Danie Brink bedank publiek vir meelewing na tragiese ongeluk

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, waak steeds langs sy vrou se hospitaalbed na die tragiese ongeluk wat twee van sy kinders se lewens geëis het op pad na hul Kersvakansie saam met familie.

Brink se oudste seun, André (13) en jongste dogter, Rachel (8), is op slag dood in die ongeluk. Brink het in ʼn onderhoud aan Maroela bevestig Lise (42) se toestand is steeds kritiek en sy is onder verdowing nadat sy ernstige kopbeserings, breuke aan haar linkerarm en ʼn ontwrigte linkerknie opgedoen het.

Lise het Vrydag ʼn suksesvolle knie-operasie ondergaan en dokters meen sy is stabiel. “Sy reageer op prikkels, wat ʼn positiewe aanduiding is.” Brink het bevestig sy seun, Johann (9), het ook gisteraand ʼn operasie ondergaan en sterk tans aan onder waarneming.

Brink se oudste dogter, Mieke (15) en jongste seun Daniël (2), is reeds uit die hospitaal ontslaan. Hy het bevestig hy sal die nag in die Mediclinic Welkom deurbring om sy vrou se vordering te monitor. Die gesin sal op Welkom bly totdat Lise se toestand genoeg verbeter het.

“Ons het gevoel iets gee mee aan die linkerkant van ons motor. Die motor het skielik rigting verander, die pad verlaat en begin rol. Ek vermoed die linkeragterwiel het losgekom of die band het gebars. Daar was niks wat ons kon doen nie. Gelukkig het almal hul sitplekgordels aangehad, anders kon dit baie leliker gewees het.

“Die motor het paar keer gerol en tot stilstand gekom. Ek kon darem vinnig uitklim en rondom die motor loop. Ek het nog nooit ʼn dooie mens gesien nie, maar ek het onmiddellik geweet Andre en Rachel was oorlede. Daar was gelukkig baie vinnig kundige mense op die toneel om te help. Daarvoor is ons baie dankbaar.”

Brink het teenoor Maroela Media sy dankbaarheid vir die publiek se meelewing uitgespreek. “Ek en my gesin is oorweldig deur die publiek se blyke van meelewing. Ons harte is baie seer en ons het nog nie genoeg tyd gehad om tot verhaal te kom nie. Die gebeure van die afgelope paar dae is ʼn werklikheid waarmee ons as ʼn gesin en familie nog lank gaan spook.

“Ons kan nie genoeg dankie sê vir al die gebede en boodskappe van bemoediging wat aan ons opgedra word nie. Ons kan nie genoeg dankie sê vir die ondersteuning wat ons by ons familie, vriende en kollegas, hospitaalpersoneel en elke mens wat hulle oor ons ontferm het in hierdie moeilike tyd nie, maar ons sê dankie vir wat dit werd is. Baie dankie.”

  • Die Solidariteit Beweging het intussen ‘n Facebook-blad geskep om die publiek op hoogte te hou met nuus oor die Brink-gesin en Lise se vordering, en waar die publiek hul ondersteuning kan uitspreek. Besoek die Facebook-blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Adam en Adelaide Boshoff ·

Ons innigste meegevoel uit Boskaia Orannia. Oom Adam en tannie Adelaide.

Gerda ·

My Innige meegevoel aan julle ….En Serkte ek dra jul op aan die allerhoogste…..

Berdine Nel ·

Amazing mense! Hoop almal herstel volkome en mag God julle troos in hierdie vreeslike hatseer tyd!

Abrie Botha ·

Ons bid dat die hartseer draagbaar sal word en die emosionele herstel volkome sal wees. So ook almal se fisiese beserings. Ons bid dit in Jesus se naam. Amen.

Jenny ·

Ek was 27 jaar terug in ‘n ongeluk wat die agterwiel van die as afgebreek het, ons bakkie het gat oor kop gerol. Dit is erg as jy geen beheer oor die voertuig het nie. Dit is die mees hulpelose gevoel. Sterkte vir die tyd wat voorlê, ek glo dit gaan maar ‘n moeilke tyd wees vir julle as gesin.

Rina ·

My innige meegevoel. Ek was 12jaar oud toe ons in n ongeluk was, my moeder, haar suster en hul ma, my ouma is oorlede in die ongeluk, net ons 3 kinders het geleef. Woorde kan nie die pyn weg vat nie, Weereens my meegevoel is opreg.

daleen engelbrecht ·

Innige meegevoel met hierdie verskriklike verlies.

