Dam-uitstappie eindig tragies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 12-jarige seun se liggaam is Dinsdag uit ʼn dam in Geysdorp naby Delareyville in Noordwes gehaal nadat hy van ʼn opblaasbare speelding, wat deur ʼn boot gesleep is, afgeval het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag plaasgevind. “Die slagoffer en vier ander seuns, almal tussen 12 en 13 jaar oud, het op die band gery voor hulle afgeval het. Die bestuurder van die boot kon die ander seuns uit die water haal, maar die 12-jarige het verdrink.”

Polisieduikers het Maandagoggend met die soektog begin en die seun se liggaam is vanoggend gevind.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Mokgwabone bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Geys ·

Dit neem net 30s om n “lifejacket” aantetrek. Dis reg iemand moet betaal vir hulle onverantwoordlikheid.

Pierre ·

Ek stem saam dis onverantwoordelik om sonder n lifejacket op daai goed te klim vra my ek weet… hartseer om so iets te lees.

Chaparel ·

Boot bestuurder is sekerlik veantwoordelik vir die tragedie, hy moes seker gemaak het dat almal n lifejacket aan het alvorens hy uitgaan met sy boot.

J ·

Baberspan is baie mooi en n grootdam as kind het ek baie daarin geswem met buiteband onder my ouers se toesig.

Zaney ·

Het hulle reddingsbaadjies aangehad? Was hy onder water vasgekeer of het sy voet dalk aan ‘n tou verstrengel geraak? Selfs al sluk jy water en hoes en verstik sorg die reddingsbaadjie dat jy na die oppervlak dryf. Miskien het die volwassene hulle té vinnig gesleep?

Johann ·

Kom ons nie so gou oordeel nie ongelukke gebeur en as ons minder krities is kan ons moontlik die mense kans gee om tot verhaal te kom

Christo van heerden ·

Dink die berig is die baie duidelik nie, ek was daar.

Scalla ·

Nou gee dan die ware weergawe Christo, MM hulle gaan maar op inligting ontvang en dikwels verskaf vanaf die sapd.

ken benoni ·

Simpatie aan die ouers en familie van die kind. Mag julle krag en erusting vind in hierdie tyd.
Met enige sport of pret op water moet jy altyd ‘n reddingsbaadjie dra, maar ons ken tog ook kinders, hulle neem ook maar kanse net soos ons groot mense wat soms oor ‘n oranje lig ry of nie behoorlik stil hou by stopteken.
Hoeveel fiets- en moorfietsryers sien ons nie wat sonder valhelems ry nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.