Dalk nóg ʼn diefstal by SSA

Dianne Kohler-Barnard. Foto: Reint Dykema

Die DA wil ʼn dringende portefeuljevergadering met die minister van staatsveiligheid belê nadat die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se kantoor in Pretoria glo beroof is.

Indien dit waar is, is dit die tweede keer sedert 2015 wat dié instelling beroof is. Tóé is R17 miljoen in buitelandse valuta uit die kluise van die agentskap se kantoor in Lyttelton, Centurion, gesteel. Die meeste van die mense wat destyds betrokke was, het vir die departement gewerk.

“Nou blyk dit dieselfde kantoor is wéér besteel. Dié keer is selfs die CCTV-kameras weggedra,” sê by Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister vir staatsveiligheid.

“Rowers het glo net ingestap, die multimiljoen rand se kluis oopgesluit en is vort met sensitiewe dokumente en ʼn onbekende bedrag kontant,” sê Kohler Barnard.

“Die sekerheidswag was gerieflikheidshalwe afwesig toe dit gebeur het.”

Volgens Kohler Barnard het beamptes eers besef die kantoor is beroof toe werkers die volgende dag vir werk opgedaag het en gesien het die kluis is leeg. “En hierdie is die mense wat in beheer is van die land se veiligheid,” het Kohler Barnard opgemerk.

Kohler Barnard is veral bekommerd oor die sensitiewe aard van die dokumente en die motief vir die diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niné

Dit is baie kommerwekkend! Iemand het groot geld betaal vir groot geheime. Hier kom n ding.

SomeOne

dis darem so maklik, stap in, dra weg en vort is baie goed

Pieter J

Iemand het duidelik groot belang by sommige van die dokumente wat in daardie kluis gestoor was. Ons sal seker nooit weet wat dit was nie.

Niklaas

En die veiligheidswag sorg toe dat hy afwesig is. Ek wonder wat was sy fooi vir deelname hiervan ? Sy wegstap was glad nie toevallig gewees nie.

Oujongvrou

Het hulle dan net 1 veiligheidswag. Prysenwaardig hoe hulle nou spaar.