Daling in brandstofprys aangekondig

Argieffoto

Die departement van energie se aankondiging Saterdag dat brandstofpryse op Woensdag 5 April sal daal, is welkome nuus vir motoriste so kort voor die Paasnaweek.

Die prys van 95-oktaan petrol sal met 24c per liter daal, terwyl verbruikers 22c per liter minder sal betaal vir 93-oktaan petrol. Die prys vir alle grade diesel sal met 10,5c daal en die prys van parrafien met 48,5c per liter. Die prys van gas sal met R1,01 per kilogram daal.

Die departement van energie het in ʼn verklaring gesê die daling kan onder meer toegeskryf word aan ʼn daling in die gemiddelde prys van Brent-ruolie, wat van $55,15 per vat na $51,52 per vat gedaal het. Die rand het ook intussen van R13,28 verlede maand na R12,90 teenoor die dollar versterk.

ʼn Verhoogde brandstofheffing van 30c per liter en padongelukkefondsheffing van 9c per liter sal ook vanaf April geïmplemteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Juan ·

As ek die ding so kyk gaan dit dan in Mei met meer as ń Rand op a.g.v die Zupta debakel wat die R/$ in sy dinges in gaan laat val ai!

TM ·

So tegnies gaan die petrol op met 8c en ons betaal nie minder nie, want 30c heffing minus 22c verlaging laat ons meer betaal. So niks om oor opgewonde te raak nie.

jaco ·

die ANC kla gou oor wit op swart rassisme. Hulle behoort ook die wit regerings van Europa en Noord-Amerika van rassisme te beskuldig, want elke keer as daar die geringste “hicup” in ‘n nie-wit derde wêreld land se regering en politiek is, kom daardie wit regerings om met allerhande “strafmaatreëls” soos om daardie lande se geldeenhede net verder waarde teen die dollar en die euro te laat verloor. Ek praat nie al die nonsens van ons regering goed nie, maar dink daardie wit regerings van daardie ryk wit lande ooit aan hoe hulle manipulering van die wisselkoers tot uitsluitlik hulle voordeel, die gewone mense in derde wêreldlande benadeel?

Cherokee ·

Jaco, weet jy dan nie waarom die wisselkoers gemanipuleer word nie? Indien jy in een van die groot Westerse lande gewoon het of in die Amerikas en jy het ‘n bank bestuur van wie daar groot beleggings in Suid Afrika was, sou jy nie ook as gevolg van Zuma se narrespel die beleggings onttrek het ter wille van veiligheid vir die bankkliënte sefinansies? Of anders gestel, as jy een van daardie banke se kliënte was en groot geld belê het, sou jy nie ook van jou portefeuljebestuurder verwag het om jou geld uit Suid Afrika te onttrek nie? Dìt is hoe hierdie dinge gebeur Jaco. Portefeuljebestuurders sit by rekenaars en kyk wat gaan aan met geldsake oor die wêreld en wanneer ‘n risiko opduik word geld onttrek en wanneer ‘n geleentheid opduik word geld belê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.