Dalk geen beurtkrag vandag

Argieffoto

Ná vyf agtereenvolgende dae van beurtkrag, kan Suid-Afrikaners dalk gelukkig genoeg wees om ʼn beurtkragvrye Vrydag te beleef.

Fase 2-beurtkrag is gisteraand om 21:57 gestaak. Beurtkrag is sedert Sondag nog elke dag die week toegepas.

Eskom sê in ʼn verklaring dat hy goeie vordering kon maak om sy water- en dieselreserwes aan te vul en só sy opwekkingskapasiteit te verbeter. Die kragvoorsiener meen dit is daarom onwaarskynlik dat beurtkrag weer vandag toegepas sal word.

“Ons sê dankie aan Suid-Afrikaners en al ons kliënte wat saam met ons deur hierdie moeilike vyf dae vasgebyt het,” lui die verklaring.

Eskom het egter gewaarsku dat die kragnetwerk steeds onder erge druk en weerloos is. Dit beteken indien ʼn kragstasie nie optimaal funksioneer nie of tegniese probleme intree, beurtkrag op kort kennisgewing toegepas kan word.

Eskom sê hy het ook die nodige gebeurlikheidsplanne gereed om die risiko van nat steenkool te bestuur weens die swaar reën wat die afgelope paar dae oor groot dele van die land geval het. “Eskom sal kliënte op hoogte hou van enige veranderinge wat kan lei tot beurtkrag.”

Die kragvoorsiener het verbruikers gevra om steeds krag so ver as moontlik te bespaar, geisers en nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel en slegs die nodige ligte te gebruik om elektrisiteitsverbruik te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

George ·

Die oplossing vir Eskom se probleme is dat ons net 4 dae in die week werk, 6 uur per dag. Naweke is alle restraurante en pretparke toe, ook alle besighede, buiten supermarkte.

Db ·

Dit is ‘n liegstorie. Die krag was vanoggend in Lyttelton Manor af en het eers 6 uur aangegaan

T.W.A.K.!!! ·

Ag regtig. In Ellisras het ons loadshedding wat 7uur begin het.

En toe? ·

Net in Suid-Afrika. As die krag AAN BLY is dit hoofopskrifte…. Bwaahaaahaaa. Dis sekerlik vir die buiteland die vreemdste verskynsel!

Jim ·

En as ek nie moremiddag die Bulle en Stormers kan kyk nie, gaan ek iemand seer maak!

JC ·

Ons land het nou so ver agteruit gegaan dat dit as ‘n prestasie gesien word dat die krag aan bly…

Antoon ·

Hoekom ruik ek ‘n rot? Dis so asof ESKOM ons/iemand ‘ransom’ hou… Asof hul wil sê: “Gee toe aan ons eise of…”

Jaco ·

Jip, en is hul dan arrogant genoeg om te sê ons moet krag spaar terwyl daar eintlik n oorvloed daarvan is. Hoe kan daar vandag geen beurtkrag wees nie? Sondag toe al die fabrieke toe was, was daar Sommer vlak 3 beurtkrag.. en dit na maande van geen beurtkrag nie?

wilma ·

In Sinoville-omgewing waar ek woonagtig was, was daar gister geen beurtkrag nie. Dit het so goed gegaan dat die straatligte heeldag gebrand het. Kragbesparing op sy beste!

GM ·

Ag, dis sommer niks nie. Die regering kan ons elkeen beloon met ‘n goue handdruk. Dis mos die norm as iemand diens verlaat.

John ·

Nie te vinnig nie… dis net ‘n noodvoorraad en ons weet die regering hou van promises… Net eergister mense aangeraai om kragopwekkers te koop. dis nie asof dit pizzas is nie… Die idee van langtermyn probleme is eg. Kragopwekkers en diesmeer se pryse gaan die hoogte inskiet. En dan gaan die prys van gas ook astronomies styg om die volk te straf omdat hy nei wil ly nie. Die unies regeer die ANC en wil die staat dwing om die rand te verswak soos in Zim en dit alles vir hul eie dom sakke. CR is ‘n pa wat nie nee kan se nie… ja tog maar, koop tog die ding… hier’s my, julle, bankkaart.

Dries ·

Dit raak nou regtig moeilik om ni verward te raak ni! Eerste ‘verskoning’ Maandag was dat hulle 6 eenhede verloor het.
NOU is water- en dieselvlakke aangevul…

Ek ·

Viva BEE. Dis als die gevolg van die ANC se BEE beleid. Kundige blankes is nie geraadpleeg met die ontwerp en konstruksie van Kusile en Madupi kragstasies nie. Ooknie met die huidige probleme wat Eskom tans het nie. Dit lé als voor die deur van BEE. Kan BEE dit regmaak? Haha. Nee.

Eddy ·

Dit skep amper die indruk ons moet bly wees oor daar geen beurtkrag vir vandag beplan is nie.Ons betaal mos darem vir ons elektrisiteit(behalwe Soweto natuurlik??) maar hoe Escom hul geld en personeel aanwend is natuurlik n ander storie

Pastoor ·

Ons krag is nog heeltyd aan. Kan iemand my dalk se hoekom?

Katrien ·

Geen beurtkrag … ons hele area se krag het ook vanoggend 6uur afgegaan … Pretoria … plaas bly hulle net liewer stil as wat hulle die publiek twak probeer voer!

Spann3r van Centurion ·

Ek het ‘n briljante plan. Mnr R… graag versoek ek dat julle my SARS lidmaatskap onmiddelik ophef. Ek kan dan daai swaar en welverdiende rande gebruik om my huis ten volle met sonpanele toe te rus. Problem solved. Dan is 2de voordeel ook dat daar dan minder of geen geld is om die korupsie speletjies mee te speel nie. Daar is in ieder geval GEEN SERVICE delivery nie. Ons balasting betalers gaan seker ook toi toi of HOE? Aangename dag Mnr R en Eskdom trawante.

Santie ·

Dis ‘n klug. Beurtkrag elke keer as hulle tariefverhogings wil afdwing.

R van Z ·

Iemand het Kleinzonderhout se krag tienuur net af en weer aan gesit. Die tipe grap is kinderagtig smaakloos. Seker sy dinges afgelag vir die mense wat gedink het die krag is af. Het wel my broodmasjien se deeg opgekoffie.

Justice ·

Eskom het hierdie week genoeg gedoen om die Regering tot addisionele finansiele hulp af te pers en Suid Afrika met onderskeiding tot algehele Rommel status te laat kwalifiseer na die begrotingsrede van volgende week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.