‘Dank Miyeni af en verkoop SAL’

Argieffoto

Argieffoto

Dit is nie meer verdedigbaar vir die mense van Suid-Afrika om voort te gaan om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en sy voorsitter, Dudu Miyeni, se “deurlopende wanbestuur” te finansier nie.

Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, het gesê ʼn berig in die City Press, wat aan die lig gebring het dat SAL se jaarlikse finansiële verlies van R2,5 miljard tot R4,7 miljard toegeneem het, bevestig die DA se versoek dat Miyeni afgedank en die lugdiens geprivatiseer moet word.

Mazzone het gesê sy sal Nhlanhla Nene, minister van finansies, nader en versoek om met ʼn proses te begin om SAL te verkoop. Dit is vroeër vandeesmaand bevestig dat SAL ʼn verdere verlies van R648 miljoen gely het in die eerste ses maande van die jaar en dat die lugdiens ʼn reddingsboei van R5 miljard versoek het. Dít volg nadat die Tesourie in Desember ʼn waarborg van R6,5 miljard uitgereik het.

“In ’n tyd waarin dienslewering agteruitgaan, die toekoms van die land se studente by hoër onderwys-instellings in die gedrang is, en werksgeleenthede op ’n jaargrondslag verminder, kan die regering nie meer bekostig om SAL in die lug te hou nie.

“SAL het gewoond geraak aan blanko tjeks van die Tesourie om ʼn lugredery te finansier wat geen duidelike tekens van herstel toon nie, en dít ten koste van finansieringsprogramme om ons ekonomie te laat groei, ons nasionale vaardigheidsbasis uit te brei en uiteindelik werk te skep,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek glo dat die probleem lê by dat Miyeni nooit met ‘n vlieër (kite) gespeel het . . .

Johann Marx ·

Verkoop ook die Poskantoor, SABC, Eskom, Telkom, Spoornet en al die Munisipaliteite…..en laat die mense wat daar gewerk het her-aansoek doen vir hulle poste….by die nuwe “winsgedrewe” eienaars.

Swanna ·

Hulle almal se salarise is buitensporig hoog. Vanaf die tegnikus tot die groot baas. Ek het daar gewerk. Hoe kan jy ‘n besigheid aan die gang wil hou as jou uitgawes meer as jou inkomste is en dan het jy ‘n ouboet wat die heeltyd jou van geld voorsien sodat jy aan die lewe kan bly. Die groot moeilikheid het begin toe Colman Andrews daar begin het en van daar af het elke weter sy pond vleis kom neemen die sous trein gery.

neelsie ·

Watter projek het die ANC suksesvol bedryf?
Gee die land vir die kapitaliste , die sosialiste het nog nooit sukses behaal nie.
Bedryf dit soos n besigheid en nie net n melkkoei vir die regering nie.

Swanna ·

Ons probeer weer maroela. Ek se weer hulle almal kry buitensporige salarise vanf die tegnikus tot die groot baas. Ek weet want ek het daar gewerk voordat ons ge-retrench is soos die inglesman se. Hoe kan jy ‘n besigheid aan die gang hou as jou uit gawes meer as jou inkomste is. Die groot moeilikheid het begin toe Colmena Andrews daar begin het en na hom het elke soustrein reier vir hom self ‘n pond vleis kom haal en dit sien ons in al die staats instansies plaasvind soos eskom wat nie skielik ‘n wins toon want sy base gaan nou weer vir hulle self bonuse toe wys want hulle het mos ‘n wins gewys maar deur die jaar is ons almal met tarief verhogings gedreig. Vertel my hoe werk jy dit uit.

alida ·

Om die hele spul te privatiseer en mense aan te stel wat wil werk en ‘n wins wys is die beste oplossing. Laat die spul skelms dan ‘n ander plek gaan soek om te steel.

Eddie ·

Maar weereens n bewys. Alles wat die ANC aanraak is n disaster. Van Eskom tot SAL n groot gemors. Ek is eerlik as ek se ek sal nie van die SAL gebruik maak om iewers te vlieg nie. Vir die simple rede as dit so lyk met hulle geldsake wil ek nie eers weet in waste toestand die Jets is nie. Ek glo daar is is hele klomp wat lankal oor hulle dienste is en of net met ducktape aanmekaar gehou word.

Esther ·

Ek stem. Ek vlieg definitief nie met n maatskapy waar dit so power bestuur word nie. Daar is waarskynlik nie goed opgeleide werkers wat sal werk waar dienste so power bedryf word nie. Ek màg verkeerd dink, maar het van talle pakette vroeer vanjaar verneem wat vir ervare werknemers gegaan het. Is dit om die skuldlas te verminder? Is daar dan genoeg ervare werknemers oor om vliegtuie effektief te versien en om oorsig te doen?

Arno ·

Verwys ook na die berig of SA nou muishond land is. Die verkramptes het dit lank terug voorspel. Nou is almal verkramptes.

Bruno Stef ·

Wat my bekommer is dat daar voorheen n vlug van Quantas gekombineer was met SAL direk na PERTH in Australie nou is dit alleenlik n vlug op SAL na PERTH,Quantas vlieg nie meer daardie roete en ek het al my kaartjies gekoop vir volgende jaar en dit bekommer my of die SAL dan nog gaan bestaan en hoe lugwaardig die vliegtuig gaan wees en wie die vlug personeel gaan wees.

Rietrot ·

Alida stem 100 % Saam met jou. Dit is al wat die land werlik kan red.

Winston ·

Ek wil baie graag weet of die president regstellende aksie toepas met vliëniers op sy vliegtuie? Indien nie, waarom het hy nie n AA pilot en co-pilot nie? Of verskil die lug tuie te veel met taxis?

Gertjie ·

Winston die antwoord is “nee”.
eeeeeen ‘n Wit vliënier vlieg sy vliegtuig.

Bruno Stef ·

Op Carte blanche sondag aand het die woordvoerder van SAL lugdiens vir Derek Watts gese die probleem is die oorbetaalde vlieeniers en dat hulle maar net drywers is soos in met n motorvoertuig of dan ook vergelyk word met n Taxi bestuurder.

Joa ·

Wie wil dan nou met SAL vlieg as hulle taxi bestuurders is. Kyk wat gebeur met die meeste taxis. Nee dankie.

HANS ·

Wyle Mev Thatcher het gese: “The problem with socialism is that eventually you run out of someone else’s money”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.