Daling in brandstofprys verwag

(Foto: Maroela Media)

Die prys van petrol en diesel daal na verwagting volgende maand, hoewel ʼn effense styging in die prys van paraffien voorspel word.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel ʼn daling van tussen 14 sent en 17 sent per liter in die prys van petrol, terwyl diesel na verwagting in November 20 sent minder gaan kos.

Die AA grond sy vooruitskattings op ongeouditeerde data van die sentrale energiefonds.

Die prys van paraffien gaan na verwagting met sowat vyf sent per liter styg.

“In Oktober het ons tot dusver gesien dat die rand-dollar-wisselkoers en internasionale oliepryse in Suid-Afrika se guns werk,” sê die AA.

Die rand het aan die begin van Oktober teen sowat R16,70 teen die dollar verhandel en staan nou op R16,55 teen die dollar.

Die AA sê ten spyte van skommelinge in internasionale oliepryse, is basiese brandstofpryse effens laer.

Volgens die vereniging lyk dit of daar nou meer bestendigheid na die bedryf terugkeer terwyl wêreldmarkte stadigaan begin herstel.

Die AA sê alle faktore werk hopelik teen die einde van die maand saam om broodnodige verligting vir brandstofgebruikers te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.