Dana Snyman se verloofde sterf

Anette Roberts en Dana Snyman. Foto: Facebook

Anette Roberts, die verloofde van bekroonde Afrikaanse skrywer Dana Snyman, is Woensdagmiddag, op Snyman se verjaardag, dood in ʼn vriend se motor in Bloemfontein gevind.

Roberts (51) het haarself vermoedelik vergas. Na wat verneem word, het een van haar goeie vriende haar glo gevind. Die provinsiale polisiewoordvoerder was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Die skrywer Johan Bakkes, ʼn goeie vriend van Snyman, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Ek is hier in Jacobsbaai by Dana, so daar is maar die afstand en ons het nog nie veel detail van wat gebeur het nie. Dana is natuurlik verskriklik geskok. Dis ʼn baie groot hartseer,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het ʼn week gelede saam met Roberts in Namibië gekuier en het haar as ʼn spontane en aangename mens ervaar. “My ervaring met haar was wonderlik. ʼn Mens verwag nie so iets nie.”

Hy het gesê Snyman se betrokkenheid by vandeesweek se Aardklop-program is vanoggend gekanselleer.

Snyman en Roberts het in Junie vanjaar naby Ceres verloof geraak. Snyman het die verlowing in sy bekende en aangrypende skryfstyl op sy Facebook-blad gedeel. “Dis ’n patetiese, wonderlike, skrikwekkende, dankbare ding om in jou middeljare verlief te raak. Jy ervaar emosies waarvan jy vergeet het. Jy raak effe simpel. Jy wil weer begin om dinge soos ‘Dankie dat jy jy is’ in jou liefdesbriefies te skryf,” het hy destyds geskryf.

“Ek is effe skrikkerig om dit op Facebook te plaas, want, ja, wat gaan die mense sê? Albei van ons was voorheen getroud. Ons het geleef, opreg geleef, en foute gemaak. Ek wil nie te veel verduidelik nie. Ek en Anette is lief vir mekaar, en ons is sag met mekaar.”

Roberts het in Bloemfontein gewoon en sou later by Snyman op Jacobsbaai in die Wes-Kaap aangesluit het. Die paartjie sou in Desember getrou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ander Annie ·

Ai Dana, skuus oor hierdie groot eina. Jy was tog so opgewonde oor julle verlowing. Ek het nie regtig woorde nie. Ek hoop jou kreatiewe gedagtes en pen sal ‘n salwing wees vir die eina. Sterkte Dana en innige simpatie aan jou, familie en vriende.

Hennie barnard ·

Ai ou Dana, dis n swaar hartseer, ons wat nognie daardeur is nie, kani sê ons weet hoe jy voel nie, maar ons kan net sê sterkte.

Ouvrou ·

Ek is ‘n middeljarige bewonderaar van Dana en my hart bloei nou vir hom. Die is ‘n pyn wat niemand mee kan help nie. So jammer. Sterkte.

Petro ·

Ai Dana, woorde raak nou weg, wat sê ek om jou stukkende hart net ‘n klein bietjie te troos. Sterkte my vriend is al waaraan ek nou kan dink, en aan jou veertjie wat jy in jou middeljare gevind het, sweef lig.

Sarah ·

Ai Dana, hierdie is die swaarste ding, my hart breek vir julle. Ek gun vir julle vrede.

Soekie ·

Skok, hartseer en is jammer, dit is vreeslik is alles wat op eenslag in my gedagtes opkom. Ek bewonder jou skryftalent jare en het ook geen program van ‘Reis met Dana’ gemis nie. Was so verheug oor jou nuwe liefde. Vir jou geluk gegun. Nou breek my hart in stukke vir jou. Ek is opreg jammer, veral dat dit jou verjaarsdag was. Mag die Here jou heelmaak en vertroos. My innige medelye

apie ·

Stem saam met als. Dis nou baie tragies en ‘n groot jammerte . Sterkte Dana.

Scott Sandbaai ·

Ai Dana dis sooo hartseer. Dis die laaste ding wat ek jou gegun het!! Sterkte vi jou maat!!

amanda strauss ·

dis bja slegte nuus my “held” ek dink aan jou in hierdie moeilike tyd…..?

Antoinette ·

Ai Dana jy is so ‘n aangename mens en dit is werklik skokkende nuus. Baie sterkte vir jou en haat familie en vriende

LC de Vries ·

Hi Dana, so iets is te groot vir ons menslike verstand. Ek kan maar net sê daar is baie wat vanaand aan jou dink. Ek weet dit help niks nie, maar almal van ons sou graag iets vir jou wou doen om die hartseer minder te maak. Almal was so bly om van die romanse en verlowing te lees. En nou … Wat ‘n tragedie. ‘n Mens voel so magteloos.

