Daling in repokoers ʼn verligting vir eiendomsmark

Argieffoto (Foto: Schluesseldienst/Pixabay)

ʼn Daling van 25 basispunte op rentekoerse deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank word deur die land se eiendomsbedryf verwelkom, meen Mike Greeff, uitvoerende hoof van Greeff Christie’s International Real Estate.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdag die aankondiging gemaak. Die besluit is geneem ná vandeesweek se vergadering van die monetêre beleidskomitee. Die koers staan nou op 6,25%.

“Die SARB het die repokoers verlaag en dit is ʼn welkome skuif vir die eiendomsmark. Tesame met inflasie wat tans laer is as verlede jaar hierdie tyd, moet diegene wat verbande afbetaal, ʼn groot poging aanwend om elke maand steeds dieselfde paaiement te bly betaal, en selfs ʼn bietjie meer, om seker te maak hulle spaar op rente en moontlik ook die uiteindelike terugbetalingsperiode,” het Greeff verduidelik.

Die laer repokoers beteken ook dat banke moontlik meer toegeeflik sal wees wanneer verbande toegestaan word, het hy bygevoeg. Die bedryf skuif dus na ʼn kopersmark.

“Diegene wat graag wil belê in eiendom om dit te verhuur, sal goed vaar om nou eiendom te koop, aangesien huurinkomste kan help om die rentegedeelte van die verband af te betaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

aj ·

Wié by sy volle positiewe wil eiendom koop in hierdie derde wêreldse misdaadnes van die ANC?

Die beskaafde wêreld is wyd oop vir beleggers in eiendom.

bj ·

Nie te gemaklik sug nie. Ek voorspel dit gaan ge ewenaar raak as korrupte staat direk geld vat deur BTW weer te verhoog die jaar. Iemand moet hul bonusse betaal einde van jaar

Cherokee ·

My sug is nie van verligting maar teleurstelling omdat eiendomspryse rockbottom bly. In ‘n eerste wêreld land sou dit beleggerswaarde bewys.

Bolandse meisie ·

Gesug van verligting toe ons uiteindelik ons eiendom in die Paarl verkoop gekry het. Vertrou niks in SA meer nie, wou net so gou moontlik kapitaal uit eiendomsmark kry.

Nita ·

Dis nou alles goed en wel vir mense qat nog werk en wil koop, koop,koop. Nou is jy n tagtigjarige pensionaris wat jou rente op jou belegginkie benodig om te oorleef. Alles word duurder en jou rente inkomste krimp. Wat nou????

DG ·

Die staats en persoonlike skuldvlakke is reeds ongelooflik hoog en heeltemal buite beheer in die land. Nou gaan daar net nog meer skuld gemaak word. Inflasie sal maar net weer toeneem met die verwagte bo-inflasie verhogings wat in die pyplyn is. Die Regering het geen idee hoe, en ‘n wil om die land se ekonomiese verknorsing aan te spreek nie. Die SARB sal maar net kort voor lank weer verplig word om die rentekooers te verhoog. Nieteenstaande die skrif wat aan die muur is sal die vakbonde en n paar ekonome soos Rentekoors Roelof dan ook maar weer gal braak teenoor die SARB, wat gelukkig nog gesteun en na waarde geag word deur die oorgrote meerderheid van heldersiende ekonome. Ons geld is reeds niks werd nie en om nou skuld te maak in hierdie land is ‘n resep vir verdere verarming .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.