Brian Dames bedank uit Eskom-taakspan

Argieffoto: GCIS

Brian Dames, uitvoerende hoof van African Rainbow Energy and Power, het uit ʼn taakspan bedank wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel is om die volhoubaarheid van Eskom te verseker.

“Mnr. Dames het sy kommer uitgespreek oor ʼn moontlike konflik van belange wat verband hou met die omvang van die werk van die Eskom-volhoubaarheidstaakspan,” het die presidensie Woensdag in ʼn verklaring gesê. “Hy het vervolgens versoek om uit die taakspan te tree.”

Die presidensie het verlede week gesê Ramaphosa het die taakspan van agt persone, insluitend Dames as voormalige uitvoerende hoof van Eskom, aangestel, om die regering van raad te bedien hoe om die finansiële en bedryfskrisis by Eskom te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Dis reg so, as die ANC en en en ook net kan insien wat konflik van belange beteken. Julius, BLF en die hele kabinet, die regerings entiteite, het julle gehoor. Ok dan is daar nog die provinsiale rade en die munisipaliteite, en en en.

Pieter ·

Reg so. Was hy dan nie juis die man wat die vreeslike salarisse asook die verhogings in tariewe ens ens ingestel het nie. Miskien kan Eksdom se probleme na sy termyn teruggevoer word.

IK ·

‘n Wyse besluit. Alles wat opgaan moet weer afkom maar wat afgaan . . .

Rupert Ashford ·

Is African Rainbow dan nie ongemaklik naby aan die Prez se besigheidsbelange nie?

ne ·

Almal moet maar handdoek ingooi met Eskom. Sal nooit kan herstel nie. Net soos alle ander regerings maatskappye het die lang vingers alles gevat wat daar was. En belasting betalers kan nie meer nie. Al oplossing wat ek sien is dat almal in SA vir krag betaal, nie net sekere mense nie.

Heather ·

Ek stem volkome saam dat almal vir krag moet betaal, en wil ook net byvoeg dat hulle gerus salarise en bonusse kan sny van al die “grootkoppe” wat in beheer is! Ons land is in sy maai in, hierdie korrupsie in regering en Eskom onder andere moes al lankal ondersoek gewees het! En terugbetaal gewees het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.