Daling in brandstofprys verwag

fuel-price-increase1Die pryse van beide petrol en diesel behoort op 4 Junie weer te daal.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê weens ʼn gunstiger rand/dollar-wisselkoers en ietwat laer internasionale petroleumprodukpryse kan die kleinhandelprys van petrol met sowat 17c per liter daal, en die groothandelprys met dieselfde bedrag.

Joubert sê daar is tans ʼn tydelike leiheffing (slate levy) van ongeveer 7c per liter op brandstof. “Indien dit ook vir Junie deur die departement van energie geskrap word, kan brandstofpryse altesaam met ongeveer 24c per liter daal.

“Dit sal pryse terugbring tot Februarie 2014 se vlakke, maar dit sal ná die daling steeds sowat 13% hoër wees as die pryse wat ʼn jaar gelede gegeld het,” sê Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Conrad ·

Peter, onthou ‘n seker gedeelte gaan mos vir die petrol joggies…

Peter Says ·

Conrad, netso, ons betaal hulle salaris. Daar kan gerus weggedoen word met die joggies, elders in die wereld tap jy jou eie brandstof. In die verlede het ek so n ou fooitjie bygelas vir goeie diens, nou kry hulle niks meer by my nie.

Paul ·

Peter, jy verwys na die een spesifieke verhoging in die gedeelte van die prys wat na kleinhandelaars gaan. Dit het eenmaal gebeur, en nou haak dit blykbaar in almal se koppe vas.
Kleinhandelaars van petrol kry tans presies R1,391 vir elke liter petrol wat hulle verkoop. Dis ‘n vaste bedrag per liter, en verander nie as die prys normaalweg verander nie – dis nie ‘n persentasie nie.

Uit hierdie R1,391 moet die huur van die perseel, die elektrisiteit, die instandhouding, die personneel (insluitend die petroljoggies) ensovoorts alles betaal word.

Hierdie inligting is alles vryelik op die internet beskikbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.