‘Dalk fase 8, maar nog geen algehele ineenstorting nie’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Foto: Solidariteit)

Solidariteit se lede by Eskom het vir die eerste keer aangedui dat fase 8-beurtkrag ʼn “wesenlike moontlikheid” is.

“Die stelsel is onder ongelooflike druk en indien daar nie vandag ernstige ingrype is nie, kan fase 8 geïmplementeer word,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, op grond van inligting wat vakbondlede met hom gedeel het. “Die moontlikheid van ʼn algehele kragineenstorting is vir nou nog weglaatbaar klein.”

Maroela Media het vroeër berig Isabel Fick, hoofbestuurder by die stelseloperateur, sê die beurtkragskedule en regulasies daaroor word tans in oorleg met die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) hersien en dat daar in dié dokumente na verskillende fases (moontlik ook hoër as fase 8) gekyk sal word. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het egter gesê daar is nie in hierdie stadium ʼn verwagting dat die risiko verder as fase 8 sal gaan nie. “Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat ons nie daardie punt bereik nie.”

Hermann sê Solidariteit se lede op senior vlak se terugvoer is dat die grootste noodsaak in Eskom nou stabiliteit is. |Die raad en ministers moet ophou om op bedryfsvlak in te meng en behoorlike bestuursdissipline moet teruggebring word. Die regering moet ook ophou ramptoestand speel en ingrypende besluite neem.”

Hermann sê die ramptoestand het die politieke teater geword om te wys dat iets ingrypend besluit is, maar niks gebeur nie.

“Die huidige krisis is die aandeelhouer se skuld en die twee ministers betrokke staan tussen Eskom en oplossings. Daar sal ver gevorder word as daar onmiddellik van hul ontslae geraak word.”

Solidariteit meen deel van die ingrypende besluite is om op ʼn dringende basis regulasies af te kondig wat alle struikelblokke uit die weg ruim om op groot skaal privaat krag te kan opwek.

“Behoorlike vergoedingsmodelle en belastingverligting moet aangekondig word. Die privaat sektor moet in staat gestel word om kommersieel te kan tender vir noodkragopwekking. Dit en meer kan binne ʼn week gedoen word en het nie ʼn ramptoestand nodig nie.”

Hermann voeg by waar moontlik moet mense vinniger van die netwerk kom en soveel moontlik self krag opwek.

“Die grootste daad van protes bly om jou eie ding te doen. Ons wil dit nie sê nie, maar versoek mense om voor te berei vir selfs ʼn hoër fase beurtkrag. Ons vra ook dat kragverbruik, veral tydens piektyd spaarsamig verbruik word. Dit sê ons met ʼn bitter gemoed omdat ons almal al oorstrek is met min krag.”

Solidariteit se lede onderneem om, soos met vorige Eskom-krisisse, die ekstra myl die stap. “Hulle is egter self onder ongelooflike druk,” voeg Hermann by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Definitief fase 8. Daar’s hy, nou is die opskrif akkuraat.

57 Chevy ·

Ja nee wat …. “AND SO THRU THE HOUR GLASS ….SO ARE THE DAYS OF OUR LIFES ” . BULL MAN …WE ARE FORCED INTO THIS TIPE OF LIFE . Moet eerder sê ” AND SO THRU THIS HOUR GLASS WE SEE THE END OF CancErs LIFE !!!!! PUNT

Vexed ·

“Like sand through the hourglass, so are the days of our lives”

Owlie ·

Waar n rokie is, is n vuurtie – so het die ou mense altyd gesê maar nee ins land se slim mense glo mos die ou mense is dom.

Solidariteit /Afriforum wat het vsn die experts geword wat sou inkom en wat gebeur met die hofsaak teen die ramptoestand?

Haal die raad, regering en nersa vir n wyle uit eskom uit en doen wat gedoen moet word. Dis baie duidelik dat die mense soos Andre de Ruyter wat weet wat aangaan onderdruk en verstoot word. Cut this crap die publiek betaal vir dienste dus hoort die betalende publiek as die RAAD gesien te word .

kragaap ·

As jy dink AdR het ‘n idee wat aangaan maak jy ‘n groot fout. Nieteenstaande die korrupsie en swak werketiek van die meeste van Eskom se werksmag het hy totaal gefaal in watookal strategie hy probeer volg het. Eskom se primere funksie is die lewering van krag. Totaal gefaal.

Lillian ·

Ag sit sommer als af, permanent dan is dié land nou letterlik in sy maai want dis presies waarop dit afstuur.

Aggie ·

Oppas vir wat jy wens!! Dit sal aaklige gevolge hê. Ons moet liewer wens en bid dat die anc val, noual, of by volgende jaar se verkiesing!

