Damvlakke daal al verbruik Kapenaars minder

Theewaterskloofdam. Argieffoto

Die Stad Kaapstad sê die vlakke van die damme wat water aan die Moederstad voorsien, het in die afgelope week met 1,4 persentasiepunte tot 60,5% gedaal.

In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het die Kaap se damvlakke op 26,4% gestaan. Wat die hele Wes-Kaap betref, staan die damvlakke nou op net oor die 47%.

Kapenaars se waterverbruik het die afgelope week met 2 miljoen liter per dag tot 602 miljoen liter per dag afgeneem.

Die weerdiens voorspel intussen koeler weer vir vandeesweek oor die Suidwes-Kaap, wat goeie nuus is vir die damvlakke ná die afgelope week se hitte.

Ingevolge vlak 3-waterbeperkings mag inwoners van die Moederstad hul tuin op Dinsdae, Donderdae en Saterdae voor 09:00 en ná 18:00 hoogstens ʼn uur lank met ʼn emmer of gieter natlei. Die gebruik van tuinslange is steeds verbode.

Swembaddens mag net met munisipale water opgevul word as die swembad met ʼn ondeurdringbare seil bedek word wanneer dit nie in gebruik is nie en reënwater gebruik word om die swembad vol te maak waar moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jacques Coetzee ·

Ek het laasjaar toe die DA gretig was om waterbeperkings te verminder gewaarsku dat dit ‘n slegte idee was.Hier is reeds te veel mense in die wes kaap en in ‘n droe provinsie moet waterbeperkings streng in plek bly al is daar water in die damme.Anders gaan almal maak soos hulle wil met water.Blameer DA weerens vir swak bestuur.

RHG ·

Ek is dalk onkundig, maar kon die leë dam tydens die droogte nie dieper geskraap word nie? Dis maar wyd en vlak. Die mense gaan ook nie minder word nie.

Frank ·

Vra ek ook. Ipv nuwe damme sal 100 bulldozers seker darem redelik die kapasiteit verhoog as hulle so maand of twee werk? Of nie werklik nie?

willem Botha ·

Dit nou vir n provinsie wat by die see geleë is maar die leier van die DA se volle aandag is by Zimbabwe en sy mense .Ons moet VF+ stem sodat hulle n referendum kan hou en wegbreek van die korrupte SA.

Johnnie ·

Wat my hart so seer maak is op plekke is daar nie eers behoorlike water vir mens en dier nie en op ander plekke word derduisende liters drinkbare water in die riviere ingepomp net omdat daar politiek by betrokke is en net om dit nie vir die mense te gee nie.

Nettie ·

Ai Dolla – al gehoor van de-salinasie? Ontsouting van seewater sodat dit vir menslike gebruik aangewend kan word? DIS wat die see met die tekort aan drinkwater te doen het.

dolla ·

Ai, Nettie weet jy hoeveel dit gaan kos om GROOT de-salinasie projekte aan te pak om miljoene mense water te gee? Kaapstad en SA het nie geld daarvoor nie. Daar is reeds twee klein de-salinasie projekte in Kaapstad wat reeds fuksioneer sover ek weet maar daarvan dra jy seker nie kennis nie

dolla ·

‘n Stem vir die VF+ is ‘n stem vir mini-apartheid en Peter Marais, ‘n bewese politieke nar.

Niel le Roux ·

Hoekom verbaas dit julle dat damvlakke daal wanneer dit nie reen nie? Verstaan dit glad nie.

Pop ·

RHG, ek het ook daai ding gedink laasjaar tydens die droogte. Vra ek wat n vrou is, maar kan die damme nie geskrop word van al die opgehoopte slik nie.?‍♀️

dolla ·

Die slik is reeds versadig met die water. As dit verwyder word, moet die bodem weer versadig word so baie water gaan net wegsypel.

Staak saam ·

Maar die Kaap se vlakke daal mos normaalweg in die somer waar damme in die binneland weer in die winter daal, of kry die Kaap nou skielik somer reen om aan te vul?

Eddy ·

Altyd as daar gesê word dis die ergste droogte in die Kaap in 100 jaar,Dan sê ek maar 100 jaar gelede was hier nie so n oorbevolkte Kaapstad met sy nagenoeg 90 000 instromers per jaar nie.Ek dink ook die stadsraad moes nie die waterbeperkings verslap het nie .Kom ons gaan voort en bespaar asof daar net 7 dae se water oor is.

Jepetto ·

Die TWK dam se oppervlakte is geskraap toe dit so min water gehaad het laat 2017 begin 2018 .Daar was vir meer as 3 maande baie groot masjienerie wat van die oggend vroeg tot laatmiddag gewerk het . Die brandstof was a 6 syfer bedrag gewees weet nie presies nie dit was a paar mil joun

Nettie ·

@bollie – ja, en die ANC bly stemmers uit die Oos-Kaap en Limpopo/Mpumalanga invoer na die Wes-Kaap, want Stemdag 2019 is om die draai en hulle MOET (GÁÁN?) die Wes-Kaap ook dié jaar inpalm. Dit gaan darem nét te goed in die W-K: daar is báie geld wat wág om ingepalm te word.

Andre ·

Dit is somer mense en natuurlik gaan die vlakke daal, maar die DA het droog gemaak laas jaar. As die damme weer vol is gaan die prys van water weer daal? Nee

bollie ·

Hoe het hulle droog gemaak? Sover ek weet is die nodige stappe geneem dat ons nie uit water uit hardloop nie. Wat kon hulle meer gedoen het?

Jepetto ·

Die TWK dam se oppervlakte is geskraap toe dit so min water gehaad het laat 2017 begin 2018 .Daar was vir meer as 3 maande baie groot masjienerie wat van die oggend vroeg tot laatmiddag gewerk het . Die brandstof was a 6 syfer bedrag gewees weet nie presies nie dit was a paar miljoen

jaco ·

n wit entrepreneur het n ontsoutingsplan aan die kaapse stadsraad voorgelê. dit sou nie te duur wees nie en in al die waterbehoeftes vervul. Maar die DA-beheerde stadsraad nogal die plan afgeskuet, NET omdat die entrepreneur regstellende aksie en BEE verkeerd in sy sy besigheid toepas.
So mense, selfs swart mense wat slagoffers van apartheid was en wat glo swaarkry onder die rassistiese DA, moet nou eerder vergaan van die dors, solank regstellende aksie en BEE tog net reg toegepas word.
Die ander voorstel vir ontsouting was vanaf Israel – n land wat dit so goed doen dat hulle water na Jordanië UITVOER. Dis ook afgeskiet, omdat Israel glo die Palestyne sleg behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.