Damvlakke daal verder in die Wes-Kaap

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Wes-Kaapse regering het Woensdag gesê die vlak van damme in dié provinsie het verder gedaal.

Anton Bredell, provinsiale minister vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê die vlak van damme staan nou op gemiddeld 22,1%.

“Dit kom ten spyte van goeie reënval in dele van die provinsie voor en oor die Paasnaweek,” het Bredell gesê.

Bredell het verbruikers van Kaapstad gelukgewens dat hulle waterverbruik in dié stad na minder as 700 miljoen liter per dag kon afbring. Bredell het benadruk hoe belangrik dit is om vol te hou met die besparing en water verantwoordelik te gebruik terwyl die provinsie wag op die winterreën.

Volgens hom monitor die sentrum vir rampbestuur in die Wes-Kaap die situasie en is daar reeds ʼn aksieplan indien die situasie sou vererger.

Bredell het inwoners gemaan om versigtig te wees wanneer dit wel begin reën.

“Ek sal voorstel dat mense nou al seker maak hul geute in die geblokkeer nie. Sulke klein goedjies kan help om jou familie te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael ·

Dit is nie ‘n groot probleem nie die stad se prioriteite is nou om vir Mandela ‘n standbeeld op te rig die honderd en 3 en 60 ste een in Suid-Afrika

aksieplan?? ·

Ek sal baie graag wil weet wat is daardie aksieplan waarvan gepraat word. Hoe gaan hulle water voorsien aan die HELE Weskaap as die damme droog is? Dis nie net een dorpie waar jy ‘n paar waterlorries kan heen stuur nie. Wat gaan julle doen as die krane môre oggend droog is? Geen bad/stort, kosmaak, niks. Jy kan nog sonder elektrisiteit probeer klaarkom, maar nie water nie.
Sonder water staan alles stil. Huishoudings, hospitale, fabrieke.
So wat behels daardie aksieplan nou eintlik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.