Damvlakke in Wes-Kaap styg al meer

‘n Argieffoto van die Theewaterskloofdam. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope paar weke bestendig gestyg, het die departement van water en sanitasie Maandag gesê.

“Hoewel die reën laat was, was daar deurlopende invloei in damme op die verre westelike en noordwestelike grense van die provinsie. Die meeste staatsdamme in die Wes-Kaap is tans gemiddeld 64,55% vol, ʼn styging van 12% van verlede jaar,” het die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, gesê.

Die Wes-Kaapse watertoevoerstelsel, wat bestaan uit die ses grootste damme, het ʼn beduidende verbetering getoon. Dit is 80% vol, in vergelyking met verlede jaar dié tyd se 58,44%.

Ratau het gesê die departement is steeds bekommerd oor die stadige herstel van damvlakke in die Breede-Gouritz-waterbestuursgebied.

“Oor die afgelope vier jaar was daar bitter min of geen reën in die Klein‑Karoo, Groot‑Karoo, sentrale Breederivier en Suid-Kaap nie. Beduidende reën het laas in 2011 geval,” het hy gesê.

Volgens die departement het die afgelope agt jaar se laer as gemiddelde reënval nie net bygedra tot die lae damvlakke nie, dit het ook ʼn groot uitwerking gehad op die daling in grondwatervlakke en hervulling in die Groot- en Klein‑Karoo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eunice ·

BAIE DANKIE,VIR ÁL DÍÉ LIEFLIKE REËNS…HEMELSE VADER!

MAAK U SLUISE ASB. OOP,..WAAR REËN NOG DRINGEND BENODIG WORD, WEES ONS,ONS BOERE EN DIE NATUUR GENADIG HEMELKONING

John ·

Waarom word net oor Kaapland se stand van sy grootdors berig. Dit gaan orals in die land erg. Of is dit die enigste provinsie waar die bestuur omgee vir sy inwoners. Gister is berig dat die minister na Bloemfontein opruk om die treurmares oor die reeds 4 miljard se agtergeblewe skuld van die kamma munisipaliteit aan te hoor. Diè eens trotse stad kan dalk maar by Lesotho aanhaak want dit lyk presies so. Miskien kry dit dan ook gratis water vanaf die Katze-dam wat baie sal help vir die dagga-plantjies tussen die rommelhope.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.