Damvlakke nog kommerwekkend laag

Hazelmere-dam in KwaZulu-Natal Foto: myballito.co.za

Hazelmere-dam in KwaZulu-Natal Foto: myballito.co.za

Die gemiddelde damvlakke is nog op ʼn kommerwekkende 51,9%, het die departement van water en sanitasie Donderdag gesê.

Die damvlakke daal weekliks met ongeveer 0,6%. Alhoewel dit in sommige dele gereën het tussen 30 Augustus tot 15 September, is daar geen beduidende afloop nie, het Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement, gesê.

Die seisoenale uitsig van die Suid-Afrikaanse Weerdiens is nog steeds nie bemoedigend nie, met ʼn sterk aanduiding dat die volgende drie maande waarskynlik droog gaan wees, met ʼn vooruitsig vir reën vir die tydperk tussen November en Januarie.

Die Umgeni-damstelsel met sy vyf damme, wat hoofsaaklik eThekwini (Durban) en Msinduze het ʼn toename van 0,2% gehad. Hazelmere-dam staan op 61% met ʼn weeklikse toename van 0,2%. Pompe van uThongathi na Hazelmere is tydelik afgeskakel en waterbeperkings is opgehef vir gebruikers van die Hazelmere-dam, het Ratau bygevoeg.

Ander damme in KwaZulu-Natal bly egter gevaarlik laag met Klipfontein op 12,3%, Hluhluwe op 18,1% en Goedertrouw op 17,4%. Die reën die afgelope week het nie enige noemenswaardige impak gehad op reservoirvlakke nie en die huidige beperkings vir Goedertrouw-dam bly op 15% vir nywerheid, 40% vir huishoudelike gebruik en 80% vir besproeiing, verduidelik Ratau.

Die Vaalrivier-stelsel, wat hoofsaaklik Gauteng, Sasol en Eskom bedien, het met ʼn verdere 0,6% gedaal en staan tans op 51,8%. Die Stad Johannesburg het egter aangedui dat daar ʼn beduidende laer aanvraag is in vergelyking met vorige jare en alle metro’s het hul waterbeperkings gepubliseer. Die impak van die waterbeperkings kan nog nie gesien word nie.

Die departement sal die Vaaldam bestuur tot 25% voor water van Sterkfontein-dam vrygelaat word, wat, volgens ʼn assessering deur die departement, binne die volgende agt weke kan gebeur.

Die taakspan vergader elke Maandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amanda ·

Die Vaal dam staan op 30.8% en voorsien water aan 12 miljoen mense. Die situasie is erger as wat mense besef. Soos ek afgelei het van uit ander plekke waar damme leeg geloop het, kan minder as 10% modder water beteken, wat basies beteken dat daar nie meer water in die krane is nie.

Lance ·

Spaar water deur eerder te stort as om te bad. Draai die kraan op vol warm eerder as om te wag tot water warm raak. Sit n baksteen in die toilet se bak bo ..dit verplaas water en is nogsteeds genoeg om te spoel.

Moegviraldiebeloftes ·

en al die ouens wat sulke lekker boorgatwater gebruik vir hulle tuine – hou ASB op om dit te doen – dis ons drinkwater wat jy so lekker gebruik!!!

Lewies ·

Sien as die damme kleiner was sou dit nou voller gewees het, maar die apartheids regering wou mos alles anders he.
So se nou Akskies vir die Minister wat dit al n jaar of twee vir julle uitgewys het.

Ha Ha

Juan ·

Sy was reg….die damme sou voller gewees het maar nie meer water gehad het nie.

Maria van Dieweeck ·

Sputnik, julle het net nie jul plig nagekom, om agter ons kosbaarste skat te kyk nie, ja dis droog maar julle lui departement het vir twee dekades GEEN voirsiening gemaak nie en klaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.