Danny Jordaan nuwe burgemeester vir Nelson Mandelabaai

Danny Jordaan Foto: Conti Soccer World

Danny Jordaan Foto: Conti Soccer World

Die ANC het Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), aangestel as die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro.

“Sy aanstelling sal bevestig word sodra die raad vergader,” het Keith Khoza, woordvoerder vir die ANC, Maandag gesê. “Ons wil die uitdagings aanspreek wat die metro beleef en om te verseker dat ons ʼn doeltreffende plaaslike regering het.”

Khoza het bevestig dat die pos te veel geword het vir die 83-jarige voormalige LP Ben Fihla. “Die huidige burgemeester is ʼn ou man en om só groot metro te bestuur, het mens ʼn jonger, meer energieke persoon nodig. Dit is nie regverdig om soveel druk op Oom Ben te plaas nie.”

Jordaan sal ʼn opdraande stryd hê in die plaaslike regeringsverkiesing teen Athol Trollip, leier van die DA in die Oos-Kaap, wat reeds as die opposisie se burgemeesterskandidaat vir die metro aangewys is.

Die ANC het in 2014 tydens die nasionale verkiesing 48.8% van die stemme gewerf en die DA 40.8%. Die DA is vol verwagting om volgende jaar die munisipale verkiesing te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ig ·

Ek wonder of dit sal help om een fossiel met n ander te vervang.

Steph ·

Ag asseblief! Hierdie aanstelling sal sy arrogansie en egotisme rekordvlakke laat bereik sonder dat hy enige wesentlike verskil aan die situasie daar sal maak. Die heer Jordaan speel al jare die hoofrol in sy eie private sepie. Sy aanstelling is ‘n ANC foefie…

nico prinsloo ·

Anc is desperaat kyk wat het gebeur met die sokker hyself het sy sakke volgemaak en nou is daar nog n manier om dit te doen sonder services delivery

J.Z ·

Miskien beter dat die ANC agter gekom hetdat hulle besig was om die metro in die afgrond te lei,maar skep nie die oortuiging dat die aanstelling dit gaan verander nie.

Andre ·

Goeie skuif vir die anc. Of ten minste beter in vergelyking met wat tans daar aangaan. In S.A. gaan dit alles oor hype, nie resultate nie, so hulle mag dalk net aan bewind bly met die volgende verkiessing.

toy hancke ·

Nee kyk Die ANC. Moet leer om mense aan te stel wat geskik is vir n pos.Jy kan nie iemand wat net sokker weet aanstel as n burgermeester wat geen idee het wat die pos eers behels nie.Dis hoekom als agteruit gaan want mense kry poste wat nie eers in hulle professie is nie en hy is al oud ook.Die ANC se aanstellings maak net nie sin nie.

neelsie ·

Glo nie Jordaan sal die wendoel vir Anc kan skop nie!
Hulle gryp na grashalms.
Laat alles eers verval , wil nou probleem oplos met “name”.

Melt Olckers ·

Sy eerste aksie as Burgermeester sal ook seker wees om Sepp Blatter die Sleutel van die Stad te gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.