Dalk einde van Puk-karakter

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

AfriForum Jeug se Puk-tak het sy misnoeë uitgespreek met betrekking tot die besluit van die raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) om die embleem van al drie kampusse van die universiteit na ’n unitêre pers kleur te verander.

Die woord “Pukke” gaan ook nie meer deel vorm van die Potchefstroomkampus se handelsmerk nie. Dít volg na afloop van ’n handelsmerkkonsultasieproses waartydens die NWU-raad op dié nuwe korporatiewe identiteit besluit het.

Die raad wou aanvanklik die handelsmerk eensydig verander, maar ná groot ontevredenheid onder studente en alumni, is daar besluit om belanghebbendes vir een van drie moontlike handelsmerke te laat stem. Die universiteitsraad het erken dat die pers handelsmerk die tweede keuse was ingevolge die konsultasieproses. Volgens die studenteraad het die oorgrote meerderheid van 11 000 deelnemers die handelsmerk gekies wat groen, blou en maroen bevat.

“Die raad het egter hierdie stemming geminag en steeds voortgegaan om pers te kies,” het J.P. Nel, voorsiter van AfriForum Jeug se Puk-tak, in ʼn verklaring gesê. “Dit veroorsaak ’n vertrouensbreuk tussen studente en alumni, en die universiteitsraad. Ons het vandag ’n skrywe aan die raad gerig om onder meer uit te vind of die konsultasieproses bloot ’n rookskerm was om belanghebbendes gerus te stel. Dit is ’n kwessie wat studente en alumni direk raak. Waarom het hulle ons opinies gevra indien hulle in elk geval net voortgaan met hul oorspronklike besluit?”

Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder van kampusstrukture, het bygevoeg die kampusbestuur moet versigtig wees vir die vervreemding van huidige en voornemende studente. “Dit kan enorme skade tot die bekende handelsmerk en identiteit van die Puk-kampus veroorsaak.”

Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, het gesê die universiteitsraad moenie voornemende studente mislei met die idee dat hulle op die Puk gaan studeer nie, “want dit is duidelik dat hierdie 148 jaar oue handelsmerk tot ’n einde gekom het”.

AfriForum Jeug moedig ondersteuners aan om ʼn petisie te teken om te verseker dat die Puk se identiteit behoue bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Cherokee ·

Die NWU-raad het nagelaat om te verduidelik dat die pers dien as huldeblyk aan die jong meisies wat hulself pers geverf het en daaroor vervolg is. Dit dien dus ‘n goeie doel.

Carlo Wright ·

Cherokee, in die lig van jou verduideliking kan dit tóg ‘n goeie doel dien. Daar is egter ‘n aantal vrae waarby nie verby gekom kan word nie, naamlik:
1. Waarom het die meisies hulle pers geverf?
2. Het die radikale aksie die gewenste uitwerking gehad?
3. Wat is die gronde vir hulle vervolging dan?
4. Regverdig die verering van hierdie aksie die trouensbreuk wat dit tot gevolg het?

Dit is ‘n tendens om sekere (dikwels geldige) standpunte te lug deur radikale optrede. Maar die vraag staan: Tot wie se voordeel? Waarom die aandag op só ‘n manier op ‘n standpunt vestig? Sou dit nie meer gepas wees om – siende dat die universiteit ‘n akademiese instansie is – die betrokke kwessie op die basis van ‘n oop gesprekvoering aan te spreek nie?

Die rede vir my vrae is omdat die optrede wat hier vereer word nie alleen meer as 100 jaar se geskiedenis in die wiele te ry nie, maar ook skep dit ‘n president vir enige persoon of groepering wat hul stem wil laat hoor om die besluit van die raad te gebruik as gronde vir regverdiging. Nie alleen dít nie, maar ook stel dit die deur oop dat daar geëis kan word dat selfs ‘n minderheidsiening tot onderskrywing deur die raad verhef moet word.

Is dit verkeerd om in die geskiedenis sowel as die toekoms te kyk terwyl ek my beskeie mening uitspreek?

