Daling in brandstofpryse bring effense verligting

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Die petrolprys sal Woensdag met R1,32 per liter daal, terwyl diesel 88c goedkoper sal wees.

Dit beteken dat motoriste van môre af R25,42 per liter in Gauteng en R24,77 aan die kus sal betaal.

Dit is die grootste daling in die petrolprys sedert Mei vanjaar.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het in die aankondiging oor die brandstofpryse ook aangedui dat die tydelike verligting van 75c Dinsdag [vandag] tot ʼn einde kom.

Maroela Media het vroeër berig dat die brandstofheffing die afgelope vier maande verminder is om verligting aan motoriste te probeer bied te midde van skerp stygings in brandstofpryse.

In April, Mei en Junie was daar R1,50-verligting in die algemene brandstofheffing. Dit is in Julie tot 75c gehalveer en val Dinsdag weg wanneer die nuwe brandstofpryse op 3 Augustus van krag word.

Die departement het ook aangekondig dat paraffien met R1,44 sal daal.

Die vakbond Uasa sê die daling bring tog ʼn mate van vreugde aan motoriste wat hul begrotings oor die afgelope maande aansienlik moes aanpas om kop bo water te midde van stygende lewenskoste te hou. Diegene wat op paraffien staatmaak om hul gesinne warm en gevoed te hou, sal dit ook in Augustus makliker kan doen.

“Die algemene lewenskoste het in Julie veral ʼn uitdaging geword toe die brandstofprys die R25-merk oorskry het. Die verbruikersprysindeks het boonop onthul dat verbruikers onder geweldige druk is. Om verder sout in die wonde te vryf het die monetêre beleidskomitee ook rentekoerse opgestoot, wat ʼn swaarder las op werkers met huislenings en ander skuld geplaas het,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê.

“Uasa moedig die regering aan om sy hersiening van die brandstofheffing (ongeveer 20% van die handelsprys), die padongelukkefondsheffing (sowat 11%) en ander faktore wat die brandstofprys opstoot, te bespoedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Miena ·

Dus; as die petrol weer styg – dan gaan die 75c weer ingereken word?

Maritza ·

En hulle verwag ons moet juig! Volgende maand gaan dit weer met R2 op.

Willem ·

Dink hulle nou rerig dis goeie nuus? Hulle kan dit netsowel gelos het.

SwartBees ·

Die probleem is dat die daling in prys n versteekte agenda het.

Waarnemer ·

Die prys van brandstof sal eers werklik daal as die ministers hul eie geld moet gebruik om hul voertuie te vul….solank die staats geld daarvoor gebruik word voel mantasge n veer……en die taxis sal nooit weer staak oor die prys van brandstof nie want hulle word gesubsidieer deur die staat.

Jaco ·

SA kies so min of meer Rusland se kant in die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne. Dan kan SA mos goedkoop olie vanaf Rusland invoer.

Hendrik ·

Rusland olie het baie hoe swael inhoud en SA raffinadery is mos nou toegemaak . Maatskappy soos Shell, Mobil ens stel net nie belang om raffinadery in SA te moderniseer nie agv die ANC se oor regulering van die brandstof mark.

SwartBees ·

R1 af en dan weer R5 op volgende keer. Wie kry eintlik verligting?

Annamarie ·

R 1.32 sent en 88 sent !! Is dit n Daling?? Nice one, try for better!!

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit besighede en veral wit boere met dié styging van die petrolprys moet seerkry/toemaak/bankrot speel. Dis fine. Dis seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. En dis darem beter as strafkampe. Maar wat ek nie verstaan nie, is dat die ANC blykbaar nie omgee dat hulle eie mense ook seerkry nie. Swart werkers van dié “rassistiese” wit besighede en boere gaan mos ook hulle werk en inkomste verloor, alhoewel hulle nie nodig het om ook vir apartheid gestraf te word nie. En daars tog swart besighede en selfs etlike swart kommersiële boere ook. BEE kom mos al ‘n lang pad. Waarom moet hulle dan nou ook seerkry? En dan ook, waarom kom dié swart werkloses en swart besighede wat nou swaarkry nie in opstand nie? Al betogings wat ek sien is teen swak munisipale dienslewering.

twaalfboor ·

So…… almal wat altyd so jaag om te gaan volmaak, doen so voor Woensdag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.