Volgens die departement van waterwese en sanitasie, staan damvlakke nasionaal op 55%. Verlede jaar hierdie tyd was dit 55,4%. “Dit is duidelik dat die onlangse reënval nie ‘n groot impak gemaak het op die land se damme nie en ons is steeds in ‘n droogte,” het Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, gesê.
Damme in die Oos-Kaap is 57,7% vol, in die Wes-Kaap 37,9%, in KwaZulu-Natal 47%, in die Vrystaat 56,7%, in Gauteng 86,6%, in Limpopo 63,7%, in Mpumalanga 65,9%, in Noordwes 73,2% vol en in die Noord-Kaap 93,7%.
Volgens Ratau het die Vaaldam se vlak gestyg van 63,2% verlede week tot 63,4% vandeesweek. Die Vaaldam was in ‘n stadium verlede jaar slegs 26% vol. Daar is vroeër water van die Sterkfonteindam na die Vaaldam deurgelaat.
Die ses damme wat water aan Kaapstad verskaf, se watervlak was verlede week 40% en het vandeesweek tot 38,5% geval. Die Algoa-stelsel, wat uit vyf damme bestaan en water aan Nelson Mandelabaai verskaf, se damvlakke was 54,8% verlede week en het vandeesweek tot 57,2% gestyg. Die stelsel was egter in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar 93,1% vol.
Die Amatole-stelsel, wat uit ses damme bestaan en water aan die Buffalo City-metro verskaf, se watervlakke was verlede week 72,7%, maar het vandeesweek tot 72,4% gedaal. Die Umgeni-stelsel, wat uit vyf damme bestaan en water verskaf aan eThekweini en Msunduzi, se watervlakke was 48,7% verlede week en is vandeesweek steeds dieselfde.
Die Bloemfontein-stelsel, wat uit vier damme bestaan en water aan die Mangaung-metro verskaf, se watervlakke was 37,9% verlede week en is steeds onveranderd. Die Polokwane-stelsel se watervlakke was verlede week 48,7% en is ook steeds dieselfde.
Ratau het gesê weervoorspellers meen buitengewone reënval kan tot einde Maart verwag word.
Middelbug dam is so 50% en Vygeboom 100% al die plekke in Mpumalanga se dam vlakke is glad nie dieselfde nie. Op baie plekke het dit vreeslik op sommige plekke gereen. En op ander plekke baie minder.
Reenwater moet net opgegaar word …en water moet bespaar word omdat mens nie kan rekem op enige opvolgreen soos in die verlede . En ja die pype wat so lek …blykbaar lek daar 50 % water uit die pype …wonder wie betaal vir dit ?
Hoeveel opgaar damme het ons regering opgerig vandat die droogte begin het?
Dit vat natuurlik jare om n dam te bou en dan is die vraag of dit hoegenaamd sin maak om nog n danm te bou as bestaande damme nie vol word nie. Daar is nie veel riviere oor nie. In die Wes-Kaap word die palmiet skema beplan, maar dit is baie omstrede omdat dit landbouwater vir stedelike gebruik gaan omskakel.
Dis alles die apartheids regering se skuld, hulle het die damme so groot gebou, nou word hulle nie vol nie!
Nes Joe sê, volgens die minister het die apartheisregering te veel GROOT damme gebou, het hulle meer klein damme gebou sou ons nie nou ‘n krisis gehad het nie. Hulle wil eerder ontslae raak van mense met baie kennis, en ondervinding in die gebied eerder as om hulle konstruktief te gebruik. (Fokus, SABC 2, 29/01/2017)