Damvlakke styg in Wes-Kaap

Steenbrasdam (Gordonsbaai) Foto: CapeTown.gov.za

Steenbrasdam (Gordonsbaai) Foto: CapeTown.gov.za

Volgehoue reën in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat damvlakke in die provinsie gestyg het.

“Damvlakke het tot ʼn gemiddeld van 42,2% gestyg,” het Anton Bredell, LUR van die provinsiale departement van plaaslike regering, Dinsdag gesê. “Damvlakke was verlede jaar hierdie tyd gemiddeld 62,5%. Ons is baie bly oor die reën, maar ons het nog ʼn entjie om te gaan voor die damme gerieflike vlakke bereik het.”

Bredell het gesê die sneeu in die provinsie word ook verwelkom, aangesien dit ʼn rol speel in die watervoorsiening sodra dit smelt.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel nog reën vir die Wes-Kaap en Kaapstad sal na verwagting oor die volgende twee weke nog reën kan verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Uitstekende nuus , dan gaan ons hierbo ook goeie reen kry

Penellope Jones ·

Bitter, bitter dankbaar vir die reen, dankie Heer!

Christiaan ·

God is goed.En ek vertrou u ook vir reen op ander plekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.