‘Dapper’ boer trek 8 verdagtes vas

Vuurwapens waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Boer van Noordwes het Maandagaand agt vermeende misdadigers manalleen vasgetrek.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer het op die Wesselsbron-grondpad in die Makwassie-gebied gery toe hy ʼn verdagte voertuig by die Kommandodrift-aansluiting opgemerk het. Hy het die voertuig voorgekeer en die verdagtes aangesê om te wag, terwyl hy die polisie ontbied het.

“Hoe hy die verdagtes sover gekry het om stil te hou en te wag totdat die polisie opgedaag het, weet ek nie. Ek weet net hy was baie dapper om dit te doen en dit is groot genade dat hy manalleen ʼn voertuig vol mense voorgekeer en niks oorgekom het nie,” het Myburgh gesê.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ʼn soektog gedoen en op twee 9 mm-pistole met ammunisie, messe, kabelbinders, balaklawas en handskoene afgekom. Die agt verdagtes is op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem. Hulle sal Woensdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

Oor bespiegeling dat die verdagtes op pad was om ʼn plaasaanval uit te voer, het Myburgh gesê dit kan nie bevestig word nie. “Die goed wat in hulle besit gevind is, dui daarop dat hulle moontlik op pad was om ʼn misdryf te pleeg. Maar presies waarheen hulle op pad was sal eers deur die loop van die ondersoek aan die lig kom.”

Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die boer geloof vir sy samewerking met die polisie wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Ada ·

Maroela waarom sit julle die “dapper” in aanhalingstekens? Was hy dapper of was hy nie – wat probeer julle nou eintlik se met die DAPPER in aanhalingstekens?
Ek dink hy was dapper en daarom hoef daar nie aanhalingstekens te wees nie.Gewoonlik beteken die aanhalings dat dit die teenoorgestelde beteken.
Verduidelik asb?
Dankie
Ada

Pierre Joubert ·

Dit lyk gewoon na ‘n “normale” aanhaling waar hulle Lt.Kol. Myburgh se verklaring aanhaal.

gatvol ·

EK STEM SAAM…HIGH FIVE..DAPPER DAPPER DAPPER!!! BAIEEEEEEEEEEEEE TROTS OP JOU.

Uvonka ·

Met daai wapens het hulle seker koffie en koekies gaan soek.

Louis ·

Baie dankie aan Onse Vader in die Hemel dat hy daardie Boer die nodige Wysheid en krag gegee het om nog ‘n moord te voorkom. Mag die Reg daar plaasvind in die Hof. Dankie My Liewe Boer.

Hannie de Waal ·

Reti…………..Dapper? onthou jy nog?: Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou O Boerevolk!!

dankie aan daardie dapper boer!!!

neels ·

Is seker veiligheids wagte wat van diens af gekom het oppad huis toe niks daarmee verkeerd nie , het dan selfs hulle samewerking aan die boer gegee.

Annalie ·

“Met die polisie se aakoms op die toneel het hulle n soektog gedoen en op twee 9mm pistole met amunisie, messe, kabelbinders, balaklawas en handskoene afgekom.” Dit Neels, klink nie vir my soos veiligheidswagte wat van diens af kom nie. Baie dankie vir die Boer se dapper en vinnige optrede. Nog n onsinnige moord is afgeweer.

@ Neelsie ·

Whaaaaaaaaa ou Neels, tensy jy sarkasties was was dit nie die slimste opmerking vir vandag nie. Ek weet julle wil polities korrek probeer wees, maar jy het dismally gefail op hierdie een .. balaklavas, handskoene kabelbinders? Werk jou sekuriteitsmaatskappy daarmee?

neels ·

Ek il net vir Neelsie reg help as jy mooi lee sal jy wel agterkom dit was sarkasties bedoel, maar dit kan wel as verkoning gebruik word op aanbeveling van hulleclever regsverteenwoordigers en met bietjie hulp tydens die afle van die verklaring. Dink maar so bietjie wyer hoe word die stelsels verkrag om ‘ n comrade te help. In elkgeval al het ek dit nie genoem in my aanmerking nie die boer ly n held!!!!

Elize C ·

Ek weet dit is ‘n ge-ykte uitdrukking, maar : GIVE THAT MAN A BELLS!! :-)

Marius ·

Hoeveel mense gaan nou weer voor die hof saamdrom in protes teen die boer?

Marius ·

Vrek… Ek moet dit sê. Die ou het murg van staal. Hy kort ‘n medalje… Niemand sal rerig weet wie, en hoeveel lewens hy gespaar het nie.

LL ·

Sou hy een mens se lewe gespaar het, het hy FANTASTIES gedoen!!!!!!! Ek bid regtig dat meer geregtigheid sal seëvier. Meer mense wat in verkeerde goed betrokke is na vore sal kom. As jy van iemand weet wat verkeerd handel, kom uit daarmee, maak jou mond oop, dit kan dalk iemand se lewe spaar. Net so baie mense wat dade pleeg, net so baie mense (en veel meer) weet ook daarvan.

Ou Boervrou ·

Mooi so boer en dankie vir jou dapperheid! Jy het voorwaar lewens gespaar!

Eish ·

Dink die boosdoeners se oë is geopen dat hul die leërskare engele saam met die boer gesien het. Hoegenaamd geen ander verklaring dat gewapende boosdoeners stilhou en wag sonder om die vuurwapens te gebruik nie.