Elmarie Nel ·

Ek was gister oppad Bloemfontein toe en het ongeveer 11 uur die oggend verby die ongeluks toneel gery. Ek het geweet dat die mense hier betrokke nie moontlik kon oorleef nie… en het net in my hart vir hulle gebid… Dit was vir my baie erg omdat ek die toneel gesien het, en dit was gister heeldag in my gedagtes. Vandag het ek die gesiggies gesien wat betrokke was en dit breek my hart so baie… ek huil trane saam met julle en weet daar is nie woorde om enige iets daarvan te beskryf nie, net God se genade kan enige iemand hierdeur dra…

Marianne ·

Innige meegevoel met die groot verlies en trauma…wees verseker van baie se gebede en weet dat ons Liewe Vader julle styf sal vashou en dra deur hierdie moeilike tyd….baie sterkte op die pad wat voorle en mag die geliefdes gou herstel en ook die trauma van die hele ongeluk en verlies gou genees….????

Cherokee ·

Danie, jy gee te midde van onbegryplike hartseer ‘n kalm vertelling en verduideliking oor wat gebeur het. Jy is sterk. Mag God jou en jou kinders vertroos. Mag Sy Hand op julle wees.

Celia ·

Bid vir troos mag Jesus jul dra my hart is stukkend vir julle pyn.

Anell de Beer ·

Danie, my hart gaan uit na julle – ek is tans in Australie en bid elke oomblik dat HY jul vashou en die ondersteuning bied deur jul netwerk van vriende…dit bly ‘n aaklige gebeurtenis!!

Rina Rossouw van Pretoria. ·

Dr Danie , Geen gesin behoort so verlies te he nie…..Dit is absoluut traumaties…Ons bid dat die Trooster self by u en gesin sal bly- Mag die Here julle genadig wees.

Marina Klocke- Swartz ·

Vanoggend tel ek die koerant op by die kruidenier naby ons huis op om gou na die voorblad te kyk terwyl ek wag om te betaal en lees van die Brink-gesin se tragiese ongeluk…Ek ken julle nie, maar ek is ‘n mamma…ek kyk na die stralende gesiggies en kan nie glo twee van daardie liggies is geblus nie en tjank hardop daar in die winkel…Geen mens sal ooit verstaan hoekom hulle van julle weg geneem moes word. Die pyn sal altyd daar wees en die verlange net groter word. As mens gelowig is, is daar ten minste die wete dat ons ons geliefdes wat van ons weg geneem is, weer sal sien, en ek hoop julle kan eendag jul troos daarin vind. Ek bid dat Lise en jul seun fisies herstel en bid vir julle almal met die onbeskryflike pyn van jul verliese.

Sputnik ·

Baie, baie sterkte aan julle as gesin. Ons dink aan julle in hierdie tyd wat eintlik vol vreugde, liefde, dankbaarheid en blydskap moet wees.

Pastoor ·

Ag Here wees hulle genadig. Ek besef elke dag die lewe op aarde is niks. Van korte duur. Die lewe na die dood gaan asemrowend wees vir die wat glo. Sterkte vir die familielede wat agter bly. Skuil by Hom

Irma van Aarde ·

Dr Danie sonder woorde gelaat, maar met groot deernis bid ons en dink ons aan julle. Baie sterkte pappa, staan sterk, ons ken jou so.

Otto DIEDERICKS ·

Danie, Lize, … ek weet nie wat om te se^ nie. Kan maar net se^ ek dink aan julle. En as daar enigiets is wat ons kan doen laat weet. Vir nou, hoop ek Lize en Johann herstel en word gou gesond.
Uit die Woord is dit duidelik ons treur nie alleen nie. JESAJA 30:26 “Die’ dag wanneer die Here die wonde van sy volk verbind en die seerplekke genees waar Hy hulle geslaan het, sal die maan so helder skyn as die son en die son sewe maal so helder as die lig van sewe dae saam”.

Marie Coetzee ·

Dis so tragies & ‘n mens se lewe verander in ‘n oogwink. My innige simpatie met die afsterwe van julle kinders, die verlange gaan altyd daar wees. Mag God julle vertroos & versterk.

Angela Pieterse ·

My gebede is met julle vir volkome genesing ligaamlik en ook in jul harte. Dis baie om deur te werk maar God sal jul dra help en genesing bring ligaamlik asook in jul harte. My megevoel, simpatie en gebede is met jul

Tania du Toit ·

Dink aan julle! Ons weet Abba Vader sal jul hierdeur dra!❤

ina ·

Mag ons Getroue Hemelse Vader julle vertroos.Ek het ook my pragtige kind aan die dood afgestaan…net God kan vertroos.Ek bid vir julle.

