Daling in brandstofpryse aangekondig

petrolpomp 2

Argieffoto.

Motoriste kan ʼn effense sug van verligting slaak nadat dit bekend gemaak is dat brandstofpryse van Woensdag af daal.

Die prys van petrol, 95- en 93-oktaan, sal van Woensdag af met 99c per liter daal, terwyl die groothandelprys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 74c per liter daal en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 41c per liter.

Die prys van paraffien sal 66c per liter minder kos en LP Gas R1,60 per kg minder. Volgens die departement van energie kan die daling toegeskryf word aan die daling in die internasionale olieprys, sowel as die versterking van die rand teen die dollar.

Die prys van petrol (93-oktaan) het vroeër vandeesmaand met 11c per liter gestyg, terwyl en 95-oktaan met 8c per liter gestyg het. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% het met 42c per liter gestyg, terwyl diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 41c per liter gestyg het.

Die prys van paraffien het vroeër die maand met 43c per liter gestyg en LP Gas met 12c per kg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hendrik ·

Uitstekende nuus hoop voedsel pryse gaan ook die verlaging reflekteer

Maddox ·

Ja, en volgende maand na die verkiesing gaan dit op met R2-00 per liter…..Hoewel die rand verstewig het , en die olie prys verlaag het weet ons mos nou almal teen die tyd dat dit net ‘n politieke skuif is.

P. Buizer ·

Maddox, ek stem heeltemal met jou saam. Ek het aan my vrou al ‘n week gelede gesê dat ons ‘n groot prysverlaging in petrol kan verwag. En wie moet jy bedank ? Showerhead en die ANC.
Net jammer dat woensdag die pompe miskien droog sal staan…………………

RC ·

Ek stem saam, ‘n rukkie gelede is dit opgegaan en nou skielik op verkiesings dag kom dit af na 99c per liter vir petrol. Snaaks nê?

Paul ·

Ai julle mense ook darem… Die pryse word bepaal volgens ‘n openbaar gepubliseerde formule. Dis nie een of ander komplot nie. As julle dit ook nog nie besef het nie – dit verander ALTYD op die eerste Woensdag van die maand, so dat dit op die verkiesingsdag verander, is bloot toevallig.

En RC, dalk moet jy weer lees – dit kom nie af na 99c per liter petrol nie – die prys daal MET 99c per liter.

Hasie ·

Jy is reg Maddox, hierdie is net ‘n verkiesingsfoefie van die anz.

Inmeng ·

Wat is die moontlikheid dat hierdie petrolstaking so deur die ANC beplan is dat petrol opdroog teen stemdag? Ons weet almal dat die ANC steun op die landelike ongeletterdes wat inelkgeval nie karre het nie en ongesteurd kan loop om te stem terwyl die gemiddelde DA ondersteuner wel deur petroltekort geraak kan word. Is dit dalk wat die plan is van die ANC?

Chris Ws ·

Nico Strydom daar ‘n foutjie met die prys van diesel met ‘n swael inhoud van 0,005% – die daling is 73c per liter en nie 41c nie hoor!!
Ons is erg dankbaar vir elke daling in die brandstof pryse en hierdie een is nie sleg nie.

Johann Marx ·

Eendag lank gelede was daar ‘n regering wat verstaan het dat ‘n stabiele ekonomie rus op vasgestelde insetkoste….waarvan brandstof (vervoerkoste) ‘n belangrik aspek is. As ‘n produsent, vervoerkontrakteur, groot-handelaar en klein-handeleer WEET wat die vervoerkoste van produkte is, kan hulle meer kompeterend wees en met kleiner winsgrense werk….tot voordeel van die verbuiker. Hierdie regering het met belasting-geld ‘n egalisasie fonds gehad waarmee onderverhalings verskans is. Hulle het ook ‘n aanleg gebou waar daar brandstof uit steenkool vervaardig is. Maar dit was lang gelede….Nou weet niemand wat volgende maand se “brandstof prys” gaan wees nie, en is ons uitgelewer aan “internasionale oliepryse” en ‘n “wisselende Rand”……dus moet ons “raai” wat vervoer en vervaardigingskostes gaan wees….en “laai” ons alles met 50%…net om seker te maak ons oorleef. En die “verbruiker” (lees belastingbetaler) byt die spit af…..

