

Dit is nie duidelik of die ineenstorting van die dak verband hou met die ononderbroke reën wat al sedert gister oor groot dele van Gauteng val nie. Die reën het reeds chaos in Pretoria veroorsaak met talle laagwater brûe wat oorspoel is, twee reusesinkgate wat ingeval het en inwoners van Pienaarspoort wat hul blyplekke moes verlaat toe hul plakkershutte oorstroom is.

Die toneel by Menlyn Maine. Foto: Hi Risk Unit via Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lio ·

Ken daai restaurant…die is van bouwerk wat afgejaag word om vinniger oop te maak.

Conrad ·

Dit is wat gebeur as kwalifikasies en ondervinding oorgesien wor om te voldoen aan die euwel van diskriminasie agv beee ( voorkeur aan n persoon oor die kleur van sy vel)

Osie ·

Nee Lio, dit het niks met die bouwerk of reen te doen nie. ‘n slim werker het die ‘planters’ op die dak bo tashas skoongemaak en al die grond op die ‘skylight’ gegooi. Die gewig vd grond het die glas gebreek….

gary ·

Dis nie die reen nie of swak bouwerk nie. Dis was herstelwerk aan die bo kant wat die glaspaneel laat kraak het.

Conrad ·

Kom ek stel dit dan so kyk wie was die persoon in beheer van die konstruksie, doen n kwalifikasie audit dan kan ons self die afleiding maak ek hoop net nie die beseerdes los dit daar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.