Skapie ·

My innige simpatie. Dit gaan ‘n moeite pad wees. Ek bid vir julle

Andre ·

Ek is pa van ‘n pragtige 4 jarige dogtertjie. Was ook in Julie in ‘n ongeluk, darm nie te ernstig nie. Tot vandag toe hardloop die skok en vrees van op die gesigde van my vrou en kind deur my kop. Ek kan myself nie voorstel hoe u moet voel nie.
Dr. Botha, ek bid dat ons almagtige God vir julle sal seen. Dat Hy by julle sal wees en julle op Sy hande sal dra. Ek kan nie voorstel hoe moeilik dit moet wees nie. Julle hulpende hand organsasie help altyd so baie mense. My gebede en beste wense is met U en familie. Alle sterkte.

Wern ·

Sterkte aan julle en almal wat iemand al verloor het in ongelukke, ek dink aan julle.

Martin en Tineke Brookes ·

Ons innige meelewing danie. Mag God julle hand vashou in hierdie tyd. Ons bid jou vrou volkome herstel toe. Mag julle troos ontvang. 0741740993

lana barnard ·

VADER U IS DIE GROOT VERTROOSTER…HOU HIERDIE GESIN STYF VAS HERE……Ek bid vir julle as gesin vir spoedige herstel !! Innige simpatie met julle dubbele verlies.

Pierre ·

Die skok wat ek ervaar het om van die ongeluk te hoor en van die verlies van jou gesinslede kan nie beskryf word nie. Ek bid vir vertroosting en volkome herstel van Lise en jou seun. Mag ons hemelse Vader in sy almag sy genade oor jou en jou gesin uitstort

yvonne ·

Dit is baie tragies wat gebeur het as ouer kan ek myself indink hoe dit voel mens lewe vir jou kinder baie jammer oor wat gebeur het

Al sien julle ons nie meer nie weet net ons lewe ons is nou by onse HEMELSE VADER waar ons gelukkig is

Helena ·

Ons innige meegevoel met die verlies van jul twee kinders, die leemte sal altyd daar wees. Weet dat die Here jul trooster is. Ons bid vir jou vroutjie dat sy vinnig herstel!

Yoliza ·

God is in beheer en daar is n rede vir alles…maar partykeer verstaan ek ook nie waarom nie. So baie hartseer, bid dat mamma gou sal herstel. En baie sterkte vir die gesin en familie in die hartseer tyd. Groete uit Australia.

Leo ·

Mag ons getroue Vader julle deur sy Gees krag en vertroosting bied.

Vivian ·

Bid vir jou vroutjie Lise dat sy gou sal beter word en herstel. Om iemand so in jou hart te begrawe is die hardste ding wat mens moet doen . Die Here Jesus sal jul dra deur die tyd wat voorle en weet hul is veilig by Hom. Sterkte vir julle.

wes kaap ·

Dis baie baie hartseer!!Here ons vra ASB dat U hierdie gesin sal vertroos en vashou in U hande, deur hierdie moeilike tyd!!!! Baie sterkte.

Petru en Ida Gräbe ·

Ons bid vir volkome herstel en ware troos uit die Vader se hart.

omgee ·

Mag Abba Vader julle vashou en troos soos net Hy kan. Vader ons bid vir U bonatuurlike krag in hierdie tyd en U bonatuurlike volkome herstel in Lise en die seun in hospitaal en die hele gesin ook. Niks is by U onmoontlik nie en dankie vir volkome herstel en krag van Bo. Ons glo dit en eer U hiervoor. Dankie Heer

Jan Jooste ·

Danie, hiermee ook ons meegevoel mt jul verlies. Ons bid dat Hy die smartbeker sal vul met troos en Genade. Voorspoed.

G ·

Regtig Johan? Daar is kinders dood en jy bekommer jou oor die maak van ‘n voertuig.

Ina van KZN ·

Ek kan julle nie uit my gedagtes kry nie.Ek bid dat God se genade en liefde soos sagte reen oor julle val.Ek bid dat julle almal fisies sal herstel,maar ook emosioneel. Wees verseker dat daar ontelbare gebede vir julle opgaan.

Jan Joubert ·

Ons innige simpatie en mag ons Hemelse Vader jul DRA,beskerm en vertroos in hierdie tyd.n Spoedige herstel word toegebid vir die wat beseer is.

Esmerelda ·

Woorde sal geen vraag beantwoord geen seer verduidelik geen leemte vul Mag God self jul trooster wees en self jul trane afdroog. Tyd maak dit beter maar vergeet nooit … my innige simpatie

Danie ·

Dr Danie ek bid vir jou vrou se herstel en ook vir vertroosting God is groot en Hy sal julle dra en die krag en leding gee sterkte .

Mariana Naude ·

Ai Danie, my innige innige simpatie. Ek bid vir jou vrou en seun se volkome herstel. God se Gees wat in julle woon sal julle dra deur vandag en elke dag wat hierop volg. Baie baie sterkte.

Renee Le Roux ·

Innige simpatie en baie, baie sterkte vir die geweldige moeilike pad wat nog voorle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.