Damwal in Krugerwildtuin met plofstof gesloop

Die Kanniedood-damwal. Foto: Pathfinda

Sekere roetes in die omgewing van die Kanniedood-dam en Shingwedzi-kamp in die noorde van die Krugerwildtuin is tydelik gesluit vir die sloop van ʼn oorbodige damwal.

Die wildtuin het Vrydag in samewerking met die weermag begin om die oorblywende deel van die Kanniedood-dam op die S50, sowat 9 km suidoos van die Shingwedzi-kamp, te begin sloop. Die sloping van die damwal duur tot 6 Desember.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het gesê plofstof word gebruik om die struktuur te sloop. Veldwagters en brandbestrydingspanne van die weermag sal op bystand wees om enige brande wat moontlik kan ontstaan, te blus.

Volgens Phaahla is diere voor die tyd uit die omgewing gejaag en is daar ook lugondersteuning ingespan om te verseker dat geen mense of diere in die omgewing was voor die plofstof gebruik is nie.

Die Kanniedood-damwal is tydens die vloede in Januarie 2013 beskadig. Dit het tot gevolg gehad dat die rivier ʼn nuwe kanaal verby die oorblyfsels van die damwal gevorm het. “Die damwal het dus na die vloede oorbodig geraak,” het Phaahla gesê.

Die wildtuin het ’n beleid vir kunsmatige watervoorsiening wat die sluiting en verwydering van kunsmatige waterpunte moontlik maak. “Kunsmatige watergate waar water nie voorheen natuurlik voorgekom het nie, het tot talle ekologiese probleme gelei, soos erosie en agteruitgang van die omgewing,” verduidelik Phaahla.

Bewaringsbestuur doen dus stappe om hierdie negatiewe gevolge reg te stel deur sekere kunsmatige watergate te sluit en te sloop.

Die S50-grondpad vanaf die S143-aansluiting in Shingwedzi tot by die S143-aansluiting by Mooiplaas sal tydens die sloping van die Kanniedood-damwal gesluit wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elsa ·

Ons het die mooiste diere daar gesien.. Maar parkeraad sal die beste weet.

Johan ·

Mr Paahla – Fences around the Kruger is also artificial though necessary – we hope you are well informed by closing various waterholes?

Rupert Ashford ·

Nou praat jy. Die Wildtuin is lankal nie meer ‘n natuurlike omgewing nie. Die mense wat hierdie ou adviseer dink nie mooi nie.

Anneli ·

Ek stem saam. Waar wild honderd jaar gelede oor die hele suidelike Afrika kon migreer, is hulle nou omhein. Dit is wreed om die diere sonder water te laat. Blykbaar vernietig die diere grassoorte rondom die waterpunte………. nou moet die diere vrek en die grassies mooi groei om die waterpunt.

Naam ·

Aggenee! Hulle kon net die grondwal herstel het! Dis ‘n groot skade wat nou daar aangejaag word!

Eddie ·

Ek kan nie glo dat dit nie herstel kan word nie ??? Bou en afbreek en swak instandhouding is mos die bedryfsresep van SA ! Herbeplan asb. voordat julle nog geld in die water gooi !!!

Scalla ·

Hoekom nie herstel of opgradeer nie, water is skaars,breek net af.

Willem Grobler ·

Die kolonel het altyd gesê plofstof is wit poeier wat jy in jou onderbroek gooi. Springstof daarenteen…

Stripes ·

As daar nie ‘n dam is nie kan niemand kla dat die dam leeg is nie.

Die regte Grassie. ·

Ek het gister teruggkeer ná ‘n paar dae in die wildtuin. Dit het onlangs ‘n bietjie gereen maar water is beslis skaars. Die Sabierivier by Laer Sabie het bitter min water en daar is baie min wild. Ons het die meeste wild by die sg “kunsmatige watergate” gekry. Daar is niks kunsmatig omtrent daardie water nie. Dit is daar onder die grond beskikbaar en moet aan die diere beskikbaar gestel word. Dit lyk vir my die sg “groensiele” wat nou die widtuin beheer gaan niks voel vir die diere wat tydens droogtes op groot skaal gaan vrek van die dors as hulle al die “kunsmatige” waterbronne verwyder het nie. Tydens die vorige bedeling het die mense wat toe in beheer was die wildtuin baie goed en doeltreffend bestuur maar sedert die meeste van hulle deur die nuwe bewind vervang is, is daar agteruitgang orals te sien. Dit lyk vir my hulle kan net bestaande verbeterings opblaas en tot niet maak en niks nuuts skep nie. Dit is ‘n hartseer storie.

André-Chris ·

Hou noord ou pêl, noord, jy moet noord van Tshokwane gaan oornag, Satara, Olifants, Letaba, Shingwedzi, DIT is nou wildtuin, jy was in die dieretuin gedeelte. Ons woon hier neffens Die Wildtuin en is gedurig daar, is more weer op pad na Letaba vir paar dae. Natuurlik weet jy dat die Sable dam is daar entjie van Phalaborwa af oorspoel, laagwaterbrue, die riviere is vol.

