‘Dankie vir gebede’ – gesin van beseerde vlieënier

Daniël Theron se gesin het mense vir hul ondersteuning en gebede bedank. (Arigieffoto: pixabay)

Die familie van Daniël Theron, die man wat ernstig beseer is in ʼn vliegongeluk wat ook die lewe van ʼn sy jongste seun, Daniël, geëis het, het mense bedank vir hul “gebede en ondersteuning”.

Die noodlottige ongeluk het op 3 Mei naby Laingsburg plaasgevind.

Luidens ʼn boodskap van Daniël se gesin is sy dokters tevrede met sy vordering tot dusver. Hy ontvang ook arbeidsterapie aan onder meer sy hande waar hy brandwonde opgedoen het.

“Almal is baie dankbaar en bly vir positiewe terugvoer. Weereens baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Dit word opreg waardeer,” lui die boodskap.

Maroela Media het vroeër berig pa en seun het in ʼn formasie saam met vier ander vliegtuie gevlieg toe hulle in die moeilikheid beland het.

Die groep het die Sondag voor die ongeluk by die Gariepdam opgestyg waar ʼn girokoptersaamtrek plaasgevind het. Hulle is daarna na Beaufort-Wes waar hulle oorgeslaap het en het Maandag na Laingsburg vertrek.

Daar het hulle brandstof aangevul en verder gevlieg. Die ongeluk het kort daarna plaasgevind.

Die Burgerlugvaartowerheid se voorlopige ondersoek na die ongeluk word na verwagting binne 30 dae ná die ongeluk uitgereik.

Daniël sr. het ernstige brandwonde in die ongeluk opgedoen en die jong Daniël het gesterf toe die Magni Gyro-sportvliegtuig aan die brand geraak het. Daniël jr. se skool, Rijk Tulbagh, het hom bestempel as ʼn “merkwaardige leerder wat liefde en vreugde uitgestraal het. Daniël het glimlagte gelos oral waar hy gegaan het – altyd gepaard met ʼn grappie of twee”, het die skool vroeër op Facebook geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leonard ·

AMEN, die KRAG van gebed!
Kan self getuig: Destyds 7 verdiepings geval met my paraglider. 3 Maande koma, 9 maande in 6 hospitale
Kans op oorlewing volgens neurochirurg minder as 10%.
STILL ALIVE AND KICKING BUTT
Amen

johanf ·

Net jammer hier het ń kind gesterf…… Bly jy het oorleef, en skop gat….. Sterkte….

johanf ·

Sterkte vir die familie, my innige simpatie met die oorlede seun.
Dit moet hard wees vir die pa, ek is bly hy vorder.
Mag die Here sy Hand oor julle hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.