Paul ·

Johann, waarom wag jy dan vir die regering om die prys “vas” te maak? Jy kan dit mos self doen.
Besluit: “Van vandag af maak ek die prys van ‘n liter petrol “vas” op R15 per liter.”
Wat jy dan doen is, as jy 50 liter ingooi en die prys op die pomp is R12,50 per liter, dan vat jy die verskil tussen R12,50 en R15 (dis R2,50) en jy maal dit met die getal liters (50), dit gee R125,00 en jy vat daai R125 en jy spaar dit apart. Dan maak jy elke keer so. Teen die tyd dat die prys van petrol in werklikheid meer as R15 per liter word, sal jy al ‘n aardige bedraggie gespaar het. Dan, wanneer die prys op die pomp R16 is, dan kan jy steeds R15 betaal, want dan gebruik jy daardie spaargeld.
Jy kan dit mos self doen – hoekom vir die regering wag om die prys “vas” te maak. Komaan.

Lh ·

Ag asb. almal weet mos lankal hoe dit werk. Branstofprys styg, vervoerkoste styg, alles se pryse styg dus. Dan kom prysverlaging in brandstof, vervoerkoste bly dieselfde en lewenskoste bly onveranderd. Dan styg branstof weer…………..en die hele proses herhaal homself. Brandstofpryse wat afkom beteken n absolute ronde nul, al die ander verhogings het lewenskostes reeds nou al jare vooruit verhoog.

Fransie Rowles ·

Sjoe soveel goedkoper!! Net jammer daar is nie brandstof beskikbaar nie…. piesangrepubliek.

Edward ·

Petrol op 11c, diesel 42c laas maand. Nou petrol af 99c, diesel 41c. Petrol dus 88c af maar diesel basies dieselfde. Snaakse scenario.

Eddie ·

N vraag deur n leek – Wat is die verskil in diesel se swaelinhoud, wie gebruik watter diesel.

Popeye ·

Eddie, ek gaan so verduidelik: ek het twee Diesel voertuie. ‘ n ou diesel voertuig sonder ‘n turbo en ek het ‘n gesofistikeerde nuwe turbo diesel voertuig wat ook slim elektronika het. My ou voertuig gaan heel goed met diesel van 0.05% swaelinhoud asook 0.005% loop. My nuwe gesofistikeerde voertuig met partikel hersirkulering (dink aan dit as ‘n filter) gaan eerder van diesel van 0.005% hou want 0.05% diesel gaan daai filter baie vinniger laat blok en verstop en ek gaan swart rookwolke agterlaat, nie goed vir die planeet nie. Die swael in diesel het buiten ‘n “smering” funkie ongelukkig ook ‘n besoedeling effek met ontbranding. Moderne diesels is so goed gebou dat hulle met minder swael kan werk. Die proses om die swael minder te maak is ook duurder aldus hoer prys maar ook minder besoedeling. Groete!

Ouma mix ·

Ja nee ek stem dis net n politieke foefie kyk die begin aug dan gaan die petrol dubbel op iemand sorg vir sy eie sak en raak skatryk deur die petrol prys

CL ·

Om ons het geen vulstasie brandstof nie (Pretoria Oos). Ek is meer bekommerd oor hoe vinnig daar niks is as wat ek verlig is oor die prys. Is dit net ek wat ‘n slegte gevoel het?

Inmeng ·

Julle sien, die nie-ANC areas hardloop eerste leeg en hulle gaan dalk nie stembus toe kan ry nie. Mooi beplan.

Paul ·

Dis weens die staking by die raffinaderye. Nou het mense almal paniekerig vulstasie toe gejaag en volgemaak, met die gevolg dat die vulstasies sonder brandstof sit.

Paul ·

As jy oplettend is, sal jy besef dat die pryse ALTYD slegs op die eerste Woensdag van elke maand verander.
Maar ek moet seker nie nou ‘n goeie storie met feite bederf nie.

abc ·

Paul, lyk my jy verduidelik verniet LOL. Lees die ander net die eerste kommentaar of wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.