Daniel Hugo skuif versameling ná betogings by Maties

dr. Daniel Hugo. Foto: Maroela Media

dr. Daniel Hugo. Foto: Maroela Media

Die digter, vertaler, letterkundige en radioman dr. Daniel Hugo het sy persoonlike versameling literêre dokumente aan Akademia geskenk omdat die Universiteit Stellenbosch, volgens hom, nie meer ʼn veilige bêreplek vir dié literêre skat bied nie.

Hugo het gisteraand tydens ’n spesiale dinee in die Centurion-teater die versameling, wat voorheen by die US gehuisves is, aan Akademia oorhandig.

Volgens hom het hy die besluit geneem om die literêre skat te skuif, toe die administrasiegebou reg voor die gebou waarin die versameling voorheen gehou is, onlangs tydens studente-onluste aan die brand gesteek is.

Die versameling dek Hugo se betrokkenheid in die Afrikaanse literêre wêreld sedert die 1980’s. Dit bestaan onder meer uit private korrespondensie oor dekades met Afrikaanse en Nederlandstalige skrywers, manuskripte van Hugo en ander se werk, resensies, artikels, rubrieke, keurderverslae vir uitgewers, foto’s, skaars boeke, tydskrifte en klankopnames.

By die geleentheid het Hugo ook ’n lesing gelewer oor ds. Jan Lion-Cachet se gedig uit 1896, “Di Afrikaanse Taal”. Van dié gedig sê Hugo: “Dit bied ’n unieke insae in die totstandkoming van Afrikaans as ’n kultuurtaal en is beslis relevant in ons huidige situasie.”

Hugo sê hy betuig met dié skenking sy vertroue in Akademia as Afrikaanse hoëronderriginstelling: “Ek bemaak dit aan Akademia omdat hulle glo in moedertaalonderwys ook op tersiêre vlak. As professionele mense soos onderwysers, prokureurs, predikante, mediese dokters, ingenieurs, akteurs, vertalers, joernaliste en omroepers nie meer in Afrikaans opgelei word nie, verloor die taal sy hoë funksies en kan dit nie meer gereken word as ’n volwaardige kultuurtaal nie. Dan sal dit wat oor ’n tydperk van honderd jaar opgebou is, binne een generasie verdwyn en Afrikaans sal weer die status kry van straattaal en kombuistaal, terwyl dit nou ’n hoogs gesofistikeerde wetenskaps- en literêre taal is.”

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, sê hulle is verheug oor Hugo se skenking: “Akademia wil ’n tuiste vir groot prestasies en groot denke uit die Afrikaanse gemeenskap wees. Dit is vir ons ’n eer om die Daniel Hugo-versameling te huisves.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hendrik ·

Veels geluk Akademia en baie dankie aan Daniel Hugo vir die waardevolle skenking. Ek wil alle Afrikaanssprekendes uitdaag om Akademia te ondersteun. Maak ‘n klein skenking om by te dra tot ‘n beurs, of dra op ‘n ander manier by sodat dit tot ‘n volwaardige universteit kan groei wat ook ons natuurwetenskappe kan aanbied.

Xa ·

Almal wat kuns en geskiedkundige stukke aan museums toevertrou het moet dit ook oorweeg. Moet nie vergeet as n oom of puma of familielid iets iewers laat bewaar het nie, want baie museums is nie meer die prioriteit van die regering nie, en dit kan geplunder word, Indian nie deur betogers nie deur n korrupte amtenaar wat jou erfstuk pandjieswinkel toe sal vat vir geld vir n emmer KFC.

Piet Snot ·

Ek lei af dit gaan nie net oor fisiese veiligheid nie.
Meer belangrik as dit, gaan dit oor vertroue: selfs hy vertrou die US nie meer nie. Ons begin nou elders kyk, en Akademia is ‘n logiese kandidaat vir ons vertroue.

Marius ·

Fantasties! Hulle moet dieselfde doen met al die ex-Afrikaanse universiteite.

Christo ·

Niemand kan Daniel Hugo dit kwalik neem nie, en Maties se verlies is Akademia se wins.

Breyten Breytenbach ·

Daniël: Jy het die regte ding gedoen en hierdie gebaar op hierdie tydstip dra baie gewig. Bravo!

Charl ·

Mooi so Mnr Hugo – ek hoop andere volg jou voorbeeld – wat van jou, Mnr Breytenbach?

Rynhardt ·

Bly DANIEL HUGO het sy dokumente by Stellenbosch verwyder,want dit sou met betogings en moleste vernietig word.Blankes mag geen kultuur, vry wees, suksesvol en onafhanklik wees nie!! Almal wat waardevolle dokumente en boeke oor ons mense het, beskerm dit, want hul wil alles van ons mense uitwis!Wees op en wakker.

Petro Bezuidenhout. ·

Vat so Dr. Hugo!!’n Wyse besluit wat op die regte tydstip gedoen is en wat navolgenswaardig is.My hart swel van trots en dankbaarheid.

Rupert Ashford ·

Welgedaan Dr Hugo. En dankie… Goed om ook Breyten se kommentaar te sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.