Cor ·

Eish ek stem saam met jou en ook “Met my GOD aan my sy” kan ek ‘n hele weermag storm loop sonder om n bang haar op my hoof te he. Die hemelse leerskare was definiteif aan weerskante van hom.

Pieter ·

Beste verklaring vir die skurke se gebrek aan reaksie. Laat ‘n mens dink aan die laterns in die mis by Bloedrivier.

Cherokee ·

Dit wys jou wat die waarde is van diplomasie en bloot goeie maniere. Die boer het seker gesê hulle moet asseblief vir die polisie wag. As iemand so mooi vra is dit nie altyd maklik om nie toe te gee nie. “Asseblief” is die woord. (of miskien “asseblief moet nie dat ek die sneller trek nie.”)

Janine Dinkelmann ·

Ons almal wat van vrede hou is baie trots op die dapper man!

christelle du Preez ·

Gee daardie boer ‘n Bell’s!!!!!! uitstekend as meer mense dalj so kan optree kan ons dalk ‘n verskil maak. dankie aan Wollies SAPS

Gina ·

Voorwaar n dapper held. Ek sou nooit die moed gehad het om dit alleen te doen. Ek sou wag vir versterking of net die voertuig se besonderhede neerskryf. Sou nooit so dapper kon wees

Fourie ·

Hy was nie werkik alleen nie. Daar was ‘n leë stryder engele saam met hom. Dit is die oorwinning wat ons almal in Christus kan ervaar as ons bereid is om onsself en ons alles in Sy hand te plaas.

Verbly ·

Die Here bewerk Wonders. Hy het gehoor en verhoor. Aan Hom die Lof en oneindig Dankie Here. U stuur U Gideons en Dawids om Goliat te verslaan. Dankie mnr. U het ‘n gesin of meer met u dapper optrede van onbeskryflike dade gered. Die Here het hulle in u hand gegee.

Von ·

Amen. Die woorde is sowaar dit het weer tyd geword dat ons soos die boer, die Here absoluut moet vertrou. Ek jubel en juig

SJ Schoeman ·

Dankie vir dapper boer se oplettendheid.Ek glo darem hy was heeltyd in verbinding met sy gebied se veiligheidsgroep.Nogtans knap gedaan !,,,,,

Toy ·

Die boer moet n medalje kry. Ek haal my hoed af vir jou. Daar was engele wat hom beskerm het.

Neewat ·

Die 8 sal NIKS oorkom nie, een of twee sal DALK aangehou word vir besit van onwettige wapens/ammunisie, maar aangesien die bloedjies NIKS verkeerds verder gedoen het nie, gaan hulle nie eers aangekla word nie, en die boer moet sy rug dophou daarna .. Dalk het hulle dit vir selverdediging aangehou teen die wrede boere terwyl hulle van plaas tot plaas ry om werk te soek (dis sarkasme).

nannie ·

Jesus het Sy Engele gestuur om die boer op te pas en te beskerm.
Dankie Jesus.

theuns ·

Haal jy die woorde uit my mond uit ,Eish!!Die Here het by die dapper man gestaan,hoe anders?

Coenraad Scheepers ·

Hy was gelukkig om Polisie te kry om uit te kom.

susan ·

Hulle val nie ‘n plaas aan wanneer hulle verby ry. Goed beplan die man wat hulle gestop het was nie die geteikende boer nie.

Alta van Zyl ·

Wag in spanning om te sien waarvoor hulle hierdie dapper boer gaan aankla! Onwettige versperring van ‘n pad?

Roelien ·

Baie goeie werk Boer! Dankbaar dat hy onskadelik daarvan afgekom het. Hy het moontlik n paar mense se lewens gespaar deur hulle vas te trek

Alida ·

Iets maak nie vir my sin nie. Hoekom sal 8 “misdadigers” wag vir die SAPD om hulle in hegtenis te neem. Hulle het genoeg tyd gehad om weg te jaag.

Sarie ·

Ek stem saam met jou. Dit met n voertuig vol wapens en sommer net so vir n wit man stop. Iets klink nie reg nie of die hele storie is nie berig nie.

JDM ·

Aan al die ouens wat so kla, gaan lees julle nuus elders – party van ons hou van Maroela; BOERSEUN JY IS ‘n HELD TER HELDE!!!! Wys mens hoe lafhartig hierdie klomp skurke eintlik is wanneer hulle nie onskuldige boere onverhoeds betrap nie, maar wanneer die bordjies verhang word.

susan ·

Altyd mense wat nie luister nie en sê net wat in hulle kop kom. Ek woon op ‘n plaas verstommend om agterna te hoor hiekom sekere mense vermoor of aangeval word
neem aan min woon op ‘n plaas wat hulle monde so vol het.

Annetjie ·

Ons is trots op jou Boer. Die Heer se genade en liefde het jou was by jou. Ons dank Hom dat Hy jou beskerm het.

Stem saam ·

Maroela laat weet ons asb. wat die uitslae van die vinger afdrukke was.

Gert ·

Alle eer aan die Skepper wat die boer deur sy Heilige Gees gelei en beskerm het – voorwaar n wonderwerk. Ons dien n LEWENDE GOD wat beskerm en voorsien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.