Danabaai-brande weer onder beheer, verdagte vasgetrek vir brandstigting

'n Helikopter help om die verwoestende brande by Danabaai te blus. Foto: Lauren Barwick

‘n Helikopter help om die verwoestende brande by Danabaai te blus. Foto: Lauren Barwick

ʼn Man is in hegtenis geneem vir brandstigting te midde van verwoestende veldbrande wat die Danabaai-omgewing in die Wes-Kaap sedert Kersdag teister.

Maroela Media het vroeër berig die jongste veldbrand het inwoners en talle vakansiegangers die afgelope twee dae benoud gelaat, toe die brand Donderdagmiddag tussen Pinacle Point en Danabaai uitgebreek het en tot teenaan die dorp gedraai het. Danksy uitstekende rampsbestuur het die brand tot geen lewensverlies of ernstige skade aan eiendom gelei nie.

Nickey le Roux, nuusredakteur van die plaaslike koerant, Mossel Bay Advertiser en inwoner van Danabaai, wat deurlopend oor die toestand daar berig, het Sondagmiddag aan Maroela Media gesê die brand is nou heeltemal onder beheer.

“Die brandweer handhaaf steeds ʼn sterk verteenwoordigend en monitor groen kolle waar die brand weer kan opvlam, maar tans is hier geen gevaar en geen paaie is toegemaak nie,” het sy gesê.

ʼn Gedeelte van die N2-snelweg moes Saterdag vir verkeer gesluit word nadat die brand die middag weer opgevlam en die rook sigbaarheid belemmer het.

'n Lugfoto van die skade. Foto: Via Facebook

‘n Lugfoto van die skade. Foto: Via Facebook

“Vanoggend [Sondag] is een van Danabaai se hooftoegangsroetes, Malvaweg, ook vir ʼn ruk vir verkeer gesluit, maar dit was veral om die brandweer spasie te gee om hul werk ongehinderd te doen.”

Intussen is ʼn verdagte Saterdagmiddag omstreeks 14:50 in hegtenis geneem in verband met brandstigting. Lede van die plaaslike buurtwag het die man in die omgewing opgemerk wat glad nie deur die brande geraak was nie en by nadere ondersoek gesien daar was glo ʼn poging om ʼn brand daar te stig. Die lede het die man in hegtenis geneem en vuurhoutjies is glo in sy besit gevind.

Ao. Pieter Koekemoer, polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming aan Mossel Bay Advertiser bevestig. Die KwaNonqaba-polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder, het Saterdag aan Maroela Media gesê die feit dat daar geen skade aan geboue of lewensverlies tot dusver was nie, word grootliks toegeskryf aan ʼn gemeenskap wat saam gestaan het met ʼn uitstekende brandweerspan.

Giliomee het gesê brandbestryders is al van voor Kersdag besig om sporadiese brande in die gebied te beveg en werk hard regdeur die dag en nag. Die oorsaak van die brande word ondersoek.

Hou Mossel Bay Advertiser se Faceboek-blad dop vir die jongste inligting oor die veldbrand. Klik hier vir meer foto’s van die jongste brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Simon ·

Dis nie moeilik om te voorspel waar die volgende weghol veld brand gestig gaan word nie.
Kyk na die weerberig op TV2 of soortgelyke kanaal en kyk waar brandgevaar met rooi aangedui word en die area is bekend.

Irene ·

Hoop hy sit lank ondersoek sy families ook miskien weet hul van dit

GES ·

Ek wil glo dat baie van die brande deur mense kwaadwillig en opsetlik gestig is. Brandstigters moet aangekla word van poging tot moord of selfs moord.

CHRISTA ·

Wanneer hierdie brandstigters skuldig bevind word moet hulle nie tronkstraf uitdien nie. Hulle moet vir TEN MINSTE 3 JAAR voltyds saam met die brandweer / brandbestryders werk om brande te help blus!! Hulle moet daarna so siek en sat vir brande wees dat hulle nie eers ‘n braaivleisvuur aan die brand wil steek nie!!! DIS AL WAT SAL HELP OM HULLE VAN BRANDSTIGTING TE GENEES!!!

Jan ·

Elke keer as iets pla, sny dit af. Dit geld nou vir alle kriminele dade.

wilma ·

Die vuilgoed seke wee gese dis sy grond wat gesteel is. Vandag is hier mense wie nog nooit gewerk of wil werk ni en wil grond demand

John ·

Rampspoed van bo tot onder op Maroela. Hoop nie dis hoe 2017 gaan voortduur nie… dan moet ons vlug…

Jan ·

John, nie op jou gemik nie, maar die orakel het al einde verlede jaar gepraat, (hehehe, sommer ‘n paar dae gelede) vol geesdrif het hy beduie wat hy hierdie jaar als beplan en as dit nie vir demokasie was nie, het hy lankal die land se probleme opgelos. Szuuuuuma …… sssssss

Jan ·

John, ons het so pas die beste dag van 2017 beleef, daar is nog ‘n paar uur oor, so geniet dit. O’ja more is nog ‘n vakansiedag, dit is dit, dan slaan die realiteit ons tussen die oê, hierdie en more was die beste dag van 2017.

Gideon ·

Hy sal niks oorkom nie!! Daar gaan geen konkrete bewyse wees nie! Dit is nie onwettig om vuurhoutjies te dra of om op enige plek in SA te beweeg nie!
Hierdie land is deel van Afrika, en hoe gouer ons paar bleek velle dit wil raaksien hoe beter!!

Johann ·

Hy hoef nie vuurhoutjies by hom te hê om aan te jaag nie, dit gebeur sommer vanself.

Carlia ·

HY lyk glad nie soos ‘n Suid-Afrikaner nie. Seker weer spesiaal ingevoer om kwaad/brand te steek.

sarie van heerden ·

Almal lewer nuttelose kommentaar oor die Danabaai brande behalwe Christa ‘n paar uur gelede wat voorstel hul laat die brandstigter vir 3 jaar saam met die brandbestryders werk. Sy stel ‘n positiewe straf voor WAT KAN WERK.

Bibette van Zyl ·

Daai brand was letterlik net ‘n strepie en niemand het iets daaraan gedoen nie. Eers toe die wind opkom en dit te laat was, was almal in rep en roer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.