Damvlakke in Wes-Kaap ‘uiters kommerwekkend’

Voëlvlei-dam in die Wes-Kaap (Argieffoto: capetown.gov.za)

Voëlvlei-dam in die Wes-Kaap (Argieffoto: capetown.gov.za)

Die Wes-Kaapse regering het Maandag gesê dit is “uiters kommerwekkend” dat die gemiddelde vlak van die provinsie se damme nou tot onder 40% gedaal het.

Anton Bredell, minister vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê ondanks die harde werk wat gedoen word om waterverbruik te beperk, bly die gebruik van water hoog en is damvlakke besig om vinnig te val.

“Die watersituasie in die Wes-Kaap is nog nie op ʼn krisisvlak nie, hoewel sommige gebiede oor die afgelope paar jare as rampgebiede verklaar is,” het Bredell gesê. “Dit is uiters kommerwekkend om te sien dat die gemiddeld van die damvlakke nou op 39,4% staan. Ons is nog ʼn hele ent weg van ons reënseisoen en daarom doen ons weer eens ʼn beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik.”

Bredell het gesê die situasie word voortdurend gemonitor en munisipaliteite sal addisionele maatreëls, soos strenger waterbeperkings en tariefverhogings, instel waar nodig.

Volgens die jongste gegewens van die nasionale departement van water en sanitasie lyk die damvlakke in die Wes-Kaap soos volg:

Kaapstad-stelseldamme: 39,9% (teenoor 42,03% verlede week)
Bergrivier-opvanggebied: 46,81% (teenoor 49,21% verlede week)
Breederivier-opvanggebied: 38,16% (teenoor 40,18% verlede week)
Gouritzrivier-opvanggebied: 25,75% (teenoor 26,28% verlede week)
Olifants/Doornrivier-opvanggebied: 54,2% (teenoor 56,92% verlede week)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jannie ·

Dit is vir my glad nie snaaks nie. Ek weet nie hoe die spesiale aansoeke goedgekeur word nie. Daar is skole wat nie hulle nuwe sportvelde mag nat spuit nie. Maar die woonstel blok waarin ek bly het toestemming gekry om ons tuine nat te spuit tot April, hoe weet ek nie.

marous ·

Die waarskuwings was al jare terug gegee …. bou meer damme om tred te hou , maar nee , die krane is dan vol water…..

vermeende ·

As jy glo SA is nie op die aftrande pad nie dan mis ek iets.
Die gemidelde man se bou nog damme, dis die oplossing maar die geleerdes se stel beperkings in. Geen beperkings gaan die krieses oplos met n oop grens beleid nie.
Daar in Kaapstad is n firma wat mobiele ontsouting aanlegte bou wat die druk kan verlig.

Gatiep ·

Agnee dis strooi, daars nog baie water. Ekt gister my kraan oopgedraai toe kom daar baie water uit…kom ons bou nog baie free hophuise, installeer lekker baie spoeltoilette , sommer orals lekker krane, kom ons los hulle sommer oop snags , en maak nog areas skoon waar ons baie mense kan akkomodeer, want krag en water is n reg, nie n voorreg nie ( so se Zuma) en al hierdie goete sal witmense voorsien want nes hulle geld , sal krag en water altyd volop wees.

Herman ·

Die leë damme is alles te wyte aan die onnadenkende Afrikanerregering van vervloeë dae. Vir wat het hulle sulke groot damme gaan staan en bou?? Kon hulle dan nie dink nie…? Ai.

Lee ·

Ai, die humorsin van mense …. ten minste het ek bietjie gelag vanoggend.

Pietman ·

Die antwoord tot die probleem lê in innovering. Die water aanbod moet verhoog word. Vergeet van besparings , dis korttermyn oplossings en bring ons nêrens nie. Bou damme, sink boorgate, ontsout, sit watertenks op, maak die damme dieper, watervangnette ens .

Outoppie ·

Sê goed sal altyd daar wees met die humor daar by.Dit is goed dat daar nog daarvan in die ronde is.Dit sal dalk help om van ons krississe te oorkom,Maar in hierdie water skaarste situasie is ek nogal bly dat ek op ‘n plaas groot geword het waar jy nie net ‘n kraan kon oopdraai nie.jou eie water om te oorleef moes jyself voorsien.Dit het my geleer dat water ;n kosbare kleinood is waar sonder die mens nie kan oorleef nie.Ons kan binnekort daardie situasie waarin ek groot geword het,weer herleef waar jy self sal moet sorg.So almal moet so daaraan dink dan sal hulle dalk leer om spoedig water te spaar !

snoefie ·

niemand noem eers die lekkende munisipale waterpype nie. of daardie waterpyp wat al vrydag middag gebars het en maar gerus gelos word tot maandag oggend nie. dis mos nie water UIT die opgaardamne nie.

Wilma ·

Hoe sê ‘n landgenoot nou die dag in die huisbak toe ons daaroor praat: As die apartheidsregering nie sulke groot damme met hoë walle / mure gebou het nie, sou ons nie nou gemeen het dat die land se water in ‘n krisis is nie”.

Griet ·

Ek woon in Kaapstad; my geute loop direk in my swembad in (wens dit wil reen); badwater en wasmasjien water gaan reguit tuin toe (wonder of hulle al verskil begin sien by die riool-werke); al 4 kinders bad in dieselfde water (as hulle bad, ons hou maar baie varkie-aande); ek spaar oral waar ek kan. Ek het Desember reënwater opgevang in al wat ‘n bak was – en my man kry toe ‘n tuinwerker ‘net vir die dag’. Toe ek weer kyk, loop daar ‘n stroom water voor my huis verby – daar het die tuinwerker sowaar al my emmers water in die sloot gaan staan en uitgooi – dog die emmers vol water staan in die pad!!! Nie geweet water moet gespaar word nie. Kry in Januarie weer ‘n tuinwerker, toe ek weer sien is die plaveisel nat, en toe ek by die venster uitkyk, staan en spuit hy die gras nat met ‘n tuinslang. Ek storm uit en draai toe en verduidelik. O, nie geweet mens moet water spaar nie. Nou as die mense nie eens weet nie, dan wonder ek wie mors al die water op…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.