‘Dank minister se rassistiese woordvoerder af’

Esethu Hasane. Foto: Via Facebook.

Esethu Hasane. Foto: Via Facebook.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ’n brief gerig aan Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, waarin die onmiddellike ontslag van Esethu Hasane, media-en-kommunikasiebestuurder by die departement van sport en ontspanning, geëis word.

Dit volg ná ’n opmerking wat Hasane Sondag en Maandag onderskeidelik op sy Twitter- en Facebook-rekening geplaas het waarin hy sê: “Only Western Cape still has dry dams. Please God, we have black people there, choose another way of punishing white people.” [Dit is slegs die Wes-Kaap wat nog droë damme het. Asseblief, Here, ons het swart mense daar, kies ’n ander wyse om wit mense te straf.]

Hasane het nagenoeg 18 000 volgelinge op Twitter. Die uitsprake was teen Dinsdag nog op albei sy rekeninge.

Op Facebook het van sy volgelinge teenoor hom uitgevaar en hy het later op Twitter reageer dat die uitlatings slegs ʼn “grappie” was.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in ʼn verklaring gesê dat Hasane se opmerking weer eens bevestig dat anti-wit-rassisme by die departement van sport en ontspanning aan die orde van die dag is.

“Hasane se opmerking kom nie juis as ’n verrassing nie, want dit is reeds duidelik dat Mbalula se druk op sportliggame om streng kwotas in te stel nie ’n opregte poging is om atlete uit elke gemeenskap te ontwikkel nie, maar om die aantal wit sportmanne en -vroue in spanne te verminder. Mbalula poog om sy departement en die regering se mislukking om sport in townships en landelike skole te ontwikkel, weg te steek deur wit mense te teiken,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel eis AfriForum voorts dat Mbalula en sy departement Hasane se opmerking in die openbaar moet veroordeel en hulself sonder verwyl van hom distansieer.

“Net gister [Maandag] het Mbalula, met reg, sy afkeur op sy Twitter-rekening uitgespreek – met skermgrepe – teen ’n eiendomsagent wat ’n meenthuis as ‘SLEGS wit mense, asseblief’ adverteer. Ons kan nie wag om te sien of Hasane se opmerking ook sy onmiddellike aandag sal geniet nie,” het Kriel bygevoeg.

Maroela Media het Hasane om kommentaar genader maar hy kon nie onmiddellik telefonies bereik word nie. ʼn E-pos is ook aan hom gerig en Maroela Media wag vir terugvoer.

AfriForum het ’n webwerf geskep waar lede van die publiek Hasane se afdanking kan eis deur hul name tot ’n brief te voeg wat outomaties na Mbalula se kantoor gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

w ·

Hy sal ni afgedank word nie. Hy eerder n hero nou. Wat hy nie weet nie God laat nie tu dat die spot met hom gedryf word nie. Wys net hy min weet die arme sot van die verskilkende reenvalstreke. Pleks hy sy skoolgeld trugvra en ma weer in gr een begin. Sal hy dit die keer maak tot n ordentlike matriek

Johann ·

Wag maar die blinde sambok wag vir die sulkes wie nie respek toon teenoor die Allerhoogste nie

DJ ·

Ek sou sê die volgelinge wat sy “posts” verder versprei het moet ook aan gekla word vir rassisme.

Jean ·

Ons moet aandring dat hy afgedank word. Ons moet ook voor hofgeboue gaan dans en sing en skreeu en plakkate rondswaai. Hierdie rassisme van swartes op blankes neem toe, dit is amper asof hulle die witmense wil uittart, want hulle weet hulle kom niks oor nie, hulle KADERS beskerm hulle. Stuur dit die wereld in, dat die wereld kan sien WIE IS AAN BEWIND!!.

Ekke ·

Die beste vorm van straf is maar om te wys dat ons beter is as dit en nie tot hul vlak daal nie!

job jobson ·

Ek sal water vanuit NK-Oranjerivier oorplaas na WK. Kan die WK nie eens i JOKE vat nie. My COMRADE het dit nie teen ras gdoen nie- net reaksie uit gelok. Weereens ???????????????

Annelise ·

Mmmmm. n Grappie????? Ongelukkig in die toestand wat ons land is en al die politiek daaraan verbonde word sulke “grappies” nie meet as grappies gesien nie. Daar was twee matie studente wat pret by theme partytjie gehad het, en waar is hulle vandag?? Jammer. Hierdie was in swak lig en ek stem saam dat hy tot verantwoording geroep word!!!!!!!

Anne ·

Laat my nou wonder as dit andersom was of dit ook as ‘n grap afgemaak sou word ?

Mr P ·

Dit is hoekom hulle so krippeer GOD SLAAP NI. Hulle sal hul eie ondergang bewerkstellig.

Johnny ·

Matt 4:7.Jesus se vir hom. Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
Galasiers 6:7.Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie, want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
God se ook in Sy Woord die wraak kom Hom alleen toe.

Valerie ·

Die genie Hasane weerspreek homself in sy stelling. Is hy so bewolk dat hy dit nie raaksien nie?

BOLANDER ·

As dit nie haatspraak in sy hoogste vorm is nie, wil ek nie meer my naam hê nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

AndreK ·

Die Engelse spreekwoord ‘chip on the shoulder’ beteken vir my nou niks meer nie. Geraas in die brein maak meer sin.

Rob ·

Dis nog ‘n rede waarom nuwe SA doodgebore is.
Die gedagte van ‘n enkele nasie sal NOOIT gebeur nie, die verskille in ons denkwyse, geloof en handeling is net te groot – maar dit weet ons al dekades, indien nie eeue al nie.

Annie ·

Net seker mense in die land het die reg om te se wat hulle wil. Die res is net daar om te help belasting betaal … sonder enige reg. Maar God slaap nie …

Valie ·

Beter idee, stel n swartlys (of is dit nou witlys) op met soveel besonderhede as moontlik van hierdie rassiste, kan handig te pas kom wanneer die wiel draai..

AL ·

Skokkende rassistiese uitlating! Ons eis n R150 000 se boete wat hy moet betaal vir minderbevoorregte wit kinders!!!

Nic ·

En sy naam moet op ‘n lys geplaas word wat betref werk in enige staats department of instansie en alle besighede, groot en klein. dat hy kan leer ‘n mens kan jou eie graf grawe!

Theuns ·

Bid vir die man,dat die Here sy geestes oë en ore oopmaak,dat hy kan sien dat hy verkeerd opgetree het teen God en sy medeburgers.

Dolph Nel ·

Daar is so baie haatspraak verwante uitlatings die laate tyd dat ek kan sien hoekom daar focus is op die een, ek dink tog egte dat die enetjie nie my siel skend nie en sien dit as spraak vryheid……

Elize ·

Spraak Vryheid? Noem jy dit Vryheid van spraak? Mense weet hoe sensitief die onderwerp is maar dit lyk asof niemand uit ander mense se foute leer nie. En dan om nog die Here se naam hierby te betrek … dis vieslik. Ek hoop hy kry wat hom toekom, dis wat hy verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.