Truman Burbank ·

En dit terwyl SA elektrisiteit aan ten minste sewe Afrika state verkoop? Weet die DA en Solidariteit daarvan? Ek glo so. Want dit is n oop geheim

TruthDealer ·

Om ons kosbare elektrisiteit uit te voer op Hierdie stadium, lyk vir my soos hoogverraad. Ons eie land gaan 100% in duie stort. As jy essentiële bronne/inligting aan ander lande gee, wat veroorsaak dat jou eie land val, is dit mos die definisie van hoogverraad? Daar was op n tyd die doodstraf vir hoogverraad.

TruthDealer ·

Laat ek weer probeer: Onder normale omstandighede is die uitvoer van elektrisiteit Besigheid. Onder die situasie wat ons nou beleef, is die uitvoer van ons kosbare elektrisiteit Hoogverraad. Dit IS die definisie van hoogverraad, of is ek verkeerd? Om in n tyd van nasionale krisis of oorlog, essentiële bronne/inligting aan n ander land te verkoop, en sodoende jou eie land te laat ineenstort, is mos hoogverraad?

Republikein in die Wes Kaap ·

Eskom sal ‘n force majeure moet afkondig, dan kan hulle kraguitvoere staak.

Aggie ·

Gee vir ons die bewyse. Ek glo dit eenvoudig nie! Eskom het glad nie daardie kapasiteit nie. Dis valse inligting!

Republikein in die Wes Kaap ·

Aggie, daar is vaste langtermyn ooreenkomste in plek. Dit is geteken toe sake by Eskom nog gewerk het. Eskom het dit al by verskeie geleenthede bevestig. ‘n Force majeure sal ‘n erkening van ‘n mensgemaakte mislukking wees.

Blits ·

“Twee ministers staan tussen Eskom en oplossings”. Beteken dit dat niemand ‘n besluit kan uitvoer voordat 2 ministers toestemming gee nie? Ek verstaan nie…

Koos 100 ·

Want hy soek die krag skepe. Waarom, dit weet ons almal.

Republikein in die Wes Kaap ·

12 tot 14 uur sonder krag per dag is vir alle praktiese doeleindes ‘n totale ineenstorting.

Matmiet ·

As ons begin om fase 8 te rasionaliseer, is ons al vêr heen. Enige fase meer as 0 is onaanvaarbaar in ‘n moderne samelewing wat maak of hulle deel is van die wêreld. Maar sekere leiers wou mos die land dekoloniseer. Om van elektrisiteit ontslae te raak is seker ‘n groot stap in daardie rigting.

Martie ·

Sou die regering nie Diesel skenk om beurtkrag te verlig nie? Of was dit net nóg ‘n leë belofte?

Koos 100 ·

Martie, die regering kan NIKS “skenk” sonder om by iemand te vat nie. So die skenking is jou belasting geld wat dit finansier.

kragaap ·

Ons is lankal by fase 8. Word net verdoesel om soos 6 te lyk.

SwartBees ·

So sommige van ons bure buite SA kry 110% krag wat anc aan hulle voorsien terwyl ons gebuk gaan onder die anc se sweep. Al ons beste A-graad produkte word uitgevoer, terwyl ons belasting betalers, soos varke die scraps van die vloer moet af eet.

Elma ·

Dis nie wat Eskom 2 dae terug gese het nie. TOE was fase 8 n skrale moontlikheid, nou is dit n definitief. Nog 2 dae, dan is algehele ineenstorting n definitief en nie n skrale moontlikheid nie. Byt vas, dis amper Vrydag, Sondag breek daar nog n spul kragstasies. Soos elke ander Sondag. In die aand brand daar EEN klein lampiein my huis, met n energy saver gloeilamp, my yskas en my vrieskas is aan. Nou en dan my laptop. My geyser sit ek elke 3de dag vir n uur aan. Ek weet nie hoe om nog minder krag te gebruik nie.

Piet parys ·

So wanneer Cyril se huis alleen krag kry is dit mos nog nie n algehele ineenstorting nie. Waar en hoe word dit dan bepaal . ??? Net n kwessie van hoe mense dit sien . As eskom 1kw opwek het dit mos nie ineengestort nie. As die land enigsens die netwerk moet reguleer om nie te vou nie is dit klaar n ineenstorting veral as dit soos nou weekliks gebeur en jy moet diesel op n permanente basis gebruik om krag te voorsien..

annie ·

Ons skreeu wolf-wolf sedert 1994; bykans 30 jaar. Die probleem is volwasse met ‘n klomp kinders. Wat stel Solidariteit voor as oplossing wat binne die volgende 30 jaar kan realiseer? Vergeet van die droomoplossing: korrelbedatoomkrag. Dit is presies die tipe van droom wat De Klerk se jastem-broers gehad het vir ‘n reënboognasie met ‘n wonderlike uitkoms. Afrikaners sit toekomsloos in straat met ‘n onnoembare naam. G’n purgasie/katarsis met ‘n gepaste gekerm sal wolwe in opgeleide skaaphonde verander nie. Afrikaners se vrese is nou rande in uitbuiters se sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.