Daling in brandstofpryse aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste begin September op ʼn goeie noot nadat die departement van energie Vrydag bekend gemaak het brandstofpryse daal vandeesmaand.

Die departement het in ʼn verklaring bevestig alle soorte brandstof se pryse sal van Woensdag af laer wees. Die prys van 95- en 93-oktaan petrol sal met 18c per liter daal. Die groothandelprys van diesel, met ʼn swaelinhoud van 0,05%, sal met 48c per liter daal en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005%, met 49c per liter.

Paraffien sal 47c per liter minder kos en LP Gas 9c per kg minder.

Volgens die departement kan die daling onder meer toegeskryf word aan die rand se versterking teen die dollar vergeleke met die vorige oorsigtydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Daling kon meer gewees het as iemand ….net sy mond wil TOE hou asb !

Bekommerde Suid-Afrkkaner ·

Nee regtig kospryse is nou heeltemal uit koers.Mense moet begin dink voor hul praat.

jaco ·

Die prys het op verkiesingsdag met R1 gedaal in die hoop dat almal ANC sou stem. So ek het gedink dit sou nou weer met R2 styg om die kiesers te straf vir die ANC se swak vertoning.

Andre K ·

Geniet gerus die verlaging maar spaar daardie paar sente vir volgende maand se verhoging agv die herstel van die olieprys en die veswakking van die Rand.

snoefie ·

dit kon 80c n liter genees het. maar nou ja, toe slaan die ringkoppe van die anc mos weer die RAND met n plank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.