Danny Jordaan bedank

Danny Jordaan Foto: Conti Soccer World

Danny Jordaan Foto: Conti Soccer World

Die leier van die ANC in Nelson Mandelabaai, Danny Jordaan, het bedank. Sy bedanking is Maandag bekend gemaak in ʼn verklaring wat deur die amptelike opposisie uitgereik is.

ʼn Inligtingsessie word Maandagmiddag gehou by die ANC se streekskantoor om meer inligting oor sy bedanking bekend te maak. Die voormalige burgemeester is in Augustus as opposisieleier aangekondig.

Vandat die ANC teen die DA-koalisieregering verloor het, was die voormalige burgemeester maar skaars. Die ANC het vroeër gesê hy is met siekverlof. Hy het nog nie by enige raadvergaderings opgedaag nie en was ook nie teenwoordig by die ANC se raadplegende konferensie verlede maand nie.

Jordaan, die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), is in Junie 2015 na Nelson Mandelabaai gestuur om as burgemeester op te tree, nadat die uitvoerende streekskomitee ontbind is.

Die DA het in die munisipale verkiesing met 47% van die stemme ʼn meerderheid behaal waarna ʼn koalisieregering gevorm is en Athol Trollip as burgemeester oorgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rugga007 ·

En so val hulle een vir een, Danny se soustrein het nou gestop.

Scalla ·

Wat het geword van die oomkoopgeld met die wereld beker sokker, die wiel draai

Jakes ·

Die uitspraak was hy was korrup met 2010 tenders…so korrup dat Sep Blaas hom nie eens wou red?
Bedank? Ek dink waarde heer moes lankal siek wees in ‘n tronk( Selebi, Shaik, Oscar, En en…

Lance ·

Die kombuis raak net te warm lyk my …ag en wie gaan hom nou eintlik mis …watse nalaatingskap los hy …kon niks in PE regkry nie en n skandaal wat die werelbeker betref …maar pateties eintlik ….groot gepraat en niks gedoen …bye !

Anoniem ·

Wonder waarvoor vlug hy….Nog een wat ondersoek moet word in diepte!!!!

Johnny ·

Hulle sal wel ‘n sagte landing vir hom reël. Soos vir McBride en Hlaudi.

Alida ·

Daar is ‘n engelse spreekwoord wat sê “you can run but you can’t hide”. Die DA sal hom gas gee. Hy vlug vir iets. Die DA sal die hele blik wurms oopkrap gee hulle net kans. Hulle het onderneem om een en elke skelm wat ooit gedien het in die munisipaliteite persoonlik aanspreeklik te hou. Mooi so.

humor ·

Daar is beslis n hele klomp vrae en genoegsame redes om sy doen en late te ondersoek. Om te dink die land se belange is in sulke hande oorgelaat.

Liewe heksie ·

Oeps word daai die rede vir die warm plaat wat genoem word DA moet nie te lekker slaap nie die DA gaan nerens nie

Hennie ·

Hy was in daardie posisie ingeprop, hy wou nooit en hy kon nooit . . . !

Johann ·

Nou ma tarra dan….ma los ma jou nommer en so vir daai Sokker bedrog situasie.

Alida ·

Ek wonder of hy dink hy gaan wegkom met alles. Vervolging gaan hom inhaal

Magda ·

Koebaai….verdwyn uit die samelewing van SA — skelm skurk!!!

Maria van Dieweeck ·

Hierdie papskepper is een van die “slimmeres” , weet nie of hy uitgevang sal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.