‘Danny Jordaan moet bedank’

Danny Jordaan Foto: Conti Soccer World

Die Nasionale Vryheidsparty (NVP) het Dinsdag vir Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), aangemoedig om te bedank te midde van ʼn aanklag van verkragting teen hom wat deur Jennifer Ferguson, musikant en voormalige ANC-LP, aanhangig gemaak is.

Ferguson het verlede jaar Oktober beweer dat Jordaan haar 25 jaar gelede in ʼn hotelkamer in Nelson Mandelabaai verkrag het.

Sy het verlede week ʼn klag van verkragting teen Jordaan aanhangig gemaak by die Parkview-polisiestasie in Johannesburg.

Die NVP het gesê Jordaan het tien dae om uit sy pos te bedank.

“Die NVP vra vir die onmiddellike bedanking van Danny Jordaan omdat ons glo dat sokker een van die sporte in die land is wat gebruik word om baie van ons jeug aan te moedig om positiewe bydraers van verandering te wees. Jordaan moet genoeg tyd gegee word om sy onskuld as individu te bewys, nie as die president van Safa nie. Daarom moet hy as ʼn saak van dringendheid bedank, of ons sal die raad adviseer om hom af te dank,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Jordaan, voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai, het die voorval ontken en hou vol hy is onskuldig. Hy het verlede jaar Ferguson se aanbod vir bemiddeling tussen die twee van die hand gewys omdat hy gevoel het die publiek sal dit as ʼn toesmeerdery beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

christa ·

vir wat wag sy jare voor sy dit wil bekend maak. Of soek sy nou aandag of dalk aansien. Was Danny nie daai tyd so bekend nie?

Ekke ·

Rhamaphoza moet nou eers die grond en alles net so los .en net werk maak met die moord verkragting en gemors wat in SA asngaan .verander die wette en stel meer SAP aan om wortel en tak uit teroei .

Rynhardt ·

Christa,jy is verkeerd.Jennifer Ferguson is n slagoffer van verkragting!Geregtigheid moet geskied vir haar!???????

Piet Snot ·

Is hy skuldig? Hoe weet ons?
Ons weet daar is ‘n bewering gemaak, dis al.
Onskuldig tot ‘n hof anders besluit.
Ek glo ook hy moet bedank, maar beslis nie om dié rede nie.

GM ·

Hy is nog nie skuldig bevind nie, maar hy moet bedank? Dus, as jy iemand se pos wil beklee, sê net hy het jou verkrag, dan kan jy gou-gou bevorder word as hy/sy verplig word om te bedank.

Nou eers ·

25 jaar later eers pla die ‘verkragting’ haar skielik?
Het sy vergeet sy was in dieselfde hotelkamer saam met hom toe
dit gebeur het?

Elle ·

Ag ASB. JenFurg, 24 jaar later besluit jy skielik een oggend om Danny weens verkragting te vervolg? Dis absurd. Hidden agenda,klink dit my…

A nee a ·

As sy wel verkrag was hoekom het sy nie haar longe in daai hotelkamer uitgeskree om hulp nie? Help,help!Of so iets?
Hoekom nou eers na 24 jaar? Sy beledig ander verkragting-slagoffers met haar afgewaterde aantygings. Hoop die regsbank sien deur haar.

jaco ·

as sy nou in daardie jare se Demokratiese Party of Nasionale Party was, kan ek nog die verkragting verstaan, maar as haar aantygings teen hom waar is, dan is dit baie vreemd dat die ANC sulke lelike goed met die ANC doen.

SjN ·

Wat het geword van die omkoopgeld Danny vir die sokker bod saam met Fikile wat nou gefire is, jy is volgende

Ronnie ·

Ja, MM, sal julle hierdie storie oor FIFA weer vir ons gaan oopkrap?

Luister ·

Die ongevoelige kommentators moet liewer stilbly oor ‘n onderwerp waarvan hulle duidelik nie veel weet nie.

WEET JY HOE DIT VOEL?????? ·

Vir enige iemand om te vra hoekom sy so lank as 25 jaar geneem het om te praat en dan nog lelike onvanpaste negatiewe dinge kwyt te raak, het ek net die een vraag…..Was jy al verkrag??? Weet jy hoe dit voel??? Weet jy deur watter emosies ‘n mens gaan????….Is jy opgelei om sulke opmerkings te maak??? Die raad wat ek vir jou het is dit:….WEES BAIE BLY JY HET DIT NOOIT BELEEF NIE EN BID EN HOOP DAT JY DIT OOIT MAG BELEEF NIE….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.