Hannelie ·

Liewe Dana ek het nie woorde om jou seer sagter te maak. Ek is so jammer oor jou verlies. Mag jy vertroos en omring word met liefde om hierdie seer te verwerk. ?.

cathy ·

ai Dana so jammer en hartseer, my woorde min maar wee ons dink aan jou! sterkte vir jou

Sal ons? ·

Sal ons ooit kan besef wat in die gemoed omgaan van iemand? Waar vir ons ‘n klein probleempie vir iemand anders iets ontsaglik is?
Iets wat vir daardie persoon onomkomelik is?
Sterkte Dana . . .

SwartHondseBaas ·

Jammer Dana. Ek hoop jy kan voor die swart hond bly in hierdie dae….hy is besig om my te vang….

Gennie ·

Moet asb nie toelaat dat hy jou vang nie. Daar is altyd hoop. Ek praat uit ondervinding. Soms n daaglikse baklei…

Dalene de Vente ·

Dagsê SwartHondseBaas

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

jean ·

so erg om op 50 so n verlies te he, is so moeilik om regte maat te kry en nou dit te verloor, ai dis n swaar slag

Mariaan ·

Tragies…maar tog laat dit my wonder hoekom op jou verloofde se verjaarsdag so iets doen…dit maak nie sin nie….ek oordeel nie…dis net vreemd…sterkte aan Dana…en haar familie…hartseer verhaal

jean ·

Sterkte aan haar familie, mag God julle troos en in die moeilike tyd en al die vrae agterna bystaan.

E Ferreira ·

Baie jammer om te hoor van jou groot verlies Dana.Sterkte vir jou in die moeilike tyd.

Desireé du Plessis ·

Dit is verskriklik hartseer, my hart bloei vir Dana. Baie sterkte vir hom en haar familie!

Denis Riey ·

My dear friend I was so saddened to hear about your tragic loss. May He who is able keep you in His everlasting arms. Yours because of Jesus. Much love. Denis.

susan de klerk ·

Jy bring soveel vreugde in ons lewens met jou woorde en gedagtes. Jou liggie moet skyn en nou dit! Ons dink aan jou.

SARIE VAN HEERDEN ·

Soos al die baie ondersteuners en aanhangers wat met Dana simpatiseer voeg ek ook my deeltjie by om te se EK WEET NIE. En dan weet ek uit hierdie hartseer gaan ons nog ‘n Dana bydrae in vorm van ‘n boek kry om te kan koop en te lees. Ek weet ek is selfsugtig maar: Dana, hou net aan om vir ons te skryf . Ons dra jou in ons gedagtes en goeie wense dat jy ook uit hierdie gat van ellende sal kom.

Bartlett Raath ·

Halfpad deur haar middagskof
het die son geweifel en verdof.
‘n Widegans se skor gekla
het met ‘n vreemde vraag bly pla
en somber het die kelkiewyn
se roep vlak in sy bors gekwyn.
Bitter het die witgatspreeu
sy donker klagte uitgeskreeu.
‘n Tortelduif se skemerlied
kon iets vermoed het van verdriet
en daardie dag se bitter smart……
en van die vaal kol in my hart.

Sterkte my vriend

Kopskud ·

“dis donker hier in hierdie plek
al rede wat ek kan verstrek –
jy’t gister weg van hier vertrek”

Koos van der Merwe

Wilmi ·

My hart is gebreek vir hul en vir al die ander families wat ook iemand aan selfdood, depressie, ens. afgestaan het. Dana, moet nie dat Annette verniet gegaan het nie… Asb. Jy is ‘n bekende , jy kan ‘n verskil maak, help dat ons ook uit die kas kan kom. Dat die wereld ons ook kan aanvaar en ondersteun. Dat hul vir ons begrip kan he, want dit is ook ‘n gestremdheid, ‘n siekte. Hoekom word dit nie as sulks gehanteer nie. Kan ons nie ook depressie en angs bewusmaking onder die publiek aanpak nie. Ons verloor mense lewendig as gevolg daarvan. Ons drome verander in nagmerries. Niemand kan ons meer afbreek as onsself nie. Niemand kan ons meer skuldig en waardeloos laat voel as onsself nie. Baie keer voel ek so magteloos, want dit is nie asof ons nie probeer nie. Ek het al soveel klippe omgegooi opsoek na hulp… Mental illness is nie ‘n skande nie, daar hoef nie nog ‘n stigma ook aan te kleef nie. Die pad is steil genoeg. Ons vra nie simpatie nie, ons vra net ons menswaardigheid. Ons is nie lui nie, dit is elke dag ‘n struggle. Jou lewe is nie meer dieselfde nie. Verskoon as ek iets verkeerd gehanteer of gese het. Dit is weer een van daardie dae…

Anlie Thiart ·

So het ek n lawwe liedjie liefde gevind in my later jare – Vader weet HOE DAAI LIEFDE IS!
Ek is baie jammer vir jou Dana en bid dat jy weer sal kan opstaan.

Valerie ·

My hartjie bloei. So ‘n mooi mens, Dana. Julle albei. Wat kan ‘n mense sê? Net my liefde en ondersteuning stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.