Dan Plato is die nuwe burgemeester van Kaapstad

Dan Plato Foto: ANA

Dan Plato sal Donderdag as die nuwe burgemeester van Kaapstad beëdig word.

Dit volg ná Patricia de Lille se amp Woensdag tot ʼn einde gekom en sy amptelik haar bedankingsbrief ingedien het.

“Die verkose burgemeesterskandidaat Dan Plato sal nou daaraan werk om die skade te herstel wat aan die bestuurstelsels van die stad aangerig is, om die hoogste vlak van dienslewering te herstel,” het die Demokratiese Alliansie Woensdag gesê. “Hy sal veral fokus op die stryd teen misdaad, bendebedrywighede en werkloosheid in die stad.”

Plato, uittredende minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het gesê openbare veiligheid sal sy prioriteit bly sodra hy burgemeester is.

Plato is bekend as ʼn kalm oplosser van probleme eerder as ʼn flambojante moeilikheidmaker. Hy was burgemeester van 2009 tot 2011 nadat Helen Zille die ampsketting neergelê en voordat De Lille burgemeester geword het.

Hy was dus destyds ʼn soort instaan-burgemeester wat die plek vir iemand anders warm gehou het. Dit is nie seker of hy nou dieselfde rol gaan vervul nie, maar daar is baie sterk aanduidings dat die DA vir Zille wil terugbring as burgemeester wanneer haar ampstyd as premier uitloop met aanstaande jaar se verkiesing.

Plato, wat baie lof ingeoes het vir sy huidige rol as provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, gaan twee hooftake hê. Die eerste sal wees om kiesersvertroue te herstel dat die DA behoorlik en sonder kapperjolle kan bestuur, en die stad se skoon oudits kan herwin.

Die tweede groot taak vir Plato sal wees om eenheid in die Kaapse DA-koukus terug te bring. Hiervoor is Plato uitnemend geskik, want hy kom nie uit die voormalige DP (die anti-De Lille-groep onder raadslid JP Smith) of die voormalige OD (die pro-De Lille-groep) nie. Plato kom uit die voormalige Nasionale Party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JJ ·

Ek weet nie wie is reg, DA of Patricia? Wat ek wel weet, die DA se kommunikasie en optrede in die sage is uiters verdag. AS sy skukdig is, kla haar aan. Die DA gaan landwyd stemme verloor agv hul arrogante en “do not care” houding. Dit het maaaaandr gesloer. Die DA hou kiesers in die duister oor wat die storie agter die storie is. As een van die DA grootkoppe hier lees, lewer asseblief kommentaar oor hoekom julle (DA) nie hierdie saak daadwerklik en deursigtig aangepak het nie.

jaco ·

Gelukkig volg die DA darem die demografiese samestelling van Kaapstad. Nie soos in Nelson Mandelabaai nie…

Liberalis ·

Ja want ons linkses wil nie enige minderhede erken nie, wittes is nie meerderheid nie en moet nie enige leierskapposte he nie, viva liberale ideale!

Spikkels ·

Ag dankie tog, ek was al so moeg vir die alewige storie van haar en die DA, ek weet nie hoe jy aan bewind van pos bly as iemand jou so behandel nie ,seker geld, maar klou sal hulle klou. Dalk nou hoef ons nie weer herinner te word daarvan elke 2de dag nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.