Danny Jordaan-advertensiebord verwyder

Die advertensiebord. Foto: DA/Twitter

Die advertensiebord. Foto: DA/Twitter

ʼn Advertensiebord met die woorde “Danny Jordaan met trots aan jou gebring deur Jacob Zuma” is Donderdag kort nadat dit in Port Elizabeth opgerig is, weer verwyder.

Die advertensiebord is deur die DA laat oprig. Andrew Whitfield, DA-LP, het gesê Jordaan het glo persoonlik geëis dat die advertensiebord onmiddellik verwyder word. “Jordaan het geen redes verskaf vir sy uitvoerende opdrag om die advertensiebord te verwyder nie en het bloot op outokratiese wyse opdrag gegee dat dit verwyder word,” het Whitfield gesê. “Die DA sal met ons regsverteenwoordigers konsulteer met die doel om dringende regsaksie teen Jordaan en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit te neem.”

Volgens Whitfield het die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit die DA se aansoek om ʼn optog te hou in protes teen pres. Jacob Zuma van die hand gewys. “Die redes wat verskaf is oor hoekom die aansoek van die hand gewys is, is misleidend en waarskynlik onwettig. Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit word deur Jordaan gebruik om die ANC en Zuma te beskerm eerder as om die mense teen korrupsie te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christo Visagie ·

Roer hom, sy sokker skandes sal ook nog uitkom,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

m ·

Kan nie verstaan hoekom die DA sulke nonsense wil oprig nie of verstaan ek die artikel verkeerd. Die hele oprigting van die ou bordjie is ongevraagt.????? …..

Cherokee ·

Ek is geen DA-aanhanger nie (en was ook nooit nie) maar ek dink julle is te stadig om te begryp waarom dit gedoen is.

NET EKKE ·

ja nee dit is hoekom ons sit waar ons sit Witmense kan mos nie saamstaan nie ! hulle wat die stem nie (DRAADSITTERS) is die mense wat eerste kla oor diens Of ja stem vir die kleiner partye en se agterna maar ek het mos gestem Jy fool jouself

Karma ·

Net Ekke: hierdie Ekke is trots daarop om ‘n DRAADSITTER te wees. Geen party doen vir my enige iets nie. Beslis nie die ANC (ek is wit), beslis nie die DA nie (hulle enigste doel is om die ANC uit die kussings te lig) en baie beslis ook nie VF+ nie (ek is nie ‘n boer nie). Wat ek het of wil hê, moet ek voor werk. En ja, dienste is swak; net omdat ek nie stem nie, maak dit my nie nié geregtig daarop om te kla oor swak diens nie, of hoe het ek dit? As ek nie stem nie, mag ek dus nie my mond oopmaak om te kla oor swak- of gebrekkige dienslewering nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.