Kom ons stel hierdie saak oop vir ‘n debatvoering.

Groete.

Carlo Wright

Eish ·

Mag Afriforum jeug kerm en krap tot hul stertvere uitval.
Indien hul nie meer Pukke is nie, kan die publiek seker voorstelle maak vir n nuwe benamings?
Ek sal graag ietsie wil voorstel wat gaan met pers:
Stukke – verwysend na die skreiende veronagsaming van belanghebbendes.
Klokke – verwysend na die dorp se Afrikanaam Tlokwe.
Stokke – verwysend na die Tswana meerderheid in die provinie se tradisionele wapentuig.
Bokke – verwysend na die hoë prestasie sportsentrum.
Nukke – verwysend na die halstarrige universiteitsbestuur.
Brieke – verwysend na die alkoholiese konsumpsie van studente.

Blondie ·

En so kom alles wat betekenisvol, histories en karaktervol is, tot ‘n einde in hierdie land. RSA verdien sy rommelstatus!

andrea van vuren ·

Ek verstaan ook nou hoekom hulle Totius se standbeeld destyds verwyder het. Nog ‘n bastion het geval…

Demokrasie ·

Dis mos ‘demokrasie’: Daar waar die minderheid ook toegelaat word om deel te hê/neem aan hulle eie ondergang.

Our puk ·

As die raad waag skeeftrap sal ek my alumni skenkings oordra na Akademia, dit belowe ek.

Gedane sake ·

Ou puk, ek dink dit is in elkgeval maar tyd. Ons kan nie meer vaskleef aan die verlede nie. Ons moet, soos van ouds, weer bou aan iets nuuts. Gedane sake het geen keer, en gedaan is hulle wel gedaan. Indien nie nou met Puk se embleem, of Tuks se karakter, of Stellenbosch se geskiedenis nie, môre wel op ander maniere.
Ek wil dus ‘n beroep doen op jou, en alumni van ander tradisioneel Afrikaanse Universiteite om dit maar in elkgeval te doen. Hulle mors julle geld op die mees ondenkbare maniere. En julle kinders/kleinkinders en hulle Afrikaanse vriende word onwelkome vreemdelinge op dié kampusse. Dis nou, indien hulle wel die 90+ gemiddelde kry om bv ‘n kans te staan op mediese keuring ens. Andersins, wend die geld aan dat Afriforum/Solidariteit hierdie omgekeerde rassistiese keuringspraktyke kan ondersoek en beveg.

Rooi Jan ·

Dan moet jy dit sommer vandag al doen want die raad het nie net skeefgetrap nie hulle is al toet en al windskerm. So maw demokrasie werk nie vir prof Kgwadi as die stemming teen sy wense gaan nie. Ja nee so is dit met die afrikane as ons nie die nodige stemme kan koop nie maar ons is in beheer dan ignoreer ons sommer die demokrasie.

Le Roux ·

Ek is ‘n oud-Matie en het twee jaar gelede reeds alle bydraes aan die US gestaak. Ek dra nou maandeliks tot die Solidariteit Boufonds by wat gebruik word om Akademia te ondersteun. Ek moedig alle Afrikaners aan om dieselfde te doen.

Pukke ·

Volgens die skrywe van die NWU aan hulle Alumni lede het die Ad Hoc Komitee oor Herstrukturering pers aanbeveel nadat hulle verskeie faktore in ag geneem het, insluitende die resultate van die opname. Gebaseer op die artikel blyk dit om te wees dat die opname nie gewig gedra het nie, dus is dit ‘n vermorsing van tyd om aan so ‘n opname deel te neem.

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Konsultasie met verskillende belangegroepe van die NWU was net een deel van die besluitnemingsproses. Daar is nooit gesê dat dit ‘n referendum was nie. Inteendeel. Dit was dus nie ‘n “demokratiese” proses wat bestuur verplig het om die meerderheidstem te aanvaar nie. Ander belangrike oorwegings moes ook in ag geneem word. Om bestuur en met name prof. Kgwadi van allerlei kwade bedoelings te beskuldig, is dus oningelig en moedswillig.