Grassie ·

André-Chris, ek woon self maar 20 km van die wildtuin af. Die noorde het ‘n groot wolkbreuk gehad en dit lyk seker nou goed daar. Onder normale omstandighede is die wild meesal suid van Tshokwane. Geniet jou vakansie. Ek hoop jou voertuig het ‘n goeie lugversorger, ons het warm gekry.

André-Chris ·

Dankie Grassie, ons gaan meestal noord met oornagbesoeke, ons het verlede jaar 27 Desember 1 uur die middag met ‘n ligte middagete in die skaduwee van een van daardie reuse bome langs die Olifantrivier gesit, die grade in die kar het 43 gemeet. So baie ys is ons voorland en ons neem altyd gevriesde botteltjies water saam. Wanneer ons ry is die lugreelaar afgeskakel en die vensters oop om nie ‘n geluid van die natuur te mis nie.

Johann M van Heerden ·

Die hele wildtuin is kunsmatig. Basies net ‘n groot ‘dieretuin’. Stem saam met die menings wat daarop wys. Haal dan drade rondom die plek ook weg sodat die diere vryelik kan migreer. Dit is tog nie moontlik nie. Ek dink die dam het gebreek en dit is weens blote swak bestuur nie betyds herstel nie. Nou is dit daarmee heen en die swak argument van onnatuurlik word opgedis. Dit was ‘n skynbaar ‘n goeie plek om wild te sien omdat daar water was. Wat ‘n gemors.

André-Chris ·

In die noorde breek hulle af, hulle het self in September jaarliks ‘n Barokmusiekweek in Shingwedzi, DIS nou bewaring, maar in die suide, ondekant Tshokwane, word die Park mos gekommersialiseer.

Niklaas ·

Ek weet nie wie is Parkeraad se ekologiese “adviseers” nie. Ek weet wel hul is nie intellektuele reuse nie . Om in droogte tye damwalle op te blaas weens lawwe redes is nie getuigskrif van geleerdheid nie ,sou ek sê. Die Ngotso hoofdam wal is ook gebreek , het ek vandag noord van Satara gesien. Ek het voorheen altyd troppe wild hier gesien. Nou is dit een dorre vlakte. Onbegryplik….

André-Chris ·

Ngotso se damwal het hulle paar jaar gelede al gebreek, ons gaan paar maal ‘n jaar daar verby na die noorde, is more weer op pad daar verby, en elke keer verlang dit maar en kyk ons al van ver af of ons nie weer daar water kan gewaar nie, die hart trek ‘n punt na die mooi videos wat ons al daar geneem het, die massas buffels op pad daarheen, mens hoor hul geluide en dreunig soos hulle doer uit die veld nader kom, nog voor jy hulle sien, wat ‘n ongelooflike gesig. Olifante wat bad en baljaar. En dan twyfel ek of dit werklik vir die nageslag bewaar sal word.

Frans ·

Dit is springstof. Plofstof is wanneer jy te veel babapoeier in die baba se doek gooi en sy/hy los `n wind

Hannah ·

Dis n “geweldige ” groot dam wal,amper so groot soos die Kariba damwalmwal
April 2018 berig Traveller 24, die Kanniedood damwal sal “demolished” word….op datums 8 _-20 april 2018……. dir Kanniedood dam oorleef die aanslag……
Op 14/6/2019 word weer aangekondig die dam gaan “demolished” word…datum 18/6 -28/6/2019,,,,,,,weer oorleef KANNIEDOOD

Nou probeer SANParks weer………
Ek wonder nou maar net…….. is dit nou Park kaping of Damkaping?

Kanniedood ·

Dis nou die 3de keer was SANPark probeer om die Kanniedood dam DOOD te maak.
Los dit nou maar….

Francois Van Den Bergh ·

Dom Dom Dom die wal sal nie onnodig wees nie
Dom
Dom handelinge
DOM!

N Muller ·

Ons besoek die wildtuin 2-3 maal ‘n jaar van 1981. Die weiding gaan herstel slegs omdat diere gaan wegtrek en op ander punte konsentreer. Daai weiding gaan nutteloos wees sonder water. Groot dele van die wildtuin gaan daar geen diere meer wees nie. Wat gaan die toeris sien tussen Letaba en Punda Maria daar is slegs die Shingwedzi rivier. Wat het geword van in standhouding. Van boorgate wat geskenk is. Dit was juis omdat daar temin drink water was vir die diere.

Boervrou ·

Die mense besef duidelik nie wat kos dit om n dam te bou nie. Daai damme gaan nooit weer gebou kan word nie.
Dis net ongelooflik hartseer.

Petro ·

Ek hoop van harte hulle beplan om n nuwe dam te bou die omgewing daar is van nature baie droog, so die dam het tog nog sy voordele gehad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.