Reths ·

Wat my betref gaan Afriforum jeug nie meer kan doen as ons baie bekwame SR-Voorsitter en sy lede nie. Ons ondersteun ons SR-Voorsitter, maar verstaan nie eintlik wat het dit met Afriforum te make nie. Pasop dat julle onskuldige studente as ‘n politieke speelbal gebruik.

Verstom ·

Ons is ongelukkig oor die toedrag van sake maar ongelooflik trots op ons SR-Voorsitter wat standpunt ingeneem het. Ek verstaan regtig nie waarom Afriforum betrokke moet wees nie. Ek hoop julle kan eerlik antwoord dat julle nie besig is om onskuldige kinders as ‘n politieke speelbal te gebruik nie.

Veritas ·

So kom alles tot ‘n einde. Waarom gaan krap waar dit nie jeuk nie? Hoekom iets probeer herstel wat nie stukkend is nie? Dit is mos ‘n resep vir chaos. Demokrasie, die wens van die massas, sal net slaag indien die massas oor die vermoë beskik om te kan dink.

Janna ·

Stop onmiddelik alle skenkings aan universiteit as alumni.
Gaan my gelde op beter manier bestee.
Als in die land word net weggevat om ander gelukkig te hou.Ons nasietjie wil mos ander wys ons aan hulle kant en bou n nasie.Grap as jy my vra.
Heil Puk – of laat ek se “HUIL PUK”

Toppie ·

Ek is self ‘n oud Puk, wat nog altyd trots was op my almamater. Die pers gedoente laat my koud en laat my dink dat die klomp wat die besluit geneem het ons almal bedrieg het, wat ‘n skande!!! Vir my sal die PUKKE , die PUKKE van ouds bly. Hierdie “nuwe era” sal ek nie ondersteun nie, ek is klaar met hulle!!!!

Basson ·

Ek het my bande as oud-Alumni ‘n rukkie terug al met my alma-mater PUK, jammer NWU verbreek, dis eintlik baie hartseer.
Enige objetiewe regdenkende persoon kan sien die skrif is REEDS aan die muur. Ek verstaan ook dat die interne kommunikasie beleid vasgestel is op alleenlik Engels. Daar word ook gefrons as iets ‘behoudend’ vooropgestel word, want dan is dit kwansuis teen verandering?
(Dalk sal dit Alumni loon om op grondvlak uit te vind wat aan die gang is op Potch kampus mbt die akademiese (en ‘politieke’?) program, ens ens. Ek het my twee kinders dan ook eerder UP toe gestuur. Ek is bevrees die persepsie van ‘agteruit-boer’ op verskillende vlakke is dalk ‘n werklikheid?)

HEIL DIE RAU JA ·

Hierdie gevoel van verlies van identiteit en tradisie is presies wat menige RAUtjie ervaar het toe RAU ewe skielik UJ word. Weg was ons krete ons tradisies. Weg was RAU. Maar nou ja ons het aanbeweeg en die nuwe UJ get sy eie plekkie geskrop aan die opvoedkindige tafel. Is daar enige iets oor van die ou RAU? Nee ek weet nie kon dit nog nie oor my hart kry om te gaan kyk veral na die auditorium in vlamme opgegaan het. Ons dra maar ons “memories” met ons saam want ons weet dit is vir altyd verby. Wees sterk oud Pukke. Vir julle sal die PUK altyd Pykke bky. HEIL DIE RAU JA

Rudi ·

Dis jammer ja. Dit wat met RAU gebeur het gaan beslis met Pukke gebeur. Die skrif is aan die muur. Dis jammer my kinders sal nooit kon ervaar wat ek by Pukke ervaar het nie. Akademia miskien ons enigste hoop.

bgj van der westhuizen ·

wel mense kan julle dit by die tyd nog nie sien nie hulle sal alles af breuk wat eits beteken vir die wit man wand hulle het niks op gebou nie wat julle geld en gee dit eerder vir oranja dat hulle daar n kampus kan bou waar ons kinders in afikaans kan leer

Hartseer oud PUK ·

Ek het 3 grade and die NWU voltooi. Ek het beplan om ‘n Phd ook daar te gaan doen. Maar my alma mater het my en my volk verraai. Ek sal ook voortaan alle skenkings staak.

Anti Pers ·

Laat hulle die pers kleur gebruik, dit simboliseer die verlies, die begrafnis van die universiteit. Die standaarde op die NWU is in elk geval nie meer wat dit eens was nie. Dosente kom en gaan net wanneer hulle wil. Daar is geen beheer oor hul doen en late nie. Dit is skreiend om te sien wat se salarisse hulle verdien vir niksdoen. G’n wonder dat daar ‘n fees must fall gees onder studente heers nie.

WAKKERWORD ·

DAAR IS net een ding in SA wat praat en dit is GELD. AS julle ongelukkig is met enigiets WEERHOU julle geld. Daar is NIKS wat so vinnig agteruitgaan of mense laat luister soos geld nie. EN tans in SA is mense hardhorend en selfs al onttrek mense hulle hulle geld hou hulle aan met diskriminerende policies. Hou net aan daarmee en gaan ondersteun ander universiteite en instellings .. DWING hulle grond toe. HOU OP om mense en instansies te ondersteun wat teen jou diskrimineer en nie jou waardes respekteer nie. Aanvanklik sal hulle dit oorleef, maar elke jaar wat dit moeiliker gaan gaan alles agteruitgaan tot daar niks is om mee te red nie, totdat daar geen identiteit behalwe chaos en brandende bande is nie. Dit is SA se voorland.

Clem ·

Ja, ongelukkig in die nuwe demokrasie is gesprekke rondom verandering in elk geval net ‘n blatante rookskerm. Die verandering sal soos ‘n stoomroller word ongeag die demokratiese proses. Dit is maar net daar om te weet dat almal in die saak geken is maar dan word die finale besluit outokraties deurgevoer soos in enige sosialistiese bestel! Dis tog maar SA oppad heen is.

Colleen Fourie ·

As die NWU nie luister na wat die studenteraad, oud en nuwe en bestaande studente se menings is nie, wat is die doel van ons n stem gee in die eerste plek. Dan beteken my stem mos niks nie. Ek wil beslis nie by n universiteit studeer wat nie na my mening luister nie. Want as hulle nie na my mening luister nie, gaan hulle ook nie na my probleme luister en dit probeer oplos nie. So wie word ons nuwe mascot?? Barney the Dinosaur??!!!

Snoei ·

AL WAT JULLE DOEN IS OM DIT ‘N TAAL EN RAS DING TE MAAK. Dit is glad nie, dis ‘n manier om die Universiteit te bestuur. Die Kampusse se gees en tradisies gaan bly. Die woord “Puk” gaan nog informeel kan gebruik word. ‘n Naam of kleur bepaal nie die gees en Kultuur van ‘n plek nie. Verander jou familie se manier van doen as jy jou huis verf? Nee. So inplaas daarvan om jou Alumni geld te staak (wat ook baie studente help swot deur te help betaal aan hul studies) werk konstruktief en opbouend en help om die kampus bestuur te ondersteun.

Cacophony ·

Jou kinderlike entoesiasme is wonderlik Snoei maar ongelukkig gaan dit platgevee word deur die realiteite. Die kans dat tradisies en selfs die informele naam PUK gaan bly staan is maar skraal. Gaan vra gerus jou mede studente aan UJ watter van die RAU tradisies het bly staan nadat dit UJ geword het. Sterkte ou beesblaas ek vermoed jy gaan serious disillusions nog meemaak in die nabye toekoms

Puk vs Tuks ·

Goeie dag
Was n Tuks student maar van volgende jaar n Puk student .
En ek sal graag wil weet hoe belangrik word n PUK student se stem geag teenoor Tuks studente , waar tuks bestuur dit nie waag om n voet verkeerd te sit nie anders is studente(tuks